{"id":33215,"date":"2015-07-29T09:33:17","date_gmt":"2015-07-29T07:33:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33215"},"modified":"2015-07-29T09:46:23","modified_gmt":"2015-07-29T07:46:23","slug":"t-t-cloete-is-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33215","title":{"rendered":"T.T. Cloete is dood"},"content":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse digter T.T. Cloete het vanoggend in die Mooimed-hospitaal op Potchefstroom gesterf. Hy was een van die bekendste moderne Afrikaanse digters wat veral in woordspel en kriptiese beeldspraak uitgemunt het. Theunis Theodorus Cloete is op Republiekdag, 31 Mei, in 1924 gebore en was dus 91 jaar oud ten tye van sy oorlye.<\/p>\n<p>Hoewel hy as dosent en liter\u00eare teoretikus aan die Universiteit van Potchefstroom aktief is, debuteer Cloete eers op die rype ouderdom van 56 met sy bundel Angelliera, waarvoor hy sowel die  Ingrid Jonker-prys as die WA Hofmeyr-prys vir Po\u00ebsie ontvang. In &#8216;n onderhoud met Die Burger op 12 Februarie 2011 het Cloete verklaar:<\/p>\n<p>\u201cEk kom uit \u2019n ras-egte boeregemeenskap. Maar my pa was as boer baie belese en het altyd vir ons ges\u00ea ons bly naby die engele.\u201d<\/p>\n<p>Cloete promoveer in 1953 onder &#8216;n ander groot, miskien die grootste, Afrikaanse digter N.P. van Wyk Louw in Amsterdam met die proefskrif: \u201cTrekkerswee en Joernaal van Jorik\u201d.<\/p>\n<p>Hy was 58 jaar lank getroud met Anna van Zyl, wat op 2 Mei 2007 aan nierkanker oorlede is. Gedurende die laaste vier jaar van Anna se lewe het hy haar self versorg. Volgens sy seun Theo, &#8220;het hy nooit haar bed verlaat nie. Hy het homself daar ingerig en langs haar bed gesit en werk.&#8221; In &#8216;n ander onderhoud in Die Burger in 2009 het Cloete oor sy vrou ges\u00ea:<\/p>\n<p>\u201cAnna was die nie-skrywende digter in my. Sy het my bewus gemaak van so baie dinge. Goed wat spontaan aanleiding gegee het tot gedigte. As jy die verhouding tussen Alice en Edward Elgar snap, het jy dalk iets van die verhouding tussen my en Anna.\u201d<\/p>\n<p>In J.C. Kannemeyer se <em>Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur<\/em> word Cloete redelik afgeskeep, waarskynlik omdat hy en Kannemeyer in 1980 in &#8216;n polemiek betrokke was oor die oorspronklikheid, aldan nie, van Kannemeyer se uitsprake oor Afrikaanse liter\u00eare werke. Nietemin, gegewe die groot aantal pryse wat Cloete vir sy \u0153uvre ontvang het, word hy as een van die groot Afrikaanse digters van die twintigste eeu erken.<\/p>\n<p>Volgens Heilna du Plooy het na Cloete se akademiese werk verwys en &#8220;hoedat hy geskool is in \u2019n wye humanit\u00eare insig in die geestesaktiwiteit van die mens\u201d. CLoete het ook vertalings van Frans na Afrikaans gedoen.<\/p>\n<p>Artikels oor T.T. Cloete:<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/T.T._Cloete\">Afrikaanse Wikipedia<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.litnet.co.za\/tt-cloete-1924\/\">TT Cloete (1924\u20132015), biografie deur Erika Terblanche<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse digter T.T. Cloete het vanoggend in die Mooimed-hospitaal op Potchefstroom gesterf. Hy was een van die bekendste moderne Afrikaanse digters wat veral in woordspel en kriptiese beeldspraak uitgemunt het. Theunis Theodorus Cloete is op Republiekdag, 31 Mei, in 1924 gebore en was dus 91 jaar oud ten tye van sy oorlye. Hoewel hy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33215\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;T.T. Cloete is dood&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33219,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,96,5,7],"tags":[20947,8430,11100,9752,20946],"class_list":["post-33215","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-c87-boeke","category-nuus","category-s27-vermaak","tag-anna-van-zyl","tag-n-p-van-wyk-louw","tag-poesie","tag-sterf","tag-t-t-cloete"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33215\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33219"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}