{"id":33445,"date":"2015-08-12T10:36:22","date_gmt":"2015-08-12T08:36:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33445"},"modified":"2015-08-12T10:36:22","modified_gmt":"2015-08-12T08:36:22","slug":"stamme-woedend-vir-duitsers-dat-volksmoord-ander-raak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33445","title":{"rendered":"Stamme woedend vir Duitsers dat volksmoord ander raak"},"content":{"rendered":"<p>Die nasate van die volksmoordslagoffers wat &#8216;n lesing bygewoon het, verskil van die Duitse Evangeliese Kerk van Wesfale wat meen volksmoord in Namibi\u00eb moet nie slegs tot twee stamme beperk word nie.<\/p>\n<p>Dit is verlede week deur dr. Ulrich M\u00f6ller tydens \u2019n openbare lesing in Windhoek aangevoer, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Volgens mnr. Johannes Matundu hanteer die Duitsers die volksmoordkwessie, soos hulle dit ag, nie sensitief genoeg nie.<\/p>\n<p>Matundu s\u00ea dat \u201cDuitsland nie die speler en die skeidsregter op dieselfde tyd kan wees nie\u201d, deur vir die nasate van die slagoffers voor te skryf hoe om op die kwessie te reageer.<\/p>\n<p>\u201cDit was duidelik in die uitwissingsbevel watter stamme uitgeroei moet word. Dus, daar is geen sensitiwiteit in hierdie geval nie,\u201d het Matundu ges\u00ea.<\/p>\n<p>Dit is op grond hiervan dat Mautundu die mening van die Duitse kerk verwerp om ander stamme in te sluit.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea sou ander stamme meen hulle het \u2019n saak teen die Duitsers, hulle dit op hul eie moet aanvoer.<\/p>\n<p>\u201cDis nie dat ons die volksmoord \u2019n stamkwessie maak nie, maar die waarheid is dat dit ons, die Ovaherero en die Nama, geteiken was,\u201d het die voorsitter van die Ovaherero-Ovambanderu Volksmoordstigting (OGF), me. Utjiua Muinjangue, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat die nasate van die volksmoordslagoffers en die Duitse en Namibiese regerings die onderhandelinge met behulp van \u2019n onafhanklike bemiddelaar moet voer. M\u00f6ller se mening is egter dat \u2019n onafhanklike bemiddelaar nie nodig sal wees nie.<\/p>\n<p>Maar volgens M\u00f6ller moet volksmoord-onderhandelinge nie tot die Ovaherero en Nama beperk word nie.<\/p>\n<p>Die mening van di\u00e9 kerk is dat ander stamgroepe ook by die onderhandelinge ingesluit moet word, omdat hulle ook in die proses vermoor is.<\/p>\n<p>\u201cOns moet ons horisonne ter wille van vrede verbreed,\u201d het M\u00f6ller ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die kerk se mening in hierdie verband is dat die Duitse regering die Namibiese regering geldelik moet ondersteun om vir die skade te vergoed wat Namibi\u00eb as gevolg van die volksmoord gely het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nasate van die volksmoordslagoffers wat &#8216;n lesing bygewoon het, verskil van die Duitse Evangeliese Kerk van Wesfale wat meen volksmoord in Namibi\u00eb moet nie slegs tot twee stamme beperk word nie. Dit is verlede week deur dr. Ulrich M\u00f6ller tydens \u2019n openbare lesing in Windhoek aangevoer, het die Republikein berig. Volgens mnr. Johannes Matundu &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33445\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Stamme woedend vir Duitsers dat volksmoord ander raak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5227,21025,6831,2261],"class_list":["post-33445","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-duitsland","tag-evangeliese-kerk","tag-namibie","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33445","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33445"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33445\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33445"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33445"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33445"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}