{"id":33361,"date":"2015-08-05T08:36:52","date_gmt":"2015-08-05T06:36:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33361"},"modified":"2015-08-05T08:36:52","modified_gmt":"2015-08-05T06:36:52","slug":"malema-opgeruimd-na-hofuitspraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33361","title":{"rendered":"Malema opgeruimd na hofuitspraak"},"content":{"rendered":"<p>Die verhoor van Julius Malema, EFF-leier, is uitgestel omdat een van sy medebeskuldigdes siek is. Malema se saak vir bedrog en korrupsie is van die hofrol geskrap in die Hooggeregshof in Polokwane, omdat een van sy mede-beskuldigdes nie in die hof was nie.<\/p>\n<p>Malema was merkbaar opgeruimd toe hy die hof ingestap het en vir die media gevra hoe dit met almal gaan.<\/p>\n<p>Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters staan op klagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en afpersing tereg.<br \/>\nDit hou verband met \u2019n regeringskontrak ter waarde van ten minste R60 miljoen wat ses jaar gelede aan hom toegeken is, toe hy nog die leier van die ANC se jeugliga was. <\/p>\n<p>&#8220;Wil julle lekkergoed h\u00ea? (Jacob) Zuma het vir my die platform gegee om met julle te praat,&#8221; het hy laggend opgemerk. <\/p>\n<p>Sy medebeskuldigde, Lesiba Gwangwa, is in die hospitaal en sal vir &#8216;n onbepaalde tyd daar wees. &#8216;n Mediese sertifikaat is by die hof ingedien. <\/p>\n<p>Adv. Billy Moloasi, staatsaanklaer, s\u00ea hulle was nie bewus hiervan nie. Gwangwa se regspan het gevra dat die verhoor tot vroeg volgende jaar uitgestel word.<\/p>\n<p>Adv. Mike Hellens SC, namens Malema, het aan die hof ges\u00ea hy is geskok om te hoor dat Gwangwa nie hier is nie. Die staat moet nou besluit of die saak teen Gwangwa van di\u00e9 van Malema en Kagiso Dichabe geskei gaan word. <\/p>\n<p>Die Nasionale vervolgingsgesag s\u00ea aanklagte van korrupsie en swendelary kan weer teen Malema en sy twee medebeskuldigdes ingestel word.<\/p>\n<p>Woordvoerder Luvuyo Mfaku s\u00ea die drie is nie vrygespreek nie en die direktoraat van openbare vervolging kan moontlik besluit om die saak weer in te stel.<\/p>\n<p>Regter George Motlhe het Dinsdag ges\u00ea die saak sloer te lank en dit benadeel die beskuldigdes wat in die hof is en gereed is om voor te gaan. Hy het gelas dat die beskuldigdes se borggeld terugbetaal word.<\/p>\n<p>Die saak sloer al sedert 2012.<\/p>\n<p>Die staat voer aan Malema se Ratanang-familietrust het voordeel getrek uit &#8216;n onregmatige tender aan On Point-Engineering.<\/p>\n<p>Malema het Dinsdag beweer dat hy nie meer strafregtelike aanklagte in die gesig staar nie, maar regskenners meen dit is te vroeg vir die EFF-leier om fees te vier en s\u00ea dat die staat waarskynlik weer aanklagte teen hom gaan indien. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die verhoor van Julius Malema, EFF-leier, is uitgestel omdat een van sy medebeskuldigdes siek is. Malema se saak vir bedrog en korrupsie is van die hofrol geskrap in die Hooggeregshof in Polokwane, omdat een van sy mede-beskuldigdes nie in die hof was nie. Malema was merkbaar opgeruimd toe hy die hof ingestap het en vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33361\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Malema opgeruimd na hofuitspraak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10876,6685,2300,15636,6954,5373,20048],"class_list":["post-33361","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eff","tag-julius-malema","tag-korrupsie","tag-nvg","tag-polokwane","tag-swendelary","tag-tender"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33361","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33361"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33361\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33361"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33361"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33361"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}