{"id":33256,"date":"2015-07-30T07:44:28","date_gmt":"2015-07-30T05:44:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33256"},"modified":"2015-07-30T07:44:28","modified_gmt":"2015-07-30T05:44:28","slug":"eise-teen-sapd-kos-belastingbetalers-r860-miljoen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33256","title":{"rendered":"Eise teen SAPD kos belastingbetalers R860 miljoen"},"content":{"rendered":"<p>Belastingbetalers moes die afgelope ses jaar al meer as R860\u2009miljoen opdok vir siviele eise teen lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).<\/p>\n<p>As die skikkingsooreenkomste wat die SAPD sedert 2011 aangegaan het ook bygereken word, styg die bedrag tot meer as R1,04\u2009miljard.<\/p>\n<p>In 2009 is slegs sowat R80\u2009miljoen vir sulke eise uitbetaal, het Netwerk24 berig. <\/p>\n<p>Gareth Newham, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie, het aan Netwerk24 ges\u00ea die stygende eisuitbetalings toon dat siviele eise gewilder is by die publiek eerder as om by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) te gaan kla waar ondersoeke lank kan sloer.<\/p>\n<p>Die SAPD se jaarlikse gebeurlikheidsbegroting vir siviele eise wat moontlik nog in die toekoms ingestel kan word, het in die afgelope boekjaar meer as R312\u2009miljard beloop.<\/p>\n<p>Die SAPD se jaarverslae en parlement\u00eare antwoorde van Nathi Nhleko, minister van polisie, wys voorts die polisie het in die 2009-\u201910-boekjaar regskoste betaal van sowat R89\u2009miljoen. <\/p>\n<p>Teen Maart vanjaar was die bedrag reeds &#8216;n yslike R278\u2009miljoen.<\/p>\n<p>Die jaarverslae wys ook die meeste van die eise wat teen die polisie ingestel is, was weens algemene polisie-optrede wat byvoorbeeld gedrag tydens inhegtenisnemings insluit, skietvoorvalle en motorongelukke.<\/p>\n<p>In 2012 is berig \u2019n interne SAPD-oudit het gewys meer as 27\u2009000 polisielede uit nagenoeg 157\u2009000 wat toetse afgel\u00ea het om vuurwapens te hanteer, het gedruip. <\/p>\n<p>In die 2010-\u201911-boekjaar toe die rybewysvereiste vir nuwe rekrute geskrap is, was di\u00e9 eisuitbetalings nagenoeg R10\u2009miljoen. Di\u00e9 vereiste is intussen heringestel weens die groot eisuitbetalings agv motorongelukke. <\/p>\n<p>Die SAPD se jaarverslag vir die 2011-\u201912-boekjaar het gewys van die grootste eisuitbetalings (R12,7\u2009miljoen) was weens skietvoorvalle.<\/p>\n<p>Daar is vandag 1\u2009448 veroordeelde misdadigers wat in die polisiemag dien.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Belastingbetalers moes die afgelope ses jaar al meer as R860\u2009miljoen opdok vir siviele eise teen lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). As die skikkingsooreenkomste wat die SAPD sedert 2011 aangegaan het ook bygereken word, styg die bedrag tot meer as R1,04\u2009miljard. In 2009 is slegs sowat R80\u2009miljoen vir sulke eise uitbetaal, het Netwerk24 berig. Gareth &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33256\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eise teen SAPD kos belastingbetalers R860 miljoen&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18937,2300,11158,2851,5169,20961,18143,5250],"class_list":["post-33256","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eise","tag-korrupsie","tag-motorongelukke","tag-polisie","tag-sapd","tag-siviele-eise","tag-skietvoorvalle","tag-wanbestuur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33256","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33256"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33256\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33256"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33256"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33256"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}