{"id":33433,"date":"2015-08-11T09:37:54","date_gmt":"2015-08-11T07:37:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33433"},"modified":"2015-08-11T09:37:54","modified_gmt":"2015-08-11T07:37:54","slug":"suid-afrikaner-dood-in-mali-aanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33433","title":{"rendered":"Suid-Afrikaner dood in Mali-aanval"},"content":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse regering het die aanval op burgerlikes by &#8216;n hotel in Mali veroordeel. <\/p>\n<p>&#8216;n Suid-Afrikaner, Roelof Janse van Rensburg, is in die aanval dood nadat die hotel waar hy as gyselaar aangehou is, deur Franse spesmagte bestorm is.<\/p>\n<p>Hy het kort voor sy dood nog met sy vrou gepraat. Janse van Rensburg was die pa van vier kinders.<\/p>\n<p>Die regering s\u00ea dit is tragies dat Janse van Rensburg gesterf het terwyl hy gehelp het om bestendigheid in Mali te probeer bring.<\/p>\n<p>Hy het as paramedikus vir &#8216;n Russiese lugvaartmaatskappy gewerk wat deel van die VN-vredesending in die sentrale deel van Mali is.<\/p>\n<p>Twaalf mense is in die aanval op &#8216;n hotel in die dorp Sevare dood.<\/p>\n<p>Gewapende aanvallers het die hotel Vrydag bestorm en &#8216;n groep mense as gyselaars aangehou. Die beleg het sowat 24 uur geduur voordat die gyselaars ontset is.<\/p>\n<p>Die politieke onbestendigheid in Mali is vererger deur &#8216;n invloei van wapens in 2011 met die Amerikaans-geleide inval in hul buurland Libi\u00eb.<\/p>\n<p>Die teenwoordigheid van islamiste in die noorde het in Maart 2012 tot &#8216;n milit\u00eare staatsgreep gelei in Mali en die vestiging die Islamitiese sjariawet.<\/p>\n<p>Ecowas het ingestem om &#8216;n geko\u00f6rdineerde milit\u00eare ekspedisie te loods op &#8216;n vergadering in Nigeri\u00eb in November vanm dieselfde jaar, met die VN se steun.<\/p>\n<p>Die regering in Bamako het Frankryk intussen versoek om milit\u00ear in te gryp. Franse troepe het Islamitiese vestings in die noorde skoongemaak, en die grootste deel van die opstand be\u00ebindig, maar die toestand bly steeds gespanne.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse regering het die aanval op burgerlikes by &#8216;n hotel in Mali veroordeel. &#8216;n Suid-Afrikaner, Roelof Janse van Rensburg, is in die aanval dood nadat die hotel waar hy as gyselaar aangehou is, deur Franse spesmagte bestorm is. Hy het kort voor sy dood nog met sy vrou gepraat. Janse van Rensburg was die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33433\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Suid-Afrikaner dood in Mali-aanval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[1093,5501,5361,10964,8451,21019],"class_list":["post-33433","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-frankryk","tag-gyselaars","tag-islam","tag-libie","tag-mali","tag-sjariawette"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33433","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33433"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33433\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33433"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33433"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33433"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}