{"id":32924,"date":"2015-07-10T18:58:06","date_gmt":"2015-07-10T16:58:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32924"},"modified":"2015-07-10T18:58:06","modified_gmt":"2015-07-10T16:58:06","slug":"brief-repliek-op-hou-oog-op-die-regse-radikale","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32924","title":{"rendered":"Brief: Repliek op &#8216;Hou oog op die regse radikale&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Ek het onlangs geskryf dat rassisme \u2018n verskynsel is waarmee linkses so graag mee\u00a0wil wegdoen, maar terselfdertyd lewendig wil hou om sodoende lewe in hul\u00a0bestaansreg as linkses te blaas. Na apartheid, is \u201canti-rassisme\u201d tog al wat linkse\u00a0dogma lewendig hou. Daarom, wanneer daar nie genoeg \u201crassisme\u201d is om linkse\u00a0skrywers, professore, ens mee besig te hou nie, ontstaan \u2018n alternatiewe verskynsel,\u00a0naamlik \u201cvirtuele rassisme\u201d.<\/p>\n<p>\u201cVirtueel\u201d word deur die Oxford woordeboek na Engelse woorde vertaal wat die\u00a0term dalk beter beskryf: <em>artificial, imitation, make-believe.<\/em>\u00a0Dus, \u2018n kunsmatige, valse weergawe van iets wat werklik bestaan, maar wat nie so\u00a0prominent voorkom as wat die skepper van die \u201cvirtuele\u201d dit wil h\u00ea nie.<\/p>\n<p>Linkse skrywers in Suid-Afrika verlang duidelik na \u2018n samelewing waar rassisme volop\u00a0is, en nie die teenoorgestelde nie, want rassisme bied aan hulle geleenthede om te\u00a0skryf, verguis en die hele geskiedenis van die land in die naam van di\u00e9 enkele term\u00a0toe te takel en te verdraai. \u2018n Wit kroegman wat byvoorbeeld vier swart vrouens by\u00a0\u2018n kroeg in Kaapstad uitboender verskaf byvoorbeeld \u2018n gulde geleentheid aan linkses\u00a0om die \u201chartseer van apartheid\u201d weer te beklemtoon, en daarby hul salarisgeld te\u00a0verdien.<\/p>\n<p>Maar wat as daar nie s\u00f3 \u2018n voorval gerapporteer word binne \u2018n week lange tydperk\u00a0nie? Dan oorskry die linkse skrywers mos hul sperdatum om \u2018n sappige rassismesestorie op te diep en hiperbolies op te blaas om sodoende die hele blanke ras swart te\u00a0smeer?<\/p>\n<p>Dan bly daar twee opsies oor \u2013 skryf oor apartheid, of skep \u201cvirtuele rassisme\u201d.\u00a0Terwyl ander linkse skrywers soos Max du Preez nou al moeggeskryf is oor die\u00a0\u201ceuwel van apartheid\u201d, en verkies om \u201cvirtuele rassisme\u201d te vervaardig wanneer\u00a0Steve Hofmeyr byvoorbeeld Die Stem sing, verkies Anton van Niekerk om nog altyd\u00a0te skryf oor apartheid. Hoewel dit nie heeltemal onanvaarbaar is nie, is dit wel\u00a0heeltemal onaanvaarbaar dat hy lesers probeer mislei met halwe waarhede of\u00a0meermale prontuit leuens. Op sy artikel wat, met die oog op apartheid, diskriminasie\u00a0teen jong wit kinders regverdig, het ek reeds in Desember <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=29266\">geantwoord<\/a>. Ek sal dieselfde doen met <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=32918\">sy artikel<\/a> wat nou \u2019n samelewing\u00a0van virtuele rassisme teenoor swartmense in Suid-Afrika fabriseer.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cDit begin duidelik word dat ekstreemregse individue en groepe veel meer moeite\u00a0doen om hulself internasionaal te organiseer as wat vroe\u00ebr vermoed is.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Van Niekerk probeer duidelik \u2018n nuwe \u201cgevaar\u201d aan die land bekendstel \u2013 regse\u00a0rassiste. Alhoewel ek self gekant is teen ekstremisme van enige soort, besef ek al te\u00a0goed wat ekstremisme beteken. Die woordeboek beskryf \u201cekstreem\u201d as \u201cverste van\u00a0die sentraal of &#8216;n gegewe punt; buitenste.\u201d<\/p>\n<p>Om dus \u201ceksteem\u201d en \u201cgroepe\u201d in een sin te gebruik is \u2018n paradoks. Veral in Suid-Afrikaanse konteks. Hoe is dit moontlik dat \u2018n klein groepie \u201cbuitenstes\u201d, waarskynlik\u00a0minder as \u2018n duisend mense in Suid-Afrika, in \u201cgroepe\u201d kan \u201corganiseer\u201d? Omdat Van\u00a0Niekerk weet dat die stelling van \u201cgeorganiseerde groepe\u201d onwaar is in die konteks\u00a0van Suid-Afrika, verskuif hy die doelpale na internasionale gebeure om \u201cregse\u00a0rassisme\u201d in Suid-Afrika aan bewegings soos Al-Ka\u00efda gelyk te stel. Die dade van\u00a0Barend Strydom (die enigste voorbeeld soortgelyk aan die Dylann Roof-voorval wat\u00a0van Niekerk in Suid-Afrika kon opspoor) moet dus nou as \u201cgeorganiseerd\u201d beskou\u00a0word.