{"id":33123,"date":"2015-07-23T08:58:20","date_gmt":"2015-07-23T06:58:20","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33123"},"modified":"2015-07-23T08:58:32","modified_gmt":"2015-07-23T06:58:32","slug":"sa-reg-vir-nuwe-kernbouprogram","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33123","title":{"rendered":"SA reg vir nuwe kernbouprogram s\u00ea Necsa"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika sal sy kernbouprogram, wat groot kapitaalbeleggings in kernkragsentrales beteken, met behulp van sy bestaande vermo\u00ebns uitbrei.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), s\u00ea hulle is gereed om die nuwe kernbouprogram vir Suid-Afrika te steun.<\/p>\n<p>Die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Energie belas met kernkrag, Zizamele Mbambo, het dit bevestig tydens &#8216;n besoek saam met die portefeuljekomitee rakende energie wat die Suid-Afrikaanse Kernkorporasie naby Atteridgeville in Pretoria besoek het. <\/p>\n<p>Die komitee wil die gereedheid van die korporasie vasstel voor die inwerkingstelling van die kernbouprogram. <\/p>\n<p>Die bodproses vir die transaksie, wat honderde miljarde rand kan beloop, sal die maand nog begin. <\/p>\n<p>Mbambo s\u00ea die regering se kernkragplanne word vervat in die kernenergiebeleid van 2008 waarvolgens die land beoog om selfonderhoudend ten opsigte van kernkrag te wees.<\/p>\n<p>Necsa het ges\u00ea dat die nuwe kernbouprogram sal nie alleen bydra tot energiesekuriteit nie, maar ook ekonomiese groei, die ontwikkeling van infrastruktuur, asook die ontwikkeling van vaardighede en werkskepping.<\/p>\n<p>&#8220;Die belangrikste is, en in lyn met die huidige w\u00eareldwye konsensus, dat kernkrag sal bydra tot die vermindering van Suid-Afrika se koolstofvoetspoor. Kernkrag is die sleutel in die stryd teen klimaatverandering.&#8221;<\/p>\n<p>Rusland se regering s\u00ea hulle is gereed om Suid-Afrika se nuwe kernkragsentrales te help finansier &#8211; wat na raming soveel as $100 miljard kan kos &#8211; indien die staatsbeheerde Rosatom die konstruksietender kry.<\/p>\n<p>Rosatom het reeds verskeie befondsingsmodelle voorgestel, het Viktor Polikarpof, die streeksvisepresident vir Suidelike Afrika, vroe\u00ebr ges\u00ea in &#8216;n onderhoud in Kaapstad. Een voorstel is &#8216;n Russiese lening.<\/p>\n<p>Die lening sal oor 20 jaar afbetaal kan word en Suid-Afrika sal eers begin terugbetaal wanneer die eerste aanleg in bedryf is, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Die rentekoers wat die [Russiese] regering bied, is nie baie hoog nie, en dit is regtig winsgewend,&#8221; het Polikarpof ges\u00ea. &#8220;Mens sal nie hierdie rentekoers op enige ander plek, by enige ander bank kry nie.&#8221;<\/p>\n<p>Suid-Afrika beplan om 9600 megawatt se kernkrag te voeg by die nasionale netwerk en wil die eerste reaktors teen 2023 in werking stel, &#8216;n teiken wat Polikarpof s\u00ea haalbaar is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika sal sy kernbouprogram, wat groot kapitaalbeleggings in kernkragsentrales beteken, met behulp van sy bestaande vermo\u00ebns uitbrei. Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), s\u00ea hulle is gereed om die nuwe kernbouprogram vir Suid-Afrika te steun. Die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Energie belas met kernkrag, Zizamele Mbambo, het dit bevestig tydens &#8216;n besoek saam met die portefeuljekomitee &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33123\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SA reg vir nuwe kernbouprogram s\u00ea Necsa&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5311,5122,10580,20905,20907,18092,2078,20906],"class_list":["post-33123","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-china","tag-energie","tag-kernkrag","tag-lening","tag-necsa","tag-rosatom","tag-rusland","tag-suid-afrikaanse-kernenergiekorporasie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33123","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33123"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33123\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33123"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33123"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33123"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}