{"id":33,"date":"2007-01-13T17:18:37","date_gmt":"2007-01-13T17:18:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=33"},"modified":"2007-01-13T17:18:37","modified_gmt":"2007-01-13T17:18:37","slug":"tsjad-meer-chaos-in-die-vooruitsig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=33","title":{"rendered":"Tsjad: Meer chaos in die vooruitsig"},"content":{"rendered":"<div><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die verkiesing wat in di&eacute;     land voorsien is en wat binne die volgende week of twee plaasvind, gaan deur     die opposisie geboikot word. Dus stel die &quot;legitieme&quot; kritici van     President Idriss D&eacute;by nie veel in demokratiese prosesse belang om die     veelbeprese demokrasie na te streef nie.<\/font><\/p>\n<div>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Indien &quot;legitieme     weerstand&quot; volgens Desmond Thompson se definisie milit&ecirc;re     ondersteuning uit &#8216;n buurland insluit, is daar seker hoop vir Jacob Zuma     want met die nodige samewerking vanuit Zimbabwe mag hy dalk net SA se     volgende president word&#8230;<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">&#8216;n Ooggetuie van die VN se     Ho&euml;kommissariaat vir Vlugtelinge, Ana Liria-Franch, beweer volgens &#8216;n berig     van AFP dat die FUC-rebelle die vlugtelingkampe in Tsjad terroriseer om     volgelinge onder dwang en deur afpersing te rekruteer. Die rebelle wil die     ongewilde president &#8211; wat die grondwet van sy land verander het om aan te     bly &#8211; met vlugtelinghulp en omkoopgeld verwilder.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Dit is onder sulke     omstandighede te begrype dat die internasionaal erkende President D&eacute;by nie     juis te vinde is vir kampe wat die rebellebeweging se getalle bly aanvul     nie. Desmond Thompson suggereer nietemin dat D&eacute;by se anti-demokratiese     ingesteldheid hom daartoe noop, asof hy self die vlugtelingkampe ter wille     van sy eie ondergang ontgin.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Indien die W&ecirc;reldbank nie     intussen D&eacute;by se fondse afgesny het nie, sou hy waarskynlik ook nie so     ongewild geraak het nie. Van D&eacute;by se ho&euml; weermagoffisiere het in ruil vir     soldy <\/font><font size=\"2\" face=\"Verdana\">na die opposisie<\/font><font size=\"2\" face=\"Verdana\">     oorgeloop.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Di&eacute; belangrike     verwikkelinge word nie in Thompson se artikel genoem nie. Die     &quot;internasionale gemeenskap&quot; waarna hy verwys sou kon baat by &#8216;n     paar feite ipv nog &#8216;n dosis manipulasie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die Franse bevind hulself     tans in &#8216;n uiters delikate posisie in Tsjad omdat hulle agv &#8216;n     verdedigingsooreenkoms (wat uit die sewentigerjare dateer), asook     geostrategiese redes die toestand probeer stabiliseer. Alhoewel dit nie     dieselfde as die ooreenkoms tussen die Ivoorkus en Frankryk is wat     voorsiening vir milit&ecirc;re beskerming en dus outomatiese ingryping maak nie,     is milit&ecirc;re bystand nogtans deel van wat &#8216;n politieke besluit deur Tsjad     mag vereis.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">&#8216;n Gebrek aan leierskap in     Frankryk verhoed die regering egter om die situasie behoorlik aan enige van     die aantal belanghebbendes of die buitew&ecirc;reld te kommunikeer. Die nuwe     gegewe op ons kontinent het in sekere Franse politieke kringe in gebreke     gebly om as belangrike kwessie te figureer en Afrikapolitiek word steeds in     &#8216;n waas van geheimhouding bedryf.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Behalwe die skaduagtige     wyse waarop Afrika benader is, was dit ook merendeels die werk van een man,     Jacques Foccart. Sy afsterwe het blykbaar &#8216;n groter leemte gelaat as wat     vermoed kon word. (Lees <a href=\"http:\/\/www.praag.org\/gesels\/topic.asp?TOPIC_ID=541%20%29\">meer<\/a>     omtrent sy sukses in die Afrikalande waar Frankryk hul invloed voorheen kon     laat geld het.)