<\/p>\n<p>Van Niekerk, wat \u2018n professor in Filosofie is, behoort van beter te weet as om sulke\u00a0denkfoute te maak?<\/p>\n<blockquote><p>\u201cDit blyk sonder meer uit die makabere tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse en\u00a0Rhodesiese vlae op \u2019n Facebook-foto van Roof. Dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir\u00a0di\u00e9 selfvertoon die vlae gekies het van twee regimes wat wit minderheidsregering\u00a0eensydig en ondemokraties op hul samelewings afgedwing het nie.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Van Niekerk het hom hier weereens aan een van twee skryfmisdade skuldig gemaak\u00a0\u2013 ondoelbewuste onkunde, of doelbewuste onkunde om sy argument te bevorder.\u00a0Daar is nog geen konsensuele ooreenkoms bereik aangaande die vlae op Dylann Roof\u00a0se baadjie nie. Die Amerikaanse hof sal waarskynlik nog daaroor beslis. Van Niekerk\u00a0maak geen melding hiervan nie. Van Niekerk se poging om die ou Suid-Afrikaanse\u00a0vlag, wat dekades voor apartheid reeds amptelike status verkry het, te diskrediteer\u00a0grens aan desperaatheid &#8211; hy probeer om op ongegronde wyses die dade van Roof\u00a0met die ou vlag te versoen. Van Niekerk is seker steeds nie daarvan bewus dat die\u00a0swart bevolking in die hele geskiedenis nog nooit vermenigvuldig het soos wat dit\u00a0onder die \u201capartheidsvlag\u201d het nie. In dr. Verwoerd se twee termyne het die swart\u00a0bevolking letterlik verdubbel (vanaf 8 tot 16 miljoen). Onder daardie vlag is moorde\u00a0op swartmense, hetsy gepleeg deur swartmense self, of deur witmense, tot die\u00a0minimum beperk. Die Amptelike Handboek van die RSA 1992 toon dat wit-op-swart\u00a0moorde in 44 jaar van apartheid nie 7000 gevalle oorskry het nie. Hierdie syfer sluit\u00a0ook in die dode gesterf in aanhouding, sowel as dode gesterf a.g.v. konfrontasie met\u00a0blanke polisie- of weermaglede. Van Niekerk se woorde, \u201cdit is sekerlik nie toevallig\u00a0dat hy vir di\u00e9 selfvertoon die vlae gekies het\u201d behoort dus eerder te lui dat dit belaglik\u00a0is dat hy vir di\u00e9 selfvertoon die (ou Suid-Afrikaanse) vlag gekies het. Dit sou baie\u00a0meer treffend (en sinvol) wees indien Roof die nuwe Suid-Afrikaanse vlag vir sy\u00a0eensame veldtog gekies het, aangesien die nuwe vlag die geweldadigste land in die\u00a0w\u00eareld verteenwoordig, waar ook die meeste swartmense per dag in die hele w\u00eareld\u00a0vermoor word (gemiddeld 43 per dag). Die ou vlag het egter die teenoorgestelde\u00a0verteenwoordig, maar steeds gebruik van Niekerk die Roof-voorval om die regime,\u00a0waaraan hy sy huidige sukses as professor te danke het, verder te verguis.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cVerskynsels en figure soos die AWB (veral hul abortiewe en roemlose poging om\u00a0\u201cBophuthatswana\u201d teen demokratisering te \u201cvrywaar\u201d), Barend Strydom (wat in\u00a0Pretoria lukraak met \u2019n vuurwapen losgebrand en sewe swart mense doodgeskiet en\u00a0nog 15 gewond het) en die Boeremag-verhoor (van mense wat demokratisering met\u00a0geweld wou keer en lang vonnisse opgel\u00ea is) herinner Suid-Afrikaners aan die\u00a0werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om\u00a0daaruit te ontspring.