{"id":33177,"date":"2015-07-27T08:56:36","date_gmt":"2015-07-27T06:56:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33177"},"modified":"2015-07-27T09:16:18","modified_gmt":"2015-07-27T07:16:18","slug":"da-wil-russiese-kernooreenkoms-teenstaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33177","title":{"rendered":"DA wil Russiese kernooreenkoms teenstaan"},"content":{"rendered":"<p>Die Demokratiese Alliansie is van plan om die kernooreenkoms teen te staan. Die party het Sondag op &#8216;n nuuskonfrensie na die federale vergadering in Durban, onderneem om op hernubare energie te fokus. <\/p>\n<p>Die leier van die DA, Mmusi Maimane s\u00ea Suid-Afrika moet begin om in alternatiewe energie te bel\u00ea.<\/p>\n<p>Onafhanklike kragvoorsiening sal egter die noodsaaklikheid van die Russiese triljoenrand-kernkragooreenkoms knou. <\/p>\n<p>Kenners meen die Russiese kernooreenkoms is bloot gemik op ANC-kaderverryking op \u2019n skaal wat die wapenskandaal en Nkandla na kinderspeletjies sal laat lyk.<\/p>\n<p>Die departement van Energie weier steeds om te reageer oor vroe\u00ebre berigte dat president Jacob Zuma die beheer oorgeneem het van \u2018n kernooreenkoms van een-triljoen rand met Rusland.<\/p>\n<p>Die ooreenkoms is regstreeks met Rusland se president Vladimir Putin beding en die minister van Energie, Tina Joemat-Pettersson, het glo opdrag gekry van die president om dit te onderteken.<\/p>\n<p>Volgens die DA sal kompetisie vir Eskom die ANC se kaderverrykingskemas, wat afhanklik is van die yslike bouprojekte by Medupi- en Kusile-kragsentrales, in die wiele ry. <\/p>\n<p>Mededinging van alternatiewe kragvoorsieners sal die ANC se frontmaatskappy, Chancellor House, se beleggings namens Eskom ook ondermyn. <\/p>\n<p>Chancellor House kon reeds honderde miljoene van belastingbetalers se geld vir die ANC afskep deur sy aandeelhouding in Hitachi, kontrakhouer vir die vervaardiging van stoomketels vir die mega-kragopwekkers.<\/p>\n<p>President Zuma het op 12 Februarie in sy staatsrede \u2019n 9-punt-plan aangekondig tot 2019, wanneer sy tweede termyn eindig, wat as handleiding vir sy administrasie sal dien wat onder meer sy verbintenis tot die Russiese kernkontrak insluit.<\/p>\n<p>Eskom se monopolie sal behou word weens die Wysigingswetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumbronne wat ter tafel gel\u00ea is. <\/p>\n<p>Di\u00e9 wetsontwerp sal gas-eksplorasiepogings smoor en sodoende die noodsaak vir sluiting van die Russiese kernooreenkoms versterk. <\/p>\n<p>Volgens die DA is die uitstaande kenmerk van 9-punt-plan die groot aantal beslissende take wat aan \u201cmaatskappye in staatsbesit\u201d toegeken sal word. <\/p>\n<p>Onder die dekmantel van \u2019n \u201contwikkelingstaat\u201d en &#8220;energiebehoeftes&#8221; word geleenthede vir kaderverryking dus vermenigvuldig.<\/p>\n<p>Die leier van die EFF, Julius Malema het die ANC intussen skerp aangeval.<\/p>\n<p>Hy het duisende EFF-ondersteuners gister toegespreek tydens die party se tweede bestaansjaarvieringe by &#8216;n saamtrek in Rustenburg.<\/p>\n<p>Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het ook onder skoot gekom. Malema het voorts beweer dat die Eskom-krisis, wat tot gereelde beurtkrag lei, opsetlik veroorsaak word.<\/p>\n<p>Malema het beurtkrag as een van die ANC-regering se mislukkings beskryf.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Demokratiese Alliansie is van plan om die kernooreenkoms teen te staan. Die party het Sondag op &#8216;n nuuskonfrensie na die federale vergadering in Durban, onderneem om op hernubare energie te fokus. Die leier van die DA, Mmusi Maimane s\u00ea Suid-Afrika moet begin om in alternatiewe energie te bel\u00ea. Onafhanklike kragvoorsiening sal egter die noodsaaklikheid &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33177\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DA wil Russiese kernooreenkoms teenstaan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[9824,4827,20924,6723,10580,14135,20923,2078,8670],"class_list":["post-33177","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-chancellor-house","tag-eskom","tag-hernubate-energie","tag-jacob-zuma","tag-kernkrag","tag-kernooreenkoms","tag-onafhanklike-kragvoorsieners","tag-rusland","tag-uraan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33177","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33177"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33177\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33177"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33177"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33177"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}