{"id":32918,"date":"2015-07-10T17:48:45","date_gmt":"2015-07-10T15:48:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32918"},"modified":"2015-07-10T19:05:18","modified_gmt":"2015-07-10T17:05:18","slug":"anton-van-niekerk-se-gewraakte-artikel-oor-regse-radikale","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32918","title":{"rendered":"Anton van Niekerk se gewraakte artikel oor &#8216;regse radikale&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Prof. Anton van Niekerk se uitsprake oor &#8216;regse radikale&#8217;, wat ook \u00a0&#8216;n implisiete pleidooi vir sensuur verteenwoordig, het vandeesweek allerlei reaksies uitgelok, ook hier op PRAAG. Afgesien van Leon Lemmer se rubriek, is daar briewe van <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=32913\">J.S. van der Merwe<\/a>\u00a0en <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=32924\">John White<\/a>. Omdat Van Niekerk se rubriek, wat oorspronklik blykbaar in Die Burger geplaas is, moeilik toeganklik is, haal ons dit hier volledig aan, ten einde die reaksies daarop te belig.<\/p>\n<p><strong>Hou oog op die regse radikale<\/strong><\/p>\n<p>deur Anton van Niekerk<\/p>\n<p>Verstaan ons die verskynsel van regse radikalisme en die versugting na wit oppermagtigheid (white supremacy), soos dit sigself vandag in die w\u00eareld voordoen, reg?<\/p>\n<p>Die onlangse tragiese moorde in die Emanuel African Methodist Episcopal kerk in Charleston, Suid-Carolina, deur Dylann Storm Roof en sy fantasiew\u00eareld van vrese vir \u2019n \u201cvolksmoord op wit mense\u201d noop ons om opnuut oor hierdie vraag te besin.<\/p>\n<p>In \u2019n insiggewende <a href=\"http:\/\/www.nytimes.com\/2015\/06\/22\/opinion\/white-supremacists-without-borders.html?_r=0\" target=\"_blank\">diepte-artikel deur Morris Dees en Richard Cohen<\/a>, wat op 22 Junie in The New York Times verskyn het, voer die skrywers (myns insiens tereg) aan dat ons maklik geneig is om oor fundamentalistiese Islam-bewegings soos Al-Ka\u00efda en die Islamitiese Staat te dink as bewegings wat internasionaal georganiseer en bedryf word.<\/p>\n<p>Daarenteen is ons geneig om aan regse radikale soos Roof, Anders Behring Breivik en selfs ons eie \u201cWit Wolf\u201d van die tagtigerjare, Barend Strydom, te dink as versteurde individue wat hul misdade op hul eie beplan en deurvoer. (Breivik is die Noor wat in 2011 meer as 70 mense in Noorwe\u00eb vermoor het omdat hy \u201cEuropa van die Islam wou vrywaar\u201d.)<\/p>\n<p>Om s\u00f3 te dink is egter verkeerd. Dit begin duidelik word dat ekstreemregse individue en groepe veel meer moeite doen om hulself internasionaal te organiseer as wat vroe\u00ebr vermoed is.<\/p>\n<p>Dit blyk sonder meer uit die makabere tentoonstelling van die ou Suid-Afrikaanse en Rhodesiese vlae op \u2