<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">&#8216;n Groot vraagteken hang     opnuut oor die idee van &#8216;n eie vredesmag vir Afrika. Selfs Le Monde     [Hoofartikel 17.04.2006] neem die Franse Mirage wat waarskuwingsskote op die     aankomende rebelle geskiet het, kwalik. Die Franse sou tot onlangs nog die     voorbeeld vir Europese betrokkenheid op die vasteland stel deur die     vestiging van &#8216;n milit&ecirc;re mag vir die AU.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die rebelle se naderende     invalsposisies is tewens uur vir uur aan Tsjad se weermag gekommunikeer. Die     amptelike standpunt van die EU is dat verdediging en vredesintervensies deur     die AU oorgeneem en bestuur behoort te word. Kennelik steur die Epervier-sending     hulle nie veel aan allerlei amptelike standpunte oor milit&ecirc;re betrokkenheid     in Afrika nie of hulle besef dalk dat di&eacute; mooi woorde nie met die     werklikheid tred kan hou nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die rebelle-segsman in     Parys, Laona Gong, het sy spyt uitgespreek dat Frankryk die dorpe Adr&eacute; en     Moudina in Tsjad, naby die Soedanese grens, uit die lug &quot;aangeval&quot;     het en dat daar &quot;&#8217;n aansienlike getal burgerlikes omgekom het&quot;. Op     die vraag hoeveel ongeveer het Gong egter geantwoord dat hy geen idee het     nie. Dit maak dit natuurlik effens moeilik om te verwag dat Frankryk     binnekort tot enige sinvolle gesprek met D&eacute;by se teenstanders sal toetree.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die teenwoordigheid van 1     350 Franse soldate, ses Mirage-vegvliegtuie en 3 helikopters wat probeer     vrede handhaaf terwyl die druk toeneem is &#8216;n ondankbare taak. Sonder die     Franse teenwoordigheid gaan die land waarskynlik in twee verdeel word soos     onlangs in die Ivoorkus gebeur het, tussen Moslems in die noorde en     Christene in die suide. Di&eacute; ou etniese verdelingslyne sal dan sorg dat die     spanning vererger.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die grootste bedreiging kom     weliswaar uit Soedan. Die rekening vir die splinternuwe Toyota&#8217;s waarmee die     rebelle hul intog gemaak het is deur daardie land vereffen. Net soos in SA     is die vele kritici waarskynlik nie soseer begaan oor al die tierlantyntjies     van &#8216;n grondwet, demokrasie of wet en orde as met wie die staatskas mag     plunder nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Wat seker is, is dat meer wanorde nie aan die broeiende chaos van 50 000 dooies en 200 000 vlugtelinge gaan remedieer nie. Veral nie op die kontinent wat ons onlangs weer &#8216;n renaissance belowe het nie.<\/font>   <\/p>\n<\/div><\/div>\n<p>  <strong><a href=\"http:\/\/www.praag.org\/rubriek58.htm\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\"><\/font><\/a><\/strong><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/instagram-powerful-tool-promotion\">often should<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0441\u044c\u0435<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Dis met verwondering dat &#8216;n     mens lees dat Tsjad, net soos Soedan, nie &#8216;n demokrasie is nie en daarom &#8216;n     rebelle-inval nodig het uit die geweldgeteisterde Soedan waar die soveelste     volksmoord van die kontinent tans plaasvind. In di&eacute; trant skryf Desmond     Tompson onlangs in <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/In-Diepte\/0,,3-67_1919321,00.html\">Beeld<\/a>     dat daar by monde van &#8216;n kenner skynbaar &quot;legitieme weerstand&quot;     teen die regering van Tsjad aan die opbou is.<\/font><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[167,166,165],"class_list":["post-33","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt","tag-afrikaans","tag-karin-roodt","tag-praag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}