{"id":33089,"date":"2015-07-21T09:14:21","date_gmt":"2015-07-21T07:14:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33089"},"modified":"2015-07-21T09:14:21","modified_gmt":"2015-07-21T07:14:21","slug":"grieke-betaal-imf-skuld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33089","title":{"rendered":"Grieke betaal IMF-skuld"},"content":{"rendered":"<p>Die president van die Europese Sentrale Bank (ESB), Mario Draghi, meen Griekeland kan wel die \u20ac3,5 miljard terugbetaal wat hy die bank skuld.<\/p>\n<p>Die ESB het vroe\u00ebr meer geld vir Griekse banke beskikbaar gestel om te keer dat hulle ondergaan.<\/p>\n<p>Die Griekse banke het Maandag weer hul deure geopen nadat hulle hul deure vir drie weke moes sluit. Die land se effektebeurs bly egter steeds gesluit.<\/p>\n<p>Volgens nuusagentskappe word lang toue by banke ondervind waar slegs 420 Euros weekliks gestrek kan word.<\/p>\n<p>Griekeland het intussen \u20ac4,2 miljard aan die Europese Sentrale Bank terugbetaal nadat hy tydelike finansiering gekry het, terwyl &#8216;n groter reddingsboei onderhandel word. <\/p>\n<p>Sonder die betaling sou die Sentrale Bank nie meer Griekse banke met kontantvloei kon bystaan nie. Griekeland het ook sowat \u20ac2 miljard aan die Internasionale Monet\u00eare Fonds terug betaal. <\/p>\n<p>Griekeland het aan die einde van verlede week finansiering van \u20ac7 miljard ontvang om sy dringendste skuld te betaal.<\/p>\n<p>Verskeie besuinigingsmaatre\u00ebls het in Griekeland in werking getree. Belasting op Toegevoegde Waarde, BTW, op voedsel en vervoerdienste is ook van 13 na 23 persent verhoog.   <\/p>\n<p>Die besuinigingsmaatre\u00ebls is goedgekeur as deel van &#8216;n ooreenkoms met die land se krediteure. <\/p>\n<p>Die oorbruggingslening van \u20ac7 miljard verseker onder meer dat Griekeland sy skuld sal kan betaal tot tyd en wyl die derde hulppakket onderteken is.<\/p>\n<p>Di\u00e9 hulppakket van tot \u20ac86 miljard kan wel beding word nadat die Griekse parlement al die voorwaardes goedgekeur het waarop die land se krediteure aangedring het.<\/p>\n<p>Dit sluit in pensioenhervorming, ho\u00ebr belastings, bestedingsperke, die onafhanklikheid van die land se statistieke-\u00adinstelling en meer.<\/p>\n<p>Altesame 229 uit die 300 parlementslede (meer as 76%) het ten gunste van die hervormings gestem n\u00e1 \u2019n debat wat tot n\u00e1 middernag geduur het. 32 Syriza-lede het nee gestem en nog 6 het buite stemming gebly.<\/p>\n<p>Die Grieke het vroe\u00ebr in &#8216;n algemene referendum t\u00e9\u00e9n besuiniging gestem.<\/p>\n<p>Intussen het dr. Angela Merkel, Duitse kanselier, steun begin monster onder haar party\u00adlede en koalisievennote vir die hulppakket. Die Duitse parlement moes dit Vrydag goedkeur, nes ander lande in die eurogebied wat daartoe bydra.<\/p>\n<p>Wolfgang Sch\u00e4uble, Duitse minister van finansies, het Woensdag in \u2019n radio-onderhoud voorgestel dat Griekeland tog tydelik die eurogebied verlaat omdat dit die afskrywing van skuld moontlik sal maak. Dit is ingevolge eurogebiedre\u00ebls nie moontlik nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die president van die Europese Sentrale Bank (ESB), Mario Draghi, meen Griekeland kan wel die \u20ac3,5 miljard terugbetaal wat hy die bank skuld. Die ESB het vroe\u00ebr meer geld vir Griekse banke beskikbaar gestel om te keer dat hulle ondergaan. Die Griekse banke het Maandag weer hul deure geopen nadat hulle hul deure vir drie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33089\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Grieke betaal IMF-skuld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5761,7915,5227,7930,20789,6977,18763,7734],"class_list":["post-33089","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-angela-merkel","tag-banke","tag-duitsland","tag-griekeland","tag-hulppakket","tag-imf","tag-krediet","tag-skuld"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33089","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33089"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33089\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33089"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33089"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33089"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}