{"id":33171,"date":"2015-07-25T18:45:01","date_gmt":"2015-07-25T16:45:01","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33171"},"modified":"2015-07-25T18:49:30","modified_gmt":"2015-07-25T16:49:30","slug":"j-s-van-der-merwe-demokrasie-nie-al-opsie-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33171","title":{"rendered":"J.S. van der Merwe: Demokrasie nie al opsie nie"},"content":{"rendered":"<p>So &#8216;n wyle terug publiseer Front Nasionaal \u2018n artikel oor leierskap en die belang van demokrasie. As ek reg verstaan is die artikel losweg in reaksie op die gerug dat Steve Hofmeyer as tradisionele leier erkenning wil kry en sodoende aanspraak maak op seker voorregte wat hierdie leiers in ons land geniet.<\/p>\n<p>Die skrywer van die artikel gaan vat die laaste paar eeue se leiers en hoe hulle verkies is en van daardie basis word die idee van demokraties verkose leiers ondersteun, veral ten opsigte van ons kulturele groepering. Om te dink dat demokraties verkose leiers die alfa en omega is is egter oordrewe en daarom moet mens verder gaan kyk om te verstaan waar leiers vandaan kom.<\/p>\n<p>Demokrasie is op sy beste \u2018n \u201cgemiddelde politieke ideologie\u201d. In die eerste plek kan dit slegs werk in \u2018n homgene groep. Die oomblik, soos in Suid Afrika, waar meer as een groep betrokke is, is dit \u2018n nommer-spel oor wie het die meeste siele en die minderhede kan eenvoudig nie dieselfde regte kry as die meerderheid nie. Tweedens, sou mens kyk na die homogene groep se IK op \u2018n skaal, kan mens duidelik die Bell grafiek waarneem. Met ander woorde dit is die gemiddelde massa wat bepaal wie die leier is en daarom, kyk mens na Amerika se verkiesings, word dit \u2018n populistiese geveg om die harte van die massas te wen\u2026<\/p>\n<p>Geld en publisiteit speel net so belangrike rol in demokrasie. Ongeag hoe sterk \u2018n leier is, as niemand van hom of haar weet nie, gaan hulle nie vir so leier stem nie. Sou ons vandag \u2018n verkiesing onder die Afrikaners hou behoort die leiers van Front Nasionaal \u2018n paar stemme te kry, ander leiers van kleiner groepe sal dalk steun kry, maar ek is oortuig dat Steve lag-lag sal wen (as die liberale groep nie stem nie, want dan is Max dalk president!)<\/p>\n<p>Mens moet nog verder kyk as bloot die tekorte van Demokrasie as politieke stelsel. Die karakter van ware leiers is baie keer in kontras met populisme en daarom word baie ware leiers ontmoedig om deel te neem aan die proses. Die ware leier se opinie is dalk die beter opinie, maar nie noodwendig die gewilde een nie. As een leier kool en die ander roomys aanbied, wie dink jy gaan wen? Dit is eers na die tyd as ons tandpyn en maagpyn het dat ons vrae vra. Baie ware leiers het ook nie die sprankelende persoonlikheid om op \u2018n verhoog te staan en met die massas te kommunikeer nie. Gaan kyk ons na die groot leiers in die Anglo-Boere oorlog was van hulle maar bot, hardegat manne, maar hulle het gedoen wat niemand anders kon nie.<\/p>\n<p>Die probleem is dat demokrasie so gewild is dat dit vir meeste mense ondenkbaar is dat daar ander opsies is. In kontras hiermee, in die besigheidswereld, word daar nie na gewilde leiers gesoek nie, maar na mense wat hulle bevoegdheid bewys het om die taak te verrig. So wanneer dit by ons geld kom, soek ons die persoon met die meeste vaardigheid, maar wanneer dit kom by ons oorlewing soek ons iemand wat mooi toesprake kan lewer\u2026<\/p>\n<p>\u2018n Ander belangrike faktor is die kiesers. \u2018n Groep mense het die Volksraad so paar jaar terug verkies om namens hulle ons saak te verteenwoordig. Die vraag is egter as \u2018n groter deel van die volk betrokke was, sou daar nie ander leiers ook genomineer word en \u2018n ander uitlsag verkry word nie? Dieselfde geld vir \u2018n party soos Front Nasionaal- As daar nou ewe skielik \u2018n ekstra 20 000 mense lede word, sal daar heel moontlik verandering in die bestuurskorps wees. Hiermee doen mens glad nie afbreek aan die leiers wat hulle tyd en geld opoffer om ons saak na te jaag nie. Ons sit tans in \u2018n patetiese situasie met ongelooflike onbetrokkenheid van die mense wat ons as die volk beskou. Die kiesers is dus verdeeld en verward en dit maak dit selfs nog moeiliker om demokrasie as beleid te aanvaar.<\/p>\n<p>Wat is dan die alternatief?<\/p>\n<p>Voor mense nou begin weghardloop om kommunisme en diktatorskap voor te hou as kritiek op die skrywe, stel ek voor dat ons waaragtig nuut moet begin dink. Ons moet nuut begin dink oor wat ons huidige situasie is, wat het ons tot ons beskikking, wat is die groot uitdagings en waar wil ons heengaan? Ons het fyngevoelige wesens geword wat nie kritiek kan hanteer nie, wat nie verder wil dink nie, wat gryp na die boere-planne van die ou mense om ons situasie te verbeter.