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Van Niekerk ondergaan hier \u2019n massiewe denkfout. Uit mislukking om werklike\u00a0voorbeelde van wit-op-swart terreur op te spoor, verskuif hy weereens die doelpale\u00a0om anti-demokratisering in te sluit. Die eerste deel van van Niekerk se artikel handel\u00a0oor wit-op-swart terreur, soos deur Dylann Roof gepleeg. Hy vind slegs een Suid-\u00a0Afrikaanse voorbeeld, Barend Strydom, maar sy volgende twee voorbeelde, die AWB\u00a0en Boeremag, het niks met wit-op-swart terreur te make nie, maar eerder, soos hy\u00a0terreg skryf, \u201cteen demokratisering\u201d. Om sy lesers te oortuig dat hier \u2019n wit-op-swart\u00a0terreursituasie in Suid-Afrika ontwaak, verwys hy na voorbeelde van partye wat hul\u00a0jare gelede verset het teen demokrasie, eerder as partye wat wit-op-swart terreur\u00a0gepleeg het (want hulle bestaan nie!). Hy ondergaan dan \u2019n verdere hipotetiese\u00a0denkfout deur die woord \u201cwou\u201d (\u201cwat demokratisering met geweld wou keer\u201d) te\u00a0gebruik, aangesien die Boeremag nooit wit-op-swart terreur gepleeg het nie.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cherinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die\u00a0geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Ek wonder hoeveel Suid-Afrikaners die laaste tyd vermoor is deur geweld wat uit\u00a0\u201cekstreem-regse\u201d sentiment ontspring het. Waarskynlik nog nie een die laaste paar\u00a0jaar nie, anders sou Van Niekerk melding daarvan gemaak het? (daarom is hy gedwing\u00a0om oor Amerikaanse Dylann Roof te skryf). Hieroor het ek geen statistiek nie, maar\u00a0dit gebeur beslis nie \u201cvoortdurend\u201d nie. Ek kan wel antwoord deur Van Niekerk\u00a0daarop te wys dat daar voortdurend wit Suid-Afrikaners vermoor word deur geweld\u00a0wat uit anti-wit, of linkse, sentiment spruit.<\/p>\n<p>Die internasionale gemeenskap is vandag geskok deur die 1750 rasgemotiveerde\u00a0plaasmoorde wat sedert 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het. Van Niekerk is duidelik\u00a0baie selektief in sy identifisering van \u201cgeweld\u201d, aangesien hy \u2019n enkele geval van wit-op-swart geweld vyftienduisend kilometer van Suid-Afrika identifiseer om mense\u00a0bang te praat en witskuld te bevorder, maar die gemiddeld 14 plaasmoorde per maand\u00a0ignoreer.<\/p>\n<p>Dit is waarskynlik vir linkse skrywers soos van Niekerk sleg dat hulle so \u2019n droogte\u00a0moet beleef &#8211; daar is geen wit-op-swart terreur om oor te skryf in Suid-Afrika nie.\u00a0Daarom is hulle maar te dankbaar wanneer \u2019n tiener in \u2019n ander land by \u2019n kerk inloop\u00a0en swartmense doodskiet &#8211; uiteindelik het hulle weer \u2019n geleetheid om witskuld onder\u00a0wit Suid-Afrikaners se neuse te vryf. Die geluk wat hulle getref het toe die foto met\u00a0die ou Suid-Afrikaanse vlag opgeduik het, was ongelooflik.<\/p>\n<blockquote><p>\u201cSodanige regse verset word oor \u2019n lang tyd gevoed \u2013 selfs aangeblaas \u2013 deur kru\u00a0rassistiese sentimente wat daagliks en (op die oog af) onbelemmerd in sosiale media\u00a0en die internetkommentaar-afdelings van regse webwerwe uitbasuin word.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Van Niekerk is tog sekerlik verward? Die enigste \u201ckru rassistiese sentimente\u201d wat ek\u00a0daagliks in my gemiddeld 4 ure op die internet opmerk, is swart-op-wit. Van Niekerk\u00a0slaag daarin om twee rassistiese kommentare op te spoor wat die intelligensie van\u00a0swartmense as miderwaardig verklaar. Witmense in Suid-Afrika sou maar te dankbaar\u00a0wees as dit di\u00e9 tipe kommentaar was wat hulle in die gesig moet staar &#8211; eerder word\u00a0hulle daagliks gekonfronteer met kommentaar op Facebook oor hoe hul kinders in\u00a0olie gaan brand en hul vrouens verkag gaan word. Van Niekerk is dus weereens\u00a0selektief. Dit is soos toe die Springbokke teen Engeland gespeel het, Engeland na\u00a0aanleiding van baie vuil spel twee geelkaarte en \u2019n rooikaart opgedoen het, maar die\u00a0Engelse media slegs berig het oor die vloektaal wat een van die Suid-Afrikaanse\u00a0spelers een van die Engelse spelers na bewering toegesnou het. Dus, absolute\u00a0eensydigheid.<\/p>\n<p>In nog \u2019n eensydige skryfstuk het van Niekerk ook onlangs geskryf oor\u00a0Bantoe-onderwys. Hy meen dat dit die \u201csistematiese ontneming van\u00a0swartmense se reg tot onderwys was\u201d. Besef hy dat Suid-Afrika onder\u00a0apartheid omtrent die enigste land in Afrika was waar basiese onderwys\u00a0en opleiding enigsins \u2019n reg was? Vir swart kinders in die res van Afrika\u00a0was dit \u2019n voorreg.