{"id":33465,"date":"2015-08-13T08:09:14","date_gmt":"2015-08-13T06:09:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33465"},"modified":"2015-08-13T08:10:02","modified_gmt":"2015-08-13T06:10:02","slug":"libie-beloof-ondersoek-na-tronkmarteling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33465","title":{"rendered":"Libi\u00eb beloof ondersoek na tronkmarteling"},"content":{"rendered":"<p>Die minister van justisie in die Tripoli-regering, Mustafa al-Kulaib, het Maandag die gevangenis in Tripoli besoek waar die seun van oudleier Moeammar Ghaddafi aangehou word.<\/p>\n<p>Die besoek volg nadat \u2019n menseregte-organisasie \u2019n ondersoek oor die mishandeling van gevangenes in die Al-Hadba-gevangenis aangevra het, het AFP berig.<\/p>\n<p>Die versoek spruit uit \u2019n ongedateerde video wat vroe\u00ebr die maand op \u2019n Arabiese webtuiste gepubliseer is, waarin gesien kan word hoe tronkbewaarders gevangenes, insluitende Saadi Ghaddafi, aanrand.<\/p>\n<p>Al-Hadba is onder die beheer van die Fajr Libya-milisiekoalisie wat verlede jaar Tripoli ingeneem het en die internasionaal erkende regering, waarvan die hoofkwartier in die ooste van die land is, teenstaan.<\/p>\n<p>Kulaib het ges\u00ea hy veroordeel die swak behandeling van gevangenes, maar het bygevoeg dat slegs \u201cge\u00efsoleerde voorvalle\u201d plaasgevind het waarna ondersoek ingestel sal word.<\/p>\n<p>Kulaib het Saadi, Ghaddafi se derde oudste seun, en Ghaddafi se laaste eerste minister, Al-Baghdadi al-Mahmoedi, tydens die besoek ontmoet.<\/p>\n<p>In Julie het \u2019n hof nog \u2019n seun van Ghaddafi, sy sogenaamde troonopvolger, Seif al-Islam, en agt ander van sy volgelinge, insluitende Mahmoedi, ter dood veroordeel vir misdade wat tydens die 2011-opstand begaan is.<\/p>\n<p>Seif al-Islam, wat ook deur die internasionale strafhof gesoek word, is in absentia verhoor omdat hy aangehou word deur \u2019n milisiegroep wat die owerhede in Tripoli teenstaan.<\/p>\n<p>Sy broer Saadi is in Maart 2014 deur Niger uitgelewer, waar hy toevlug n\u00e1 die 2011-opstand gesoek het.<\/p>\n<p>Drie van Ghaddafi se sewe seuns is in die opstand dood. Ghaddafi self is in Oktober 2011 deur pro-Amerikaanse rebelle gevang en doodgemaak.<\/p>\n<p>Sedert die opstand is Libi\u00eb in chaos gedompel. Die land het nou twee parlemente en twee regerings wat om mag meeding en \u2019n horde gewapende groepe wat veg om beheer oor die land se ryk oliebronne te kry.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die minister van justisie in die Tripoli-regering, Mustafa al-Kulaib, het Maandag die gevangenis in Tripoli besoek waar die seun van oudleier Moeammar Ghaddafi aangehou word. Die besoek volg nadat \u2019n menseregte-organisasie \u2019n ondersoek oor die mishandeling van gevangenes in die Al-Hadba-gevangenis aangevra het, het AFP berig. Die versoek spruit uit \u2019n ongedateerde video wat vroe\u00ebr &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33465\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Libi\u00eb beloof ondersoek na tronkmarteling&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33466,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[],"class_list":["post-33465","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33465","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33465"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33465\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33466"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33465"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33465"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33465"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}