<\/p>\n<p>Ek wil nie met die skrywe \u2018n stempel afdruk ten opsigte van wat so model moet wees nie, maar daar is baie opsies en dit is dalk \u2018n goeie ding as dit openbare debat word. \u2018n Groep mense wat hulle beywer om \u2018n profiel op te stel van wat ons nodig het in \u2018n leier, waar hierdie leier(s) ons moet heenvat en hoe ons daar gaan kom. Dalk moet mens kyk daarna om dit te beskou as \u2018n tipe werks-onderhoud waar ons \u2018n paneel aanstel om die bevoegdheid, waardes en deursettingsvermoe van so leier of leierskorps te ondersoek om vir ons die beste man of vrou vir die pos te gaan soek. Die ander opsie is \u2018n verteenwoordigende raad van leiers soos wat in die verlede probeer is. Die punt is dat ons, ons nie moet blind staar teen demokrasie nie. Dit is as gevolg van demokrasie wat ons in die moeilikheid is. Die konserwatiewe Afrikaner is oor die laaste eeue al meer as een keer op die bek geslaan met demokrasie en populistiese linkse leiers wat ons volk tenagekom het.<\/p>\n<p>Sou dit waar wees dat Steve as tradisionele leier erkenning wil geniet, kom ons ondersteun hom. Neem in ag dat dit nie net volke is nie, maar stamme binne volke wie se leiers erkenning geniet. As Steve die deur kan oopmaak vir Afrikaner-tradisionele leiers om befondsing te geniet, kan ons al meer leiers op die manier finansier. Dan kan \u2018n groep soos Front Nasionaal dalk ook die voordele geniet en sodoende hulle werk beter doen. Al die groepe sukkel om voldoende fondse in die hande te kry om ons saak te bevorder- enige aksie om meer fondse te kry kan mos net vrugte afwerp.<\/p>\n<p>As ons terugkyk na ons eie geskiedenis was daar bitter min goeie leiers op demokratiese wyse verkies. Ons sterkste leiers was manne wat in tye van nood vorentoe getree het en die las op hulle skouers geneem het om waarlik te lei, met of sonder die steun van die massa. Dit is manne wat op beginsel gestaan het en daardie karakter het van hulle leiers gemaak. Ons volk het al meer seergekry by \u2018n stembus as wat ons vreugde gekry het daarvan. Ek sal selfs sover gaan om eerder \u2018n \u201cgoeie\u201d diktator te ondersteun wat sy mense dien (In die Bybel word hulle konings genoem) as \u2018n populistiese, gemiddelde demokraties verkose leier. Die oomblik as die volk vir die man op sy naam begin vra gaan julle weet hier is \u2018n groot man wat verbygaan\u2026<\/p>\n<p>Ek vermoed egter ons gaan in die nabye toekoms \u2018n krisis ervaar soos ons volk nog nooit beleef het nie. Ek vermoed in daardie tyd gaan baie mense wat die artikel lees voor die vraag te staan kom of hulle gaan lei of gaan volg. Dit gaan \u2018n smeltkroes wees en ware leiers sal vorentoe tree en soos De Wet en De la Rey sal hulle name ook deel word van ons geskiedenis. As my vermoede reg is, kan ek u belowe ons volgende groot leiers gaan nie demokraties verkies word nie, maar as gevolg van hulle karakter. Dalk is jy wat hier lees een van daardie leiers. Net tyd sal leer en daaroor hoef ons nie te stem nie\u2026<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>So &#8216;n wyle terug publiseer Front Nasionaal \u2018n artikel oor leierskap en die belang van demokrasie. As ek reg verstaan is die artikel losweg in reaksie op die gerug dat Steve Hofmeyer as tradisionele leier erkenning wil kry en sodoende aanspraak maak op seker voorregte wat hierdie leiers in ons land geniet. Die skrywer van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33171\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;J.S. van der Merwe: Demokrasie nie al opsie nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":22,"featured_media":33174,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[20919,10],"tags":[],"class_list":["post-33171","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-j-s-van-der-merwe","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33171","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/22"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33171"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33171\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33174"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33171"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33171"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33171"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}