{"id":33344,"date":"2015-08-04T08:58:16","date_gmt":"2015-08-04T06:58:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33344"},"modified":"2015-08-04T08:58:16","modified_gmt":"2015-08-04T06:58:16","slug":"ob-se-mediakonferensie-maak-opslae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33344","title":{"rendered":"OB se mediakonferensie maak opslae"},"content":{"rendered":"<p>Die Openbare Beskermer hou vol dat daar geen regsgronde is vir die minister van Polisie se verslag oor veiligheidsopgraderings aan president Jacob Zuma se private woning nie.<\/p>\n<p>Thuli Madonsela het by &#8216;n mediakonferensie ges\u00ea sy rig haar tot die parlement deur die media, nadat die ANC geweier het om haar voor die ad hoc komitee oor Nkandla te laat getuig. <\/p>\n<p>Madonsela s\u00ea haar kantoor is geregtig op dieselfde respek as di\u00e9 van die Ouditeur-Generaal en die Onafhanklike Verkiesingskommissie.<\/p>\n<p>Mandonsela se mediakonferensie is die eerste keer sedert Suid-Afrika &#8216;n grondwetlike demokrasie gekry het, dat die Parlement op &#8216;n nuwe wyse gedwing word om na haar te luister.<\/p>\n<p>Die ANC s\u00ea egter dit is onaanvaarbaar dat &#8216;n instelling wat aan die parlement verantwoordbaar is, inmeng in parlement\u00eare prosesse. <\/p>\n<p>Die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga het in reaksie op Madonsela se nuuskonferensie ges\u00ea dit is &#8216;n onaanvaarbare inmenging in die parlement\u00eare proses en dat Madonsela die perke van haar kantoor oorskry het.<\/p>\n<p>Madonsela se oproep dat die Speaker tussenbeide moet tree, is deur die IVP verwerp. Hulle het in hulle reaksie ges\u00ea die geskil tussen die Openbare Beskermer en lede van die uitvoerende gesag is nie goed vir demokrasie in die land nie.<\/p>\n<p>Intussen sal &#8216;n aansoek om die Speaker van die parlement, Baleka Mbete, onbevoeg te verklaar vandag in die Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word. <\/p>\n<p>Die opposisiepartye, Agang, die UDM en Cope wil ook h\u00ea die hof moet beslis dat Mbete nie as speaker kan optree wanneer daar &#8216;n debat oor &#8216;n mosie van wantroue in die president is nie. <\/p>\n<p>Agang se parlement\u00eare leier, Andries Tlouamma s\u00ea daar is genoeg bewyse om aan die hof te toon dat Mbete meer lojaal teenoor die ANC as teenoor die parlement as instelling is.<\/p>\n<p>Die ANC in die parlement het Mbete verdedig, en s\u00ea die hofaansoek is belaglik. &#8216;n Woordvoerder van die ANC koukus, Moloto Mothapo s\u00ea daar is geen wettige of grondwetlike basis vir die hofaansoek om suksesvol te wees nie. <\/p>\n<p>Mothapo s\u00ea die ANC glo steeds dat Mbete die regte persoon is om as speaker op te tree, en dat sy nie bevoordoordeeld, onbevoeg of slegs lojaal aan die ANC is nie. <\/p>\n<p>Die Hooggeregshof in Kaapstad sal die volgende twee dae die argumente in die aansoek aanhoor.<\/p>\n<p>Die Vryheidsfront Plus s\u00ea hulle ondersteun Madonsela se oproep dat die Speaker tussenbeide moet tree oor die Nkandla-kwessie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Openbare Beskermer hou vol dat daar geen regsgronde is vir die minister van Polisie se verslag oor veiligheidsopgraderings aan president Jacob Zuma se private woning nie. Thuli Madonsela het by &#8216;n mediakonferensie ges\u00ea sy rig haar tot die parlement deur die media, nadat die ANC geweier het om haar voor die ad hoc komitee &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33344\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;OB se mediakonferensie maak opslae&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[227,7129,7251,8897,17788,10785],"class_list":["post-33344","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-anc","tag-nkandla","tag-openbare-beskermer","tag-parlement","tag-speaker","tag-thuli-madonsela"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33344","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33344"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33344\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33344"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33344"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33344"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}