{"id":33574,"date":"2015-08-19T09:10:46","date_gmt":"2015-08-19T07:10:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33574"},"modified":"2015-08-19T09:10:46","modified_gmt":"2015-08-19T07:10:46","slug":"wrakstukke-van-indoniese-vliegtuig-opgemerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33574","title":{"rendered":"Wrakstukke van Indoniese vliegtuig opgemerk"},"content":{"rendered":"<p>Wrakstukke is Maandag vanuit \u2019n Indonesiese soek- en reddingsvliegtuig in die Papoea-provinsie opgemerk wat vermoedelik di\u00e9 is van \u2019n vliegtuig met 54 mense aan boord wat vroe\u00ebr neergestort het, het Reuters berig.<\/p>\n<p>Trigana Air Service se ATR 42-300-vliegtuig het Sondag vermis geraak. Dit is die jongste in \u2019n reeks lugrampe in Suidoos-Asi\u00eb.<\/p>\n<p>Yunus Wally, die plaaslike polisiehoof, het aan die Antara-nuusagent\u00adskap ges\u00ea die wrakstukke, vermoedelik van die Trigana Air Service-vliegtuig, is by die Tankokberg in die dig beboste Bintangbergreeks gesien.<\/p>\n<p>\u201cDit is waar bemanning van \u2019n soekvliegtuig die wrakstukke by die Oksop-waterval raakgesien het.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Soek- en redding\u00adspan wat bestaan uit onder meer 266 Indonesiese soldate het gister gereed gemaak om na die gebied te gaan. Die soektog sluit ook 20 klien vliegtuie en helikopters in.<\/p>\n<p>Dit sal egter moeilik wees om die lyke te vind, weens die uiterste terreintoestande by die ongelukstoneel wat in &#8216;n baie ho\u00eb en steil gebied gele\u00eb is. Boonop is die weerstoestande onvoorspelbaar met mis wat skielik in die koue, bergagtige dele kan voorkom.<\/p>\n<p>Altesaam 44 volwasse passasiers, 5 kinders en babas en 5 bemanningslede was op die kortafstandvlug van die Sentani-lughawe in Jayapura, hoofstad van Papoea, na Oksibil.<\/p>\n<p>Weens kommer oor veiligheidstandaarde is die lugdiens sedert 2007 op die Europese Unie (EU) se lys van verbode lugdienste. Dit was by 14 ernstige voorvalle betrokke sedert dit in 1991 sake begin doen het. Voor Sondag se lugramp is 10 van die lugdiens se vliegtuie afgeskryf.<\/p>\n<p>Indonesi\u00eb het \u2019n swak lugvaartveiligheidsrekord en het reeds twee groot lugrampe vanjaar beleef. Dit sluit in \u2019n vlug van AirAsia wat in die Java-see neergestort het. Al 162 mense aan boord het gesterf.<\/p>\n<p>Die Indonesiese president het in Julie \u2019n hersiening van die land se lugmagvliegtuie belowe nadat meer as 100 mense dood is toe \u2019n milit\u00eare vrag\u00advliegtuig neergestort het. <\/p>\n<p>Indonesi\u00eb het pas sy 70ste onafhanklikheidvieringe gevier.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wrakstukke is Maandag vanuit \u2019n Indonesiese soek- en reddingsvliegtuig in die Papoea-provinsie opgemerk wat vermoedelik di\u00e9 is van \u2019n vliegtuig met 54 mense aan boord wat vroe\u00ebr neergestort het, het Reuters berig. Trigana Air Service se ATR 42-300-vliegtuig het Sondag vermis geraak. Dit is die jongste in \u2019n reeks lugrampe in Suidoos-Asi\u00eb. Yunus Wally, die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33574\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wrakstukke van Indoniese vliegtuig opgemerk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7906,21066,21065,17817,20962],"class_list":["post-33574","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-indonesie","tag-lugvaartveiligheidsrekord","tag-suidoos-asie","tag-vliegtuigongeluk","tag-wrakstukke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33574","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33574"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33574\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33574"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33574"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33574"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}