{"id":33285,"date":"2015-07-31T08:11:17","date_gmt":"2015-07-31T06:11:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33285"},"modified":"2015-07-31T18:21:10","modified_gmt":"2015-07-31T16:21:10","slug":"vrae-oor-miljarde-by-prasa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33285","title":{"rendered":"Vrae oor miljarde by PRASA"},"content":{"rendered":"<p>Minstens R4\u2009miljard se besteding by PRASA waaroor daar nou ernstige vrae is, sluit ook &#8216;n bedrag van R17\u2009miljoen in wat blykbaar uit PRASA se koffers \u201cverdwyn\u201d het.<\/p>\n<p>&#8216;n Voorlopige opsomming van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika se geldsake wys dat die ouditeur-generaal (OG) in die 2014-\u201915-boekjaar reeds die meer as R17\u2009miljoen wat betaal is vir die \u201chuur\u201d van \u2019n stuk grond sonder die nodige huurkontrak, opgemerk het.<\/p>\n<p>Dit blyk uit die opsomming, waarvan Beeld \u2019n afskrif het, dat die OG bedenkinge het oor besteding van sowat R3,9\u2009miljard. Dit sluit onre\u00eblmatige, vrugtelose en verkwiste uitgawes in.<\/p>\n<p>Lucky Montana, voormalige uitvoerende groephoof van PRASA, het nietemin Donderdag in \u2019n verklaring ges\u00ea sy beleid was \u201cgeen korrupsie nie met my aan die stuur\u201d.<\/p>\n<p>\u2019n Stuk grond naby Nigel is vir die oprigting van &#8216;n passasierstreinvervaardigingsaanleg opsy gesit. Dit is deel van \u2019n R51\u2009miljard-kontrak wat PRASA aan die Gibela-konsortium van die Franse vervaardiger Alstom toegeken het. <\/p>\n<p>Die Ekurhuleni-metroraad het egter bevestig hy het nog nie \u2019n sent huurgeld van PRASA gekry nie.<\/p>\n<p>Luidens \u2019n afskrif van \u2019n dokument wat die metro se eiendomsafdeling opgestel het, moet Gibela n\u00e1 die eerste twee jaar R78\u2009900 per maand (sowat \u00adR950\u2009000 per jaar) daarvoor \u00adbetaal.<\/p>\n<p>Dit is dus nie duidelik hoekom PRASA reeds R17\u2009miljoen vir die grond betaal het nie of waarheen die geld is nie.<\/p>\n<p>Die OG-opsomming wys ook PRASA het nie \u2019n beheerliggaam aangestel het oor die tenderproses waarin Gibela die R51\u2009miljard-kontrak gekry het nie, al vereis die tesourie dit.<\/p>\n<p>In 2013, kort nadat Gibela di\u00e9 kontrak ontvang het, het Montana in media-onderhoude ges\u00ea \u2019n ouditeursfirma wat deur PRASA aangestel is, het bevind die tenderproses het glo sonder korrupsie geskied.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Minstens R4\u2009miljard se besteding by PRASA waaroor daar nou ernstige vrae is, sluit ook &#8216;n bedrag van R17\u2009miljoen in wat blykbaar uit PRASA se koffers \u201cverdwyn\u201d het. &#8216;n Voorlopige opsomming van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika se geldsake wys dat die ouditeur-generaal (OG) in die 2014-\u201915-boekjaar reeds die meer as R17\u2009miljoen wat betaal is vir die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33285\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrae oor miljarde by PRASA&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20969,2300,7118,15410,19227],"class_list":["post-33285","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-alstom","tag-korrupsie","tag-prasa","tag-tenders","tag-treine"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33285","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33285"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33285\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33285"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33285"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33285"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}