{"id":33161,"date":"2015-07-24T13:50:48","date_gmt":"2015-07-24T11:50:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33161"},"modified":"2015-08-01T12:41:10","modified_gmt":"2015-08-01T10:41:10","slug":"post-moderne-musiekkonsert-en-voorlesing-op-31-julie-2015","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33161","title":{"rendered":"Post-\/moderne musiekkonsert en voorlesing op 31 Julie 2015"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Kombinasie van eietydse musiek en &#8216;n boekvoorlesing word op 31 Julie 2015 om 18:30 by Ho\u00ebrskool Randburg se musieksentrum aangebied deur Benjamin Fourie (pianis) en Dan Roodt (skrywer en voorleser). Klavierwerke van Ilse-Mari Lee, \u00c9tienne van Rensburg en Peter Klatzow verskyn op die program, asook &#8216;n voorlesing in Afrikaans uit &#8216;n Franse roman deur die w\u00eareldberoemde Belgiese skrywer Jean-Philippe Toussaint.<\/p>\n<p>&#8220;Dis &#8216;n Afrikaanse kultuuraand in &#8216;n meer moderne of postmoderne gedaante,&#8221; s\u00ea dr. Dan Roodt. &#8220;Deur eietydse klaviermusiek met eietydse letterkunde in Afrikaans op dieselfde program te kombineer, stel ons die toeheerder bekend aan &#8216;n hele nuwe w\u00eareld wat geruimte tyd reeds in Afrikaans bestaan, maar nie so dikwels gehoor word nie.&#8221;<\/p>\n<p>Plek: Ho\u00ebrskool Randburg-musieksentrum, h\/v Malibongwe en Rabie.<br \/>\nTyd: 18:30<br \/>\nToegangsfooi: R130 vir volwassenes, R70 vir skoliere, studente en pensioenarisse. Kaartjies by die deur of per kredietkaart of bankoordrag op www.praag.co.za.<\/p>\n<p><strong>1 Variasies op Ver in die w\u00eareld Kittie Ilse-Mari Lee (*1962)<\/strong><br \/>\nIlse-Mari Lee is dekaan van die honneursprogram van die Staatsuniversiteit van Montana in Bozeman, VSA. Haar stel Variasies is in 2003 gekomponeer n\u00e1 die dood van haar moeder Barbara van Wyk, wat \u2018n bekende Unisa eksaminatrise en klavierdosent was, asook die geboorte van haar dogter Elizabeth in 2002. Soos in \u2018n klavierles word die luisteraar bekendgestel met die style van verskillende komponiste, en ook die ontwikkeling van kunsmusiek oor 300 jaar. Hulde word aan verskeie komponiste gebring, naamlik Bach, Mozart, Beethoven, Brahms, Chopin, Liszt, Joplin, Khatchaturian en Rachmaninoff.<\/p>\n<p><strong>2 Se una notte d\u2019inverno W46\/99 \u00c9tienne van Rensburg (*1963)<\/strong><br \/>\nSou op \u2018n wintersnag<br \/>\n\u2018n Reisiger<br \/>\nOp reis gaan<br \/>\n\u00c9tienne van Rensburg was Uitvoerende Voorsitter van Obelisk, \u2018n musiekvereniging wat gedurende die 1990s uitvoerings van musiek van Suid-Afrikaanse komponiste in hoofsaaklik Pretoria aangebied het. Bovermelde klavierwerk is geinspireer deur die gelyknamige post-moderne novelle van Italo Calvino, Se una notte d\u2019inverno un viaggiatore, en die naasliggende gedig van Benjamin Fourie. Vyf tematiese episodes word in die eerste deel bekedgestel, waar die linkerhand dikwels \u2018n ander tema en melodiese lyn as die regterhand het, en dit word verder in die tweede deel ontwikkel. Kenmerkend hier is ook \u2018n gedeelte gesentreer op \u2018n F in die linkerhand &#8211; bepeinsend van aard &#8211; en \u2018n kosmiese storm teen die einde. Die derde deel is dromerig met afwisselende optimistiese seksies. Die einde is elegies, soos die begin.<\/p>\n<p><strong>3 Praatjie oor post-modernisme en voorlesings uit Moltrein en Die badkamer, ongepubliseerde vertaling uit Frans, deur Dr Dan Roodt.<\/strong><\/p>\n<p><strong>4 Suite vir Klavier: Uit Ons Digkuns Peter Klatzow (*1945)<\/strong><br \/>\nGebed om die gebeente (DJ Opperman)<br \/>\nDae voor winter (Phil du Plessis)<br \/>\nThe Watermaid\u2019s Cave (RM Bruce)<br \/>\nImpundulu (AG Visser)<\/p>\n<p>Peter Klatzow is professor emeritus aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy lank Hoof van die Musiekdepartement was. In hierdie omvangryke stel stukke van 1992 word die land, met verskeie aspekte van die geskiedenis asook elemente ge\u00efnspireer deur die natuur, in surre\u00eble styl weergegee. Dit is aan Anton Nel opgedra.<\/p>\n<p>Gebed om die gebeente handel oor Gideon Scheepers, seiner gedurende die Anglo-Boereoorlog wat die Kaapkolonie binnegeval het in reaksie op die Verskroeide Aarde en Kosentrasiekamp Beleid en sy teregstelling in Graaff-Reinet, Karoo, Dae voor winter is sewe miniatuur Paasbepeinsings by die see in Kalkbaai, The Watermaid\u2019s Cave is \u2018n oerwoudlegende en vertel van \u2018n jagter se verdwyning by \u2018n magiese watergrot, en Impundulu verklank die respek vir \u2018n vreesanjaende Hoeveldse donderstorm en die gevreesde blitsvo\u00ebl wat alles met een slag kan verpletter.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-33162\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Plakkaat3.jpg\" alt=\"Plakkaat3\" width=\"530\" height=\"750\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Plakkaat3.jpg 3508w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Plakkaat3-212x300.jpg 212w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Plakkaat3-724x1024.jpg 724w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Plakkaat3-105x148.jpg 105w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Plakkaat3-22x31.jpg 22w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Plakkaat3-27x38.jpg 27w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/07\/Plakkaat3-152x215.jpg 152w\" sizes=\"auto, (max-width: 530px) 85vw, 530px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Kombinasie van eietydse musiek en &#8216;n boekvoorlesing word op 31 Julie 2015 om 18:30 by Ho\u00ebrskool Randburg se musieksentrum aangebied deur Benjamin Fourie (pianis) en Dan Roodt (skrywer en voorleser). Klavierwerke van Ilse-Mari Lee, \u00c9tienne van Rensburg en Peter Klatzow verskyn op die program, asook &#8216;n voorlesing in Afrikaans uit &#8216;n Franse roman deur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33161\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Post-\/moderne musiekkonsert en voorlesing op 31 Julie 2015&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":33164,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96,100,7],"tags":[],"class_list":["post-33161","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c87-boeke","category-c91-musiek","category-s27-vermaak"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33161","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33161"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33161\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33164"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33161"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33161"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33161"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}