{"id":3336,"date":"2008-11-04T00:31:35","date_gmt":"2008-11-04T00:31:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3336"},"modified":"2008-11-04T00:31:35","modified_gmt":"2008-11-04T00:31:35","slug":"obama-die-gunsteling-in-rekordvroestemmery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3336","title":{"rendered":"Obama die gunsteling in rekordvroe?stemmery"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Met lang toue by stembusse, het 28,9 miljoen Amerikaners reeds in deelstate dwarsoor die land gestem. Volgens beskikbare inligting van navorsers is verskeie rekords verbeter in bepalende deelstate &#8211; waaronder Georgi&euml;, Iowa en Noord-Carolina &#8211; en gaan daar waarskynlik nog rekords opgestel word in die hele land, vergeleke met die vorige verkiesing vier jaar gelede, het Michael McDonald, medeprofessor by die George Mason-universiteit in Virgini&euml; ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&quot;Tienmiljoene mense het reeds hul stemme in die 2008-presidentsverkiesing uitgebring,&quot; skryf McDonald op sy webwerf.<\/p>\n<p>&quot;Die vraag bly of dit beteken dat &#39;n groter deel van die 2008-stem vroeg uitgebring gaan word, of &#8211; soos ek vermoed &#8211; dat &#39;n kombinasie van di&eacute; twee faktore &#39;n rol speel.&quot;<\/p>\n<p>Omtrent 121 miljoen mense het in 2004 gestem, en vanjaar se vroe&euml;kieseropkoms verteenwoordig reeds &#39;n kwart van daardie totaal. Maar McDonald en ander verkiesingsdeskundiges s&ecirc; dat hulle &#39;n ho&euml;r algehele stempersentasie vir die 2008-verkiesing voorspel, en hulle meen dat die patroon van vroe&euml; stemme die hoogste stempersentasie in die Amerikaanse geskiedenis voorspel.<\/p>\n<p>Syfers toon dat meer Demokrate as Republikeine vroeg gaan stem het en meningsopnames oor die afgelope week het aangedui dat Obama &#39;n voorsprong oor sy Republikeinse mededinger John McCain onder vroe&euml; stemmers geniet, waaronder vele Afro-Amerikaners.<\/p>\n<p>&quot;Ons sien dat Obama-ondersteuners meer geneig is om vroeg te gaan stem as McCain-ondersteuners, wat ook in die meningsopnames opduik en in die partyregistrasiesyfers,&quot; het McDonald Maandag ges&ecirc; in &#39;n aanlynbespreking op die Washington Post se webwerf.<\/p>\n<p>In Ohio toon amateurvideo&#39;s wat op die web geplaas is hoe lang toue rondom verskeie straatblokke in Cleveland oor die naweek gestrek het tydens vroe&euml; stemmery oor die naweek.<\/p>\n<p>Universiteitstudente in Colombus wat vir die eerste keer stem, het meer as ses ure lank tougestaan om hul stemme uit te bring.<\/p>\n<p>Met omtrent 1,4 miljoen mense wat reeds in die Middewesterse staat gestem het &#8211; &#39;n tradisionele strydperk in presidensi&euml;le verkiesings &#8211; geniet Obama reeds &#39;n voorsprong bo McCain onder vroe&euml; stemmers, volgens verskeie meningsopnames, waaronder &#39;n koerantopname deur die Columbus Dispatch.<\/p>\n<p>In Florida &#8211; &#39;n staat wat deur beide partye begeer word &#8211; het omtrent 4,1 miljoen mense reeds vroeg gestem, hetsy in lewende lywe, hetsy in posstemme. Amptenare s&ecirc; dis gelykstaande aan omtrent die helfte van die staat se verwagte aantal stemme.<\/p>\n<p>Obama se veldtogbestuurder David Plouffe het verlede week ges&ecirc; die Demokrate het &#39;n 200 000-voorsprong bo McCain in Florida, teenoor die 2004-verkiesing toe vroe&euml; stemme ten gunste van die Republikein George W. Bush was.<\/p>\n<p>Omtrent 45 persent van vroe&euml; stemmers in Florida is geregistreerde Demokrate teenoor 37 persent Republikeine, volgens die webwerf.<\/p>\n<p>Terwyl party-affiliasie nie noodwendig eenvormige steun vir elke party se kandidaat beteken nie, toon verskeie meningsopnames dat Obama &#39;n voorsprong bo McCain geniet onder vroe&euml; stemmers in sleutelstate wat die verkiesing se uitslag gaan bepaal, waaronder Colorado, Indiana, Nevada en Noord-Karolina.<\/p>\n<p>Die voorloper Obama gaan poog om die land se eerste swart president te word en sy verkiesingspan meen hy het reeds &#39;n stewige voorsprong in die vroe&euml; stemmery opgebou wat dit moeilik vir McCain gaan maak om op verkiesingsdag in te haal.<\/p>\n<p>Die opkoms van Afro-Amerikaners wat vroeg gestem het, word as &quot;ongehoord&quot; bestempel, volgens McDonald.<\/p>\n<p>&quot;Indien di&eacute; syfers ook op verkiesingsdag gaan geld, gaan hulle opkoms di&eacute; van blanke kiesers oortref,&quot; het McDonald Maandag tydens &#39;n aanlynbespreking op die Washington Post se webwerf ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&quot;Die aandeel van Afro-Amerikaanse vroe&euml; stemmers loop tans omtrent agt persentasiepunte ho&euml;r as in die 2004-verkiesing.&quot;<\/p>\n<p>In Noord-Carolina, waar omtrent 2,6 miljoen mense hul stemme voor verkiesingsdag uitgebring het, het swartes 26,6 persent van die vroe&euml; stemmers verteenwoordig, terwyl swartes slegs 21 persent van alle geregistreerde stemmers in die staat uitmaak, het die webwerf ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Vroe&euml;stemuitslae het tot dusver nie &#39;n toename in jonger kiesers wat hul na die stembus wend getoon nie, in weerwil van voorspellings dat Obama se kandidatuur ongekende belangstelling onder jong stemmers gaand gemaak het, het McDonald ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&quot;Ons sien nie jongmense wat vroeg gaan stem nie &#8211; en dit volg trouens &#39;n patroon wat ons oor die afgelope twintig jaar reeds opmerk, dat die vroe&euml; stemmers ouer is as diegene wat op verkiesingsdag gaan stem,&quot; het hy ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Maar hy het bygevoeg dat die finale syfers &#39;n opwelling van jong kiesers tydens vroe&euml; stemmery kan aantoon of dat die totale opkoms vir alle ouderdomsgroepe kon verhoog.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/kompressory-vintovye-f3661626\/\">\u0432\u0438\u043d\u0442\u043e\u0432\u044b\u0435 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440\u044b remeza<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>07:33:53 &#39;n Rekordaantal Amerikaners het reeds hule stemme uitgebring in sleutelstate in die VSA op die vooraand van vandag <span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: center; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/obama_mccain500.jpg\" width=\"500\" height=\"252\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Barack Obama en John McCain<\/div>\n<\/div>\n<p> <\/span>se verkiesing, met meningsopnames wat aandui dat vele van die vroe&euml; kiesers die Demokraat Barack Obama ondersteun.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,3176],"class_list":["post-3336","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-obama-die-gunsteling-in-rekordvroestemmery"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3336","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3336"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3336\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3336"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3336"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3336"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}