{"id":3315,"date":"2008-10-31T02:33:37","date_gmt":"2008-10-31T02:33:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3315"},"modified":"2008-10-31T02:33:37","modified_gmt":"2008-10-31T02:33:37","slug":"geen-einde-aan-rassevoorkeure-zuma","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3315","title":{"rendered":"&#8216;Geen einde aan rassevoorkeure&#8217; &#8211; Zuma"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span>Hy het syfers van die werksgelykheidskommissie aangehaal, waarvolgens blankes oorheers met 65,2%, met swartes op 18,1%.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Op senior bestuursvlak was swartes in 40,6% en blankes in 55,2% van die poste gedurende dieselfde tydperk.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Ons is ver daarvandaan om &#39;n einde te maak aan regstellende aksie. Ons weet dat regstellende aksie belangrik is vir swart professionele mense en vir die land se ekonomie. Geen ekonomie kan op die lang termyn sukses behaal indien die meerderheidsgroep uitgesluit is van die bestuur nie,&quot; het hy ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Met verwysing na grondhervorming, het Zuma ges&ecirc; dat die ANC-regering beplan om die proses te versnel in &#39;n poging om te verseker dat 30% van die grond teen 2014 in besit van die armer landelike gemeenskappe is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Zuma het ges&ecirc; dat klagtes dat die proses te lank neem wel geldig is, maar hy het ook gewaarsku dat mense nie grond wat hulle kry onproduktief moet laat l&ecirc; nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&#39;m Program was nodig om te verseker dat die mense wat die grond oorneem, weet hoe om dit produktief te bedryf.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Met verwysing na die stigting van &#39;n nuwe party, het Zuma gevra of dit suksesvol kan wees, gegewe die kort tydperk wat oor is voor die verkiesing. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Ek glo nie dit kan, wanneer die verkiesing aanbreek, &#39;n mag wees om mee rekening te hou nie,&quot; het hy ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Mens kan nie &#39;n party begin in minder as &#39;n jaar nie. Mens kan &#39;n party begin uit woede, maar woede gaan nie die party &#39;n sterk mag maak nie,&quot; het hy bygevoeg.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Hy is van mening dat die mense nie vir ontevrede lede gaan stem nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Ons differensieer tussen lede wat griewe het en dit saam met ons wil uitwerk, en die ander lede wat kwaad is vir ons omdat hulle hul gesagsposisies verloor het by die Pietersburg- en provinsiale kongresse. Ons kan nie help daarmee nie. Mense wat kwaad is, is gewoonlik moeilik om mee te werk,&quot; het hy voortgegaan. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Hy het ges&ecirc; dat hoewel mense die reg het om &#39;n party te stig, die ANC nie kan bekostig om van binne af gedestabiliseer te word nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Die toets vir lojaliteit en begrip van ANC-lidmaatskap is daar wanneer mens probleme in die gesig staar. Sommige van ons kon lankal ons goed gepak het en konvensies gere&euml;l het. Die party kyk na die opkomende verkiesing sonder vrees, en sake gaan hul normale gang.&quot;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Daar is geen krisis nie, en niemand raak paniekerig nie. Ons programme gaan aan soos altyd,&quot; het Zuma ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online casinos<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p><span><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/zuma_jacob3.jpg\" width=\"176\" height=\"238\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Jacob Zuma<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>08:33:17 Solank as wat blanke mans aanhou om die boonste bestuursvlakke te oorheers, sal daar geen einde aan regstellende aksie wees nie, het Jacob Zuma Donderdagaand aan die Swart bestuursforum ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[3160,21089,21108],"class_list":["post-3315","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-geen-einde-aan-rassevoorkeure-zuma","tag-nuus","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3315","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3315"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3315\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3315"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3315"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3315"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}