{"id":33130,"date":"2015-07-23T09:16:15","date_gmt":"2015-07-23T07:16:15","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33130"},"modified":"2015-07-23T09:16:15","modified_gmt":"2015-07-23T07:16:15","slug":"turkye-verskerp-veiligheid-na-isis-aanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33130","title":{"rendered":"Turkye verskerp veiligheid na ISIS-aanval"},"content":{"rendered":"<p>Turkye het Woensdag veiligheidsmaatre\u00ebls op die grens met Siri\u00eb verskerp nadat \u2019n selfmoordbomaanval, waarvoor ekstremiste van die Islamitiese Staat (ISIS) groep die skuld kry, die lewe van 31 mense ge\u00ebis het en die vrees laat ontstaan het dat die Siriese konflik oor die grens na Turkye kan versprei.<\/p>\n<p>Maandag se aanval in die dorp Suruc was een van die dodelikste aanvalle in Turkye in etlike jare en die eerste keer dat die regering IS regstreeks van \u2019n aanval op Turkse grondgebied be\u00adskuldig het.<\/p>\n<p>Pro-Koerdiese aktiviste wat by \u2019n Turkse kultuursentrum met voorbereidings besig was vir \u2019n humanit\u00eare sending na die dorp Kubane in Siri\u00eb, se verminkte lyke het n\u00e1 die aanval op die toneel gel\u00ea. Altesaam 31 van die nagenoeg 300 sosialistiese jeugaktiviste wat in die sentrum was, is dood en ongeveer 100 beseer.<\/p>\n<p>Honderde pro-Koerdiese aktiviste het Maandagnag in Turkse stede teen die aanval en die regering se beleid jeens Siri\u00eb betoog en in Istanboel het die polisie waterkanonne op betogers gerig om hulle uiteen te jaag.<\/p>\n<p>Dosyne mense is in Oktober verlede jaar in landwye betogings dood toe betoog is teen die regering se vermeende gebrek aan steun vir Koerde wat teen die djihadiste van ISIS veg.<\/p>\n<p>Die weste beskuldig Turkye daarvan dat nie genoeg gedoen word om die opkoms van IS te stuit nie en dat selfs met die groep saamgewerk word, beskuldigings wat ten sterkste deur Turkye ontken word.<\/p>\n<p>In die afgelope weke het Ankara strenger teen die groep begin optree en dosyne vermeende ISIS-lede in Istanboel en ander stede aangekeer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Turkye het Woensdag veiligheidsmaatre\u00ebls op die grens met Siri\u00eb verskerp nadat \u2019n selfmoordbomaanval, waarvoor ekstremiste van die Islamitiese Staat (ISIS) groep die skuld kry, die lewe van 31 mense ge\u00ebis het en die vrees laat ontstaan het dat die Siriese konflik oor die grens na Turkye kan versprei. Maandag se aanval in die dorp Suruc &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33130\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Turkye verskerp veiligheid na ISIS-aanval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[20908,17039,5361,6980,5358,8793],"class_list":["post-33130","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-ankara","tag-isis","tag-islam","tag-istanboel","tag-moslems","tag-turkye"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33130","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33130"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33130\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33130"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33130"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33130"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}