<\/p>\n<p>\u2019n Uitstekende <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=32877\">skryfstuk deur Leon Lemmer<\/a> het reeds op Praag.co.za\u00a0verskyn waarin van Niekerk se uitlatings ontleed en verkeerd bewys\u00a0word en daarom wil ek nie verder hieraan tyd spandeer nie.<\/p>\n<p>Van Niekerk behoort homself egter dringend daarvan te vergewis dat\u00a0daar voor apartheid geen sprake van onderwys vir swartmense was nie,\u00a0en dat nou, 20 jaar na apartheid, onderwys vir swartmense in \u2019n voorreg,\u00a0eerder as \u2019n reg, ontaard.<\/p>\n<p>Selfs F.W. de Klerk vertel in hierdi\u00e9 onderhoud van die talle skole en\u00a0universiteite wat onder apartheid ekslusief vir swartmense gebou is\u00a0sonder dat hulle \u2019n sent daaraan spandeer het.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/K7zhw9FJy4g\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>Ek het reeds in my vorige\u00a0repliek aan van Niekerk die volgende geskryf:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cIn 1985 het 43 000 swart studente aan blanke universiteite in die\u00a0Republiek studeer. Selfs voor 1985 het instansies soos Medunsa ekslusief\u00a0duisende swart mediese studente per jaar opgelei. Daar is talle swart\u00a0universiteite deur wit belastingbetalers in die tuislande opgerig wat\u00a0honderde duisende gekwalifiseerde swartmense opgelewer het. Voor\u00a01948 was so \u2018n resultaat slegs \u2019n swart droom wat, gegewe die\u00a0onderontwikkelde swarte van 1948, onmoontlik gelyk het.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>As tienduisende (teenoor die handjievol voor apartheid) swartmense tot\u00a0universiteitsvlak kon vorder en dokters en prokureers kon word, hoe\u00a0bedenklik kon die gehalte van Bantoe-onderwys dan nou eintlik wees? \u00carens moes iets gewerk het, aangesien die mees bekwame swartmense\u00a0van vandag ouer as veertig is en dus onder apartheid opleiding ontvang\u00a0het.<\/p>\n<p>Ten slotte, swartmense in Suid-Afrika se lewensstandaard het teen die\u00a0einde van apartheid gekontrasteer met ander swarmense in Afrika s\u2019n.\u00a0Daarom het nie minder as 40 000 (in 1985 110 000) swartmense van\u00a0buurlande per jaar na apartheid Suid-Afrika gestroom. Vandag doen\u00a0hulle dit steeds om te baat by die oorblyfsels van apartheid &#8211; stede met\u00a0werk, skole en universiteite. Ook kos afkomstig van die boere wat\u00a0vermoor word. Daar is geen \u201cekstreem-regse groepe\u201d wat hulle, of enige\u00a0swartmense in Suid-Afrika bedreig of sal bedreig nie. Miskien moet ons\u00a0eerder wegbeweeg van Anton van Niekerk se gefabriseerde samelewing\u00a0van virtuele rassisme, waar wit-op-swart terreur \u2019n werklikheid is, en\u00a0besef dat die groep wat in die gevaar staan van uitwissing, wat bespoedig\u00a0word deur terreur op plase en stede, hoegenaamd nie swartmense is nie.\u00a0En geen versteurde (Amerikaanse) Dylann Roof, of die vlae op sy\u00a0baadjie, kan hierdie harde werklikheid verdraai nie.<\/p>\n<p>&#8211; John White<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het onlangs geskryf dat rassisme \u2018n verskynsel is waarmee linkses so graag mee\u00a0wil wegdoen, maar terselfdertyd lewendig wil hou om sodoende lewe in hul\u00a0bestaansreg as linkses te blaas. Na apartheid, is \u201canti-rassisme\u201d tog al wat linkse\u00a0dogma lewendig hou. Daarom, wanneer daar nie genoeg \u201crassisme\u201d is om linkse\u00a0skrywers, professore, ens mee besig te hou nie, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":32925,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[10539,4938,20696,4817],"class_list":["post-32924","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-anton-van-niekerk","tag-apartheid","tag-dylann-roof","tag-onderwys"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32924","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32924"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32924\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32925"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32924"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32924"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32924"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}