{"id":33397,"date":"2015-08-06T13:52:37","date_gmt":"2015-08-06T11:52:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33397"},"modified":"2015-08-08T12:31:59","modified_gmt":"2015-08-08T10:31:59","slug":"helter-skelter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33397","title":{"rendered":"Helter Skelter"},"content":{"rendered":"<p>Sodra ons die naam \u201cCharles Manson\u201d uiter, sal die meeste mense weet van wie ons praat. Die hippie-sekteleier uit die sestiger jare wat die w\u00eareld geskok het toe hy sy volgelinge aangehits het om mense op die mees barbaarse wyse te vermoor. Seker sy bekendste slagoffer was die aktrise Sharon Tate gewees, wat op daardie stadium hoogswanger was en getroud was met die pedofiliese filmregisseur Roman Polanski. Met die moord op Tate, sowel as die moorde wat daarna gevolg het, het die volgelinge telkens woorde in bloed teen die mure geskryf, elkeen \u2018n verwysing na die Beatles se <em>White Album<\/em>, wat kort daarvoor uitgekom het.<\/p>\n<p>Manson meen hy was gemotiveer deur \u201cHelter Skelter\u201d, \u2018n verwysing na \u2018n lied op die Beatles se plaat. Vir hom het hierdie teks beteken dat daar \u2018n onafwendbare apokaliptiese rasseoorlog iewers in die toekoms sou plaasvind, en hy wou dit aanwakker. Volgens sy interpretasie hiervan sou swartes massaal begin om opstandig te word en die wittes doodmaak. Dit was die bedoeling gewees dat hy en sy volgelinge hulself iewers in die Kaliforniese valleie sou skuilhou terwyl die swartes op \u2018n moordveldtog al die wittes sou uitmoor. Sodra die slagting verby is, sou hulle weer tevoorskyn kom en die versadigde en bedaarde swart bevolking oormeester en weer in \u2018n staat van slawerny aanhou.<\/p>\n<p>Alhoewel Manson self niemand vermoor het nie, sou hy in elk geval die doodstraf gekry het as dit nie was vir die tydelike afskaffing van die doodstraf in die VS op daardie stadium nie. Min mense weet vandag dat die VS die doodstraf afgeskaf het en daarna weer teruggeroep het, waarskynlik as gevolg van Manson se veldtog.<\/p>\n<p>In elk geval is sy ideologiese nalatenskap nie vergete nie. Die media, skrywers, kommentators, digters, rocksterre en vele meer het gesorg dat sy naam in \u2018n makabere eer behoue gebly het. Hy dien nog steeds sy straf uit in \u2018n Kaliforniese gevangenis en sy paroolaansoeke word nog steeds geweier.<\/p>\n<p>Byna elkeen vandag beskou Manson as \u2018n gek met \u2018n ernstige psigiatriese afwyking. Meestal is hierdie \u2018gek\u2019 -etiket nie soseer \u2018n diagnose nie, maar \u2018n manier om nie meegesleur te word in die w\u00eareld van sy waanbeelde en fantasie\u00eb nie. Op hierdie manier poog die gewone mens om sy eie beeld van die werklikheid in stand te hou. Die vraag is egter, is Manson werklik gek, en is die gewone mens werklik normaal? Wat gebeur as \u2018normaal\u2019 die nuwe \u2018gek\u2019 begin word? In \u2018n poging om ons te beskerm teen sy drogbeelde, het ons nie iets ernstig oor die hoof gesien nie?<\/p>\n<p>Ons sit vandag in anno 2015, en ons het gesien hoe Mandela en Ronnie Kasrils staan en sing dat hulle die wittes sal doodmaak. Daarbenewens het elke ANC president homself skuldig gemaak aan aanhitsery teen wittes. Laat staan nog Malema, wat die nuwe golf van haat aanwakker. Om oor die EU se geliefde troeteldiktator Robert Mugabe nie eens te praat nie.<\/p>\n<p>In die Verenigde State sien ons dieselfde tendens: Die welbekende \u2018knockout\u2019 spel waarmee groepe swartes mekaar uitdaag om wittes met een vuishou bewusteloos teen die grond te slaan is nog aan die orde van die dag. Selfs wit vroue word nie gespaar nie, en daar het inderdaad al mense omgekom as gevolg hiervan. Soos gewoonlik swyg die media soos die graf hieroor, maar in die enkele gevalle waar wittes vasgepen kan word vir ongebruiklike optredes na swartes, bemoei selfs president Obama homself daarmee, en help hiermee om die beeld van slegte wittes weereens te versterk by swartes.<\/p>\n<p>Die mees onlangse geval van aanhitsery is die swart Moslempredikant Louis Farrakhan. In \u2018n <a href=\"https:\/\/youtu.be\/Zr4bYXK7je8\">videofragment<\/a> kan gesien word hoe hy skaamteloos \u2018n oproep doen aan tien duisend swartes om wittes dood te maak, en sy swart volgelinge gee hom \u2018n staande applous hiervoor. Dat swartes onder die indruk hiervan is en blankes gaan doodmaak, is gewis.