{"id":33145,"date":"2015-07-24T08:22:13","date_gmt":"2015-07-24T06:22:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33145"},"modified":"2015-07-24T08:22:13","modified_gmt":"2015-07-24T06:22:13","slug":"soos-n-hond-doodgeskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33145","title":{"rendered":"&#8216;Soos &#8216;n hond doodgeskiet&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Bekende inwoner van Grootfontein, mnr. Peter (Piet) Jakob (52), is Dinsdagaand op sy ma se kleinhoewe buite die dorp doodgeskiet.<\/p>\n<p>&#8220;Hy is soos \u2019n hond doodgeskiet,&#8221; het \u2019n bekende sakeman van di\u00e9 Noordedorp, mnr. Seeff Oosthuizen, ges\u00ea. Hy was een van die eerste mense op die toneel.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het omstreeks 17:24 \u2019n oproep van Brian Scott van Bank Windhoek oor die voorval gekry en ons het altwee na die plot gejaag en gelyktydig daar aangekom. Daar het \u2019n bloedkol by die hek in die veiligheidsheining gel\u00ea, so dit lyk of Piet daar geskiet is,&#8221; het Oosthuizen gister aan Republikein vertel.<\/p>\n<p>&#8220;Die hek was oop en ons het ingestap en vir Piet op die grasperk voor die huis, sowat 15 tre\u00eb van die heining, gekry. Hy het op sy maag gel\u00ea. Daar was \u2019n skietwond in sy agterkop en een aan sy regterblad.&#8221;<\/p>\n<p>Oosthuizen s\u00ea Jakob se polsslag was toe al reeds baie swak en hy het vir Scott gevra om by hom te bly.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het in die huis ingegaan na Piet se ma toe. Sy het ges\u00ea Piet was met die werkers in dorp toe en toe sy bakkie buite stop, het sy skote gehoor en die honde hoor tjank,&#8221; vertel Oosthuizen.<\/p>\n<p>&#8220;Sy het tydens die skietery die huis gesluit en met haar sekuriteitsflits wat \u2019n alarm het, groot lawaai gemaak. Sy het ges\u00ea sy het vier jong, onbekende mans by die hek sien uithardloop.&#8221;<\/p>\n<p>Oosthuizen het met die swaargewonde Jakob hospitaal toe gejaag, maar hy was met sy aankoms dood verklaar.<\/p>\n<p>Volgens Oosthuizen was daar goeie samewerking van die buurtwag en boere en selfs spoorsnyers is ingespan.<\/p>\n<p>&#8220;Jaco van Dyk se helikopter is laat kom, maar dit was te laat, want die donker het ons gevang,&#8221; het Oosthuizen ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea teen gister was een van die swart verdagtes by die weermagkamp vasgetrek.<\/p>\n<p>Die woordvoerder van die polisie van die Otjozondjupastreek, adj.off. Maureen Mbeha, het gister die voorval bevestig en ges\u00ea dat die polisieondersoek steeds voortduur.<\/p>\n<p>&#8220;Ek kan bevestig dat een van die verdagtes ondervra word en die polisie werk baie hard om die ander verdagtes aan te keer,&#8221; het Mbeha gister aan Republikein ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Een van die groot honde is doodgeskiet. Dit is ook nog nie vasgestel of enigiets gesteel is nie,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Jakobse het voorheen B\u00e4ckerei Jakob op Grootfontein besit waarvan Peter se pa, mnr. Fritz Jakob, die eienaar was. Sy pa het verlede jaar gesterf. Peter het by sy bejaarde ma, me. Gisela Jakob, op die plot naby die koeldrankfabriek op die pad na Rundu gebly.<\/p>\n<p>Jakob was \u2019n verkoopsverteenwoordiger, maar volgens Oosthuizen wou hy in Februarie volgende jaar bedank om voltyds by sy ma op die plot te gaan bly om na haar om te sien.<\/p>\n<p>Volgens sy niggie, me. Hildegard Brenner, het sy die skoknuus Dinsdag omstreeks 19:00 gekry. Sy het weer ges\u00ea twee van die groot honde is ook saam met Jakob doodgeskiet. Een van Jakob se broers, mnr. G\u00fcnther Jakob, ook \u2019n bakker, is van Duitsland op pad.<\/p>\n<p>Jakob was ongetroud en het geen kinders gehad nie. Hy word deur sy ma, drie broers en \u2019n suster oorleef.<\/p>\n<p>Hy word deur Grootfonteiners as baie sagmoedig en vriendelik beskryf. &#8220;Hy was iemand wat niemand leed sou aandoen nie.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Bekende inwoner van Grootfontein, mnr. Peter (Piet) Jakob (52), is Dinsdagaand op sy ma se kleinhoewe buite die dorp doodgeskiet. &#8220;Hy is soos \u2019n hond doodgeskiet,&#8221; het \u2019n bekende sakeman van di\u00e9 Noordedorp, mnr. Seeff Oosthuizen, ges\u00ea. Hy was een van die eerste mense op die toneel. &#8220;Ek het omstreeks 17:24 \u2019n oproep van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33145\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Soos &#8216;n hond doodgeskiet&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5227,218,5170,6831,7298,20913],"class_list":["post-33145","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-duitsland","tag-misdaad","tag-moord","tag-namibie","tag-plaasaanval","tag-weermagkamp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33145","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33145"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33145\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33145"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33145"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33145"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}