{"id":33572,"date":"2015-08-19T09:06:14","date_gmt":"2015-08-19T07:06:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33572"},"modified":"2015-08-19T09:06:28","modified_gmt":"2015-08-19T07:06:28","slug":"namibiese-president-le-klem-op-saog-se-kragvoorsiening","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33572","title":{"rendered":"Namibiese president l\u00ea klem op SAOG se kragvoorsiening"},"content":{"rendered":"<p>President Hage Geingob het by sy intreetoespraak by die SAOG-spitsberaad in Gaborone ges\u00ea die armes kan nie natuurlike hulpbronne, demokrasie of grondwette eet nie. <\/p>\n<p>&#8220;Ons mense kan nie natuurlike hulpbronne eet nie. Ons mense kan nie demokrasie eet nie. Ons mense kan nie goeie grondwette eet nie. Demokrasie is egter die voorwaarde om in ons mense se basiese behoeftes te voorsien,\u201d het Geingob ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het klem gel\u00ea op waardetoevoeging wat die ekonomiese onderbou van rustofverwerking behoort te vorm, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>\u201cDie uitvoer van rustowwe beteken eenvoudig dat ons werkgeleenthede uitvoer. Dit ontneem ons die geleentheid om te industrialiseer en ons mens-like kapitaal te ontwikkel. Ons moet \u2019n einde maak aan die tendens wat meebring dat ons handel dryf met goedere wat ons nie verbruik nie, en goedere verbruik wat ons nie produseer nie,\u201d het Geingob ges\u00ea.<\/p>\n<p>Ten einde te industrialiseer, is betroubare elektrisiteitsvoorsiening noodsaaklik. Streeksamewerking is die sleutel om te verseker dat SAOG sy elektrisiteitstekort oplos. Nog \u2019n aspek wat streeksamewerking vereis, is die ernstige droogte wat die SAOG-streek teister, het Geingob ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het ook daarop gewys dat die streek sy afhanklikheid van buitelandse ontwikkelingshulp moet verminder ten einde ekonomiese soewereiniteit te verseker.<\/p>\n<p>\u201cOngeag hoe karig ons finansi\u00eble bronne mag wees, is ek van mening dat indien ons saamstaan in die gees van \u2018harambee\u2019, (Swahili vir trek saam), ons die oogmerke vir \u2019n ge\u00efndustrialiseerde, vooruitstrewende streek sal verseker,\u201d het Geingob ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Hage Geingob het by sy intreetoespraak by die SAOG-spitsberaad in Gaborone ges\u00ea die armes kan nie natuurlike hulpbronne, demokrasie of grondwette eet nie. &#8220;Ons mense kan nie natuurlike hulpbronne eet nie. Ons mense kan nie demokrasie eet nie. Ons mense kan nie goeie grondwette eet nie. Demokrasie is egter die voorwaarde om in ons &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33572\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Namibiese president l\u00ea klem op SAOG se kragvoorsiening&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[5342,20265,6831,21064,6627],"class_list":["post-33572","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-elektrisiteit","tag-industrialisering","tag-namibie","tag-rustowwe","tag-saog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33572"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33572\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}