<\/p>\n<p>Deftig uitgedos met \u2018n dubbelborsbaadjie, wit syhemp, goudgerande bril en strikdas roep die bejaarde Farrakhan ghettobewones op om te doen wat hulle goed kan doen, naamlik agtervolg en doodmaak. Interessant genoeg gee hy hierdie toespraak in \u2018n Baptistekerk in Miami, wat aangee dat rassebelange swaarder weeg as geloofsori\u00ebntasie, en dat hy in feite dus sy eie beginsels verraai. Dan praat ons nie oor sy duur smaak in klere nie, wat sy toespraak oor \u2018verdrukking\u2019 \u2018n siniese trant gee. So meen hy ook dat hulle moet opstaan \u2018teen die vier honderd jaar oue vyand wat toesien hoe hulle mekaar in ghetto\u2019s uitmoor\u2019, sonder dat hy self die ironie daaragter sien dat hy presies dieselfde doen. Geweld lok net verder geweld uit, ongeag velkleur.<\/p>\n<p>Dit is wat gebeur wanneer \u2018n, umm&#8230; \u2018spirituele\u2019 leier nie na die spirituele dimensie van die mens omsien nie. Eintlik is sy werk om mense te leer om hul eie kragte te benut en self die mas op te kom, aangesien ware bevryding binne mense is. Sodra predikante geen aandag hieraan bestee nie is hulle nie besig met geloof nie, maar met politiek. Hulle kyk nie meer na binne nie, maar na buite. Daar sien hulle ongelykheid, word jaloers en styg hul behoefte om te wil vernietig, terwyl hulle hulself sodoende geestelik swakker maak in plaas van sterker. Op hierdie manier gly hulle af in hul eie, selfgemaakte staat van slawerny en gaan hul bloed net verder kook teen diegene wat wel hul innerlike kragte benut het en hulself ho\u00ebr op die maatskaplike trap gewerk het. So werk kommunisme ook: Dit is \u2018n siklus van spirituele selfvernietiging met afguns en moordlus, alles in die naam van een of ander geloof.<\/p>\n<p>Sedert Mandela se presidentskap staan die w\u00eareld op sy kop. Indoktrinasie het intu\u00efsie verdring, rassespanninge het toegeneem terwyl die media meen dit het afgeneem, die \u2018patriargale\u2019 witmens doen niks om homself of sy mense te beskerm nie, \u201cgelyke regte\u201d het \u2018n nuwe vorm van tribalisme teweeggebring en demokrasie is \u2018n kodewoord vir swart elitisme. Hoe lank hierdie illusie nog staande sal bly is \u2018n vraag wat nog beantwoord moet word.<\/p>\n<p>Wat die rasse-apokalips aanbetref blyk dit dat daardie bejaarde hippie tog iewers \u2018n punt beetgehad het. Hy sit in die tronk en Farrakhan spu haat van die kansel. Daar is eintlik meer ooreenkomste as verskille tussen die twee.<\/p>\n<p>Die gerugte gaan rond dat Charles Manson deel was van die MK-Ultra breinspoeleksperimente wat in die sestiger jare toegepas was, en dat hy bloot opdragte van sy meesters uitgevoer het, soortgelyk aan die moordenaars Dimitrios Tsafendas en Sirhan Sirhan, die moordenaar van Robert Kennedy. In elk geval het sy gevreesde rasseoorlog \u2018n werklikheid geword, net soos sy meesters wou. En is Louis Farrakhan ook nie maar \u2018n marionet van sy meesters nie? Ons sal maar vir die wis en die onwis die naam George Soros nie in hierdie verband noem nie.<\/p>\n<p>Stel u voor as Manson, mooi strak in pak soos Farrakhan met \u2018n drie miljoen dollar glimlag agter die kansel sou preek wat die gevolge sou wees?<\/p>\n<p>D\u00edt, dames en here, is die verskil tussen \u2018n suksesvolle haatpredikant en \u2018n geestelik verwarde mens.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sodra ons die naam \u201cCharles Manson\u201d uiter, sal die meeste mense weet van wie ons praat. Die hippie-sekteleier uit die sestiger jare wat die w\u00eareld geskok het toe hy sy volgelinge aangehits het om mense op die mees barbaarse wyse te vermoor. Seker sy bekendste slagoffer was die aktrise Sharon Tate gewees, wat op daardie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":33398,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[21001,20998,20999,21000],"class_list":["post-33397","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-beatles","tag-charles-manson","tag-louis-farrakhan","tag-mk-ultra"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33397","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33397"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33397\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33398"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33397"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33397"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33397"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}