{"id":33363,"date":"2015-08-05T08:42:48","date_gmt":"2015-08-05T06:42:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33363"},"modified":"2015-08-06T09:07:59","modified_gmt":"2015-08-06T07:07:59","slug":"jericho-springlewendig-maar-cecil-morsdood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33363","title":{"rendered":"Jericho springlewendig maar Cecil morsdood"},"content":{"rendered":"<p>Die beheerliggaam van Zimbabwe se nasionale parke, Zimparks, en navorsers wat die leeus in die Hwange nasionale park bestudeer, het gerugte ontken dat die leeu, Jericho, broer van Cecil, ook doodgeskiet is.<\/p>\n<p>Die Zimbabwiese bewaringtaakspan, \u2018n omgewingsgroep, het konsternasie onder diereliefhebbers w\u00eareldwyd veroorsaak toe dit Saterdag op Facebook aangekondig het dat Jericho ook \u2018n onwettige jagter ten prooi geval het.<\/p>\n<p>Zimparks het Sondag egter die gerugte die nek ingeslaan en laat weet dat \u201cdie leeu bekend as Jericho lewendig is en deur die Lion Reseach Project gemonitor word.\u201d<\/p>\n<p>&#8216;n Ander Amerikaanse trofeejagter het glo in April sonder \u2018n permit ook \u2018n leeu gejag.<\/p>\n<p>Volgens \u2018n verklaring van die Zimbabwiese regering het die ondersoek na onwettige jag sedert Cecil se dood tot die inhegtenisname van die safari-organiseerder, Headman Sibanda, gelei.<\/p>\n<p>Sibanda se kli\u00ebnt was \u2018n Jan Casmir Sieski van Pennsylvania wat die leeu op Sibanda se plaas gejag het.<br \/>\nWye beperkinge op jag rondom die Hwange nasionale park is Saterdag deur die owerhede aangekondig.<\/p>\n<p>Die jag op leeus, luiperds en olifante in die omgewing van die wildreservaat in die weste van Zimbabwe is verbied asook die gebruik van pyle en bo\u00eb, die items waarmee Cecil geskiet is.<\/p>\n<p>Zimbabwe se beroepsjagters waarsku dat &#8216;n algehele verbod op trofeejag &#8216;n negatiewe invloed op wildbewaring in die land sal h\u00ea.<\/p>\n<p>Die regering het die naweek aangekondig dat &#8216;n moratorium geplaas word op die jag van leeus, luiperds en olifante in die Hwange gebied nadat die jag van die twee leeus onlangs opslae gemaak het.<\/p>\n<p>Die dood van Cecil die leeu het &#8216;n debat oor trofeejag ontketen wat druk op die Amerikaanse regering plaas om die invoer van trofe\u00eb te verbied.<\/p>\n<p>Die voorsitter van Zimbabwe se beroepjagsters-vereniging, Louis Muller s\u00ea afgele\u00eb gemeenskappe is afhanklik van die inkomste wat hulle uit jagters verdien, en sal andersins met mekaar om skaars natuurlike hulpbronne moet meeding.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse lugredery, Delta het intussen die jongste redery geword wat &#8216;n verbod plaas op die vervoer van wildlewe-trofe\u00eb.<\/p>\n<p>Die besluit volg n\u00e1 opslae w\u00eareldwyd oor die jag van leeus.<\/p>\n<p>Delta s\u00ea hy sal nie langer die oorskot van leeus, luiperds, renosters en buffels op sy vlugte vervoer nie. Die redery vlieg na verskeie stede in Afrika, waaronder Johannesburg.<\/p>\n<p>Intussen is &#8216;n leeuwyfie deur wilde leeus in haar kamp doodgebyt. Sy is deur mense grootgemaak.<\/p>\n<p>Thembile se aanvallers het lank saam met haar in die kamp deurgebring.<\/p>\n<p>Die private wildspark Gweru, het ges\u00ea dat hulle &#8220;met skok en diepe hartseer&#8221; van die voorval kennis geneem het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die beheerliggaam van Zimbabwe se nasionale parke, Zimparks, en navorsers wat die leeus in die Hwange nasionale park bestudeer, het gerugte ontken dat die leeu, Jericho, broer van Cecil, ook doodgeskiet is. Die Zimbabwiese bewaringtaakspan, \u2018n omgewingsgroep, het konsternasie onder diereliefhebbers w\u00eareldwyd veroorsaak toe dit Saterdag op Facebook aangekondig het dat Jericho ook \u2018n onwettige &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33363\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jericho springlewendig maar Cecil morsdood&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33374,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20987,20973,4878,20988,2251],"class_list":["post-33363","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-grootwild","tag-jag","tag-leeus","tag-trofee","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33363","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33363"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33363\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33374"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33363"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33363"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33363"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}