{"id":33497,"date":"2015-08-14T09:43:02","date_gmt":"2015-08-14T07:43:02","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33497"},"modified":"2015-08-14T09:43:02","modified_gmt":"2015-08-14T07:43:02","slug":"al-nege-onderwysdepartemente-kry-druipverslae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33497","title":{"rendered":"Al nege onderwysdepartemente kry druipverslae"},"content":{"rendered":"<p>Al nege provinsiale onderwysdepartemente het druip-rapporte gekry vir die bou van nuwe klaskamers en die instandhouding van skole.<\/p>\n<p>Dit is volgens \u2018n prestasie-verslag deur die ouditeur-generaal.<\/p>\n<p>Die verslag het tekortkominge met infrastruktuurprojekte in al nege provinsies uitgewys.<\/p>\n<p>Van die bevindinge gaan oor die verontagsaming van tenderprosedures, die feit dat projekte nie gemonitor word nie en die aanstelling van kontrakteurs wat nie aan vereistes voldoen nie. Swak bouwerk en skole sonder elektrisiteit en water is tydens die inspeksie van die 52 skole landwyd gevind.<\/p>\n<p>Projekte is ook deur kontrakteurs vertraag en een so \u2018n projek is in die Vrystaat gevind waar die bou van \u2018n skool al vir \u2018n jaar agter skedule is.<\/p>\n<p>Provinsies het altesaam R6.6 miljard vir di\u00e9 projekte gedurende die 2013\/2014 boekjaar ontvang.<\/p>\n<p>Die auditeur-generaal s\u00ea konstruksie van klaskamers en die instandhouding van skole laat veel te wense oor.<\/p>\n<p>\u2018n Nuwe skool wat al vyf jaar gelede voltooi is maar nog leeg staan, is tydens \u2018n inspeksie van infrastruktuurprojekte in die Noord-Kaap gevind.<\/p>\n<p>Die bevindinge is in \u2018n auditeur-generaal-verslag oor \u2018n prestasie-oudit van die onderwyssektor vervat.<\/p>\n<p>Van die probleme met die projekte in verskeie provinsies sluit in die aanstel van kontrakteurs wat nie aan vereistes voldoen nie en swak monitering deur provinsiale onderwysdepartemente.<\/p>\n<p>Luidens die verslag is die bou van &#8216;n skool in die Vrystaat al vir \u2018n jaar lank vertraag, terwyl &#8216;n skool in die Noord-Kaap \u2018n wit olifant geword het omdat die sleutels van die gebou nooit aan die provinsiale onderwysdepartement oorhandig is nie.<\/p>\n<p>Le\u00eb klaskamers, rekenaarlokale en biblioteke is in ses provinsies gevind, want toerusting is nooit afgelewer nie. <\/p>\n<p>Swak bouwerk, wat &#8216;n bedreiging vir kinders en personeel se veiligheid inhou, is ook in sommige skole gevind.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al nege provinsiale onderwysdepartemente het druip-rapporte gekry vir die bou van nuwe klaskamers en die instandhouding van skole. Dit is volgens \u2018n prestasie-verslag deur die ouditeur-generaal. Die verslag het tekortkominge met infrastruktuurprojekte in al nege provinsies uitgewys. Van die bevindinge gaan oor die verontagsaming van tenderprosedures, die feit dat projekte nie gemonitor word nie en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33497\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Al nege onderwysdepartemente kry druipverslae&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17481,18838,10671,4817,10592],"class_list":["post-33497","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-druip","tag-instandhouding","tag-onderhoud","tag-onderwys","tag-verslag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33497","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33497"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33497\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33497"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33497"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33497"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}