{"id":33200,"date":"2015-07-28T08:25:09","date_gmt":"2015-07-28T06:25:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33200"},"modified":"2015-07-28T08:25:09","modified_gmt":"2015-07-28T06:25:09","slug":"voorleggings-oor-grondonteiening-bevraagteken-grondwetlikheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33200","title":{"rendered":"Voorleggings oor grondonteiening bevraagteken grondwetlikheid"},"content":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma se beloofde onteieningswet wat in Februarie vanjaar in sy staatsrede aangekondig is, word beoog om die beginsel van \u201cgewillige koper, gewillige verkoper\u201d te laat vaar.<\/p>\n<p>Belanghebbendes sal van Dinsdag tot Donderdag voorleggings oor die omstrede onteieningswetsontwerp doen.<\/p>\n<p>\u201cOns is daartoe verbind dat die grond teruggegee sal word aan ons mense en die ANC doen \u2019n beroep op ons regering om die nodige wetgewing spoedig in te stel \u2013 vanjaar nog \u2013 om te verseker dat dit gebeur,\u201d het Zuma ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cOnteiening s\u00e1l ingevolge die Grondwet geskied en \u2019n wet s\u00e1l vanjaar aanvaar word.\u201d<\/p>\n<p>Dit strook egter nie met die redes wat in die wetsontwerp se memorandum genoem word nie.<\/p>\n<p>Die memorandum s\u00ea die wetsontwerp se doel is om die Wet op Onteiening van 1975 in pas met die Grondwet te bring om prosesse en prosedures vir onteiening deur staatsorgane beter te kan bestuur.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sal Dinsdagoggend &#8216;n voorlegging aan die komitee doen. Dr. Anthea Jeffery, beleidshoof, het die wetsontwerp vroe\u00ebr as ongrondwetlik en drakonies beskryf.<\/p>\n<p>Die regering het in 2008 en 2013 soortgelyke wetsontwerpe voorgestel, maar dit het misluk weens vrae oor die grondwetlikheid daarvan.<\/p>\n<p>Netwerk24 berig dat wetsontwerp onder meer die volgende insluit:<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Die minister van openbare werke het die \u201calgemene mag om te onteien\u201d ingevolge sy mandaat, wat die verskaffing en bestuur van akkommodasie, grond en infrastruktuur vir die behoeftes van die staat insluit;<\/p>\n<p>\u25a0\u2009As \u2019n eiendom vereis word vir onteiening, moet die staat \u2019n kennisgewing daaroor aan die eienaar bedien en dit in die Staatskoerant en twee ander plaaslike koerante publiseer;<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Die eienaar moet dan binne 30 dae skriftelik sy besware indien en aandui wat hy as \u201cregverdige en billike\u201d vergoeding aanvaar;<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Die staat kan binne 20 dae daarna besluit of hy dit aanvaar. As dit verwerp word, kan die staat sy eie bedrag voorstel; en<\/p>\n<p>\u25a0\u2009As geen ooreenkoms oor vergoeding binne 40 dae bereik kan word nie, moet die staat besluit of hy sal onteien, maar die eienaar daarvan inlig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma se beloofde onteieningswet wat in Februarie vanjaar in sy staatsrede aangekondig is, word beoog om die beginsel van \u201cgewillige koper, gewillige verkoper\u201d te laat vaar. Belanghebbendes sal van Dinsdag tot Donderdag voorleggings oor die omstrede onteieningswetsontwerp doen. \u201cOns is daartoe verbind dat die grond teruggegee sal word aan ons mense en die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33200\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Voorleggings oor grondonteiening bevraagteken grondwetlikheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19898,6987,5165,20932,8576],"class_list":["post-33200","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eiendom","tag-grondonteiening","tag-grondwet","tag-omstrede","tag-voedselsekerheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33200","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33200"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33200\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33200"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33200"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33200"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}