{"id":33584,"date":"2015-08-20T07:05:22","date_gmt":"2015-08-20T05:05:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33584"},"modified":"2015-08-20T07:05:22","modified_gmt":"2015-08-20T05:05:22","slug":"vrae-na-skokdood-in-privaathospitaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33584","title":{"rendered":"Vrae na skokdood in privaathospitaal"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Centurion-gesin het geweet dat hul pa se lewenslyn nie lank is nie, maar dat hy aan septiese skok dood is \u2013 en dit in \u2019n privaathospitaal \u2013 is vir hulle \u2019n bietjie dik vir \u2019n daalder.<\/p>\n<p>Daarom het Dalene Johannsen van Zwartkop, Centurion di\u00e9 week besluit om \u2019n klag van nalatigheid teen die Unitas-hospitaal in Centurion te l\u00ea.<\/p>\n<p>Haar dogter, Carla van der Vyver, het ook op die klagteswebwerf hellopeter.com \u2019n klagte teen die suster, wat tydens hul pa se afsterwe in die waakeenheid aan diens was, aangemeld.<\/p>\n<p>\u201cWant die suster, wie se naam op regsadvies weerhou word, ly glo, volgens haar eie erkenning, aan kroniese laringitis,\u201d het Carla ges\u00ea.<\/p>\n<p>Unitas-hospitaal se algemene bestuurder, Robert Jordaan, het die aantygings ten sterkste ontken. \u201cOns kan in hierdie stadium ongelukkig weens pasi\u00ebntvertroulikheid nie kommentaar lewer oor Johannsen se mediese toestand en verblyf in die hospitaal nie.<\/p>\n<p>Vir Piet Johannsen (68) was dit die laaste vakansie wat hy ooit sou h\u00ea \u2013 daardie Kgalagadi-vakansie in die Noord-Kaap, Febru\u00ada\u00adrie vanjaar, saam met sy vrou van die afgelope 46 jaar.<\/p>\n<p>Piet was nie \u2019n simbool van blakende gesondheid nie.<\/p>\n<p>Hy het \u2019n pasaange\u00ebr gehad, maar soos Dalene s\u00ea: \u201cHy het gesond ge\u00ebet en was lus vir die lewe. Hy het ook stelselmatig begin gewig verloor.\u201d<\/p>\n<p>Toe, net na \u2019n middagete en \u2019n bespre\u00adking oor wat hy en Dalene vir die res van hul vakansie gaan doen, trap hy skeef en breek sy nek.<\/p>\n<p>Hy is eers vier dae later met in \u2019n noodhelikopter na die Unitas-hospitaal gebring.<\/p>\n<p>\u201cOns het geweet my pa se gesondheid was nie goed toe hy opgeneem is nie en het aanvaar daar kan moontlike komplikasies wees as hulle moes opereer,\u201d het Carla ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cMy pa is op 5 Maart geopereer. Dit was \u2019n lang operasie sonder enige komplikasies en hy het self wakker geword.\u201d Na die operasie is Piet in die waakeenheid opgeneem.<\/p>\n<p>\u201cDit het goed gegaan vir die eerste paar dae. Maar toe begin alles verkeerd loop.<\/p>\n<p>\u201cMy pa is die eerste keer aan \u2019n ventilator gekoppel nadat sy liggaam nie van kool\u00adstof\u00addioksied oormate kon ontslae raak nie.<\/p>\n<p>\u201cHy was in \u2019n koma. Dit was 9 Maart \u2013 \u2019n Maandagaand,\u201d het Carla ges\u00ea.<\/p>\n<p>Op 23 Maart was Piet steeds in \u2019n koma. Dalene het hom 11:00 besoek.<\/p>\n<p>\u201cSy o\u00eb was die hele dag oop sonder dat hy dit een keer geknip het.<\/p>\n<p>\u201cOns het besef dat hy besig is om dood te gaan, maar ons het nie geweet hoekom nie. Teen twaalfuur het die dokters eers besluit om met \u2019n dialise te begin. Die internis het ons meegedeel dat die infeksie in sy longe nie wil opklaar nie en weer is ges\u00ea dat dit \u2019n broeiplek vir kieme is. Teen drieuur daardie middag het hy in septiese skok ingegegaan,\u201d het Dalene ges\u00ea.<\/p>\n<p>Teen elfuur daardie aand het Piet se hart ophou klop. Oorsaak van dood \u2013 natuurlike oorsake.<\/p>\n<p>\u201cEk besef ons klink bitter en voel verneuk deur sy dood, maar in die geval voel ons verneuk deur die hospitaal.<\/p>\n<p>\u201cMy pa met sy aanvanklike ho\u00eb risiko\u2019s moes dalk eerder in isolasie gel\u00ea het? Moet \u2019n suster toegelaat word om in \u2019n waak\u00adeenheid te werk as sy aan kroniese laringitis ly?\u201d het Carla gevra.<\/p>\n<p>\u201cGedurende Johannsen se verblyf in die hospitaal het Unitas alle klagtes van die familie deur \u2019n senior verpleegbestuurder aangespreek,\u201d het Jordaan ges\u00ea.<\/p>\n<p>Bron: Centurion Rekord<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Centurion-gesin het geweet dat hul pa se lewenslyn nie lank is nie, maar dat hy aan septiese skok dood is \u2013 en dit in \u2019n privaathospitaal \u2013 is vir hulle \u2019n bietjie dik vir \u2019n daalder. Daarom het Dalene Johannsen van Zwartkop, Centurion di\u00e9 week besluit om \u2019n klag van nalatigheid teen die Unitas-hospitaal &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33584\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrae na skokdood in privaathospitaal&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11510,14276,19267,9339,21075,21074,21073],"class_list":["post-33584","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-centurion","tag-mediese-nalatigheid","tag-mediese-sorg","tag-nalatigheid","tag-privaatsorg","tag-septiese-skok","tag-unitas-hospitaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33584","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33584"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33584\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33584"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33584"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33584"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}