{"id":33010,"date":"2015-07-15T08:31:03","date_gmt":"2015-07-15T06:31:03","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=33010"},"modified":"2015-07-15T08:31:03","modified_gmt":"2015-07-15T06:31:03","slug":"duitsland-erken-namibiese-volksmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33010","title":{"rendered":"Duitsland erken Namibiese volksmoord"},"content":{"rendered":"<p>Of daar \u2019n formele Duitse verskoning sal wees of nie, is onbekend, maar die federale regering in di\u00e9 land het uitdruklik erken dat die gruweldade teen die Nama en die Ovaherero wel volksmoord was.<\/p>\n<p>Volgens internasionale media het die Duitse Bundestag president, mnr. Norbert Lammert, Woensdag reeds van volksmoord gepraat, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Hy het dit tydens \u2019n herinnering aan die slagting van die Duitse koloniale troepe in die voormalige Duits-Suidwes-Afrika gedoen.<\/p>\n<p>\u201cDie oorlog van uitwissing in Namibi\u00eb tussen 1904-1908 was \u2019n misdaad en volksmoord,\u201d het Lammert glo ges\u00ea.<\/p>\n<p>Dit volg n\u00e1 afgevaardigdes van die nasate van die volksmoordslagoffers verlede week in Duitsland was vir die oorhandiging van \u2019n petisie met 2 000 handtekeninge van nie-regeringsorganisasies aan die Duitse regering.<\/p>\n<p>Hoewel die Duitse regering nie amp\u00adtelik met die nasate van die volksmoordslagoffers oor hierdie erkenning gekommunikeer het nie, het prof. Phanuel Kaapama, een van die volksmoordkomiteelede, ges\u00ea die regering se erkenning kan aan di\u00e9 petisie toegeskryf word.<\/p>\n<p>Die woordvoerder van die Duitse ministerie van buitelandse sake, mnr. Martin Schaefer, het Vrydag aan verslaggewers in Berlyn ges\u00ea dat hierdie kwessie die afgelope jare deel van die gesprekke tussen die federale en Namibiese regerings is.<\/p>\n<p>Toe hy gevra is of daar \u2019n amptelike verskoning sou wees, het Sch\u00e4fer slegs vir geduld tot die einde van die onderhandelinge gevra.<\/p>\n<p>Onder wetenskaplikes, wat ook deel vorm van die 2 000 mense wat die petisie onderteken het, bly die term \u2018volksmoord\u2019 grootliks onbetwis.<\/p>\n<p>Die twee Ovaherero\/Ovambanderu-volksmoordkomitees en di\u00e9 van die Nama\u2019s sal vandag \u2019n amptelike nuusverklaring in hierdie verband uitreik.<\/p>\n<p>Volgens opperhoof Tjinaani Maharero van die Tjamuaha-Maharero-koningshuis, het hulle ooreengekom om \u2019n gesamentlike mediakonferensie oor hul besoeke in die buiteland te hou.<\/p>\n<p>Die Nama-, Ovambanderu- en Ovaherero-volksmoordkomitees was in Duitsland, terwyl die OCD-1904-raad in Londen was om internasionale steun te wen vir hul poging om ten opsigte van reparasies druk op die Duitse regering uit te oefen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Of daar \u2019n formele Duitse verskoning sal wees of nie, is onbekend, maar die federale regering in di\u00e9 land het uitdruklik erken dat die gruweldade teen die Nama en die Ovaherero wel volksmoord was. Volgens internasionale media het die Duitse Bundestag president, mnr. Norbert Lammert, Woensdag reeds van volksmoord gepraat, het die Republikein berig. Hy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=33010\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Duitsland erken Namibiese volksmoord&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5227,20853,17566,6831,2261],"class_list":["post-33010","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-duitsland","tag-duitswes-afrika","tag-misdaad-teen-die-mensdom","tag-namibie","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33010","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33010"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33010\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33010"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33010"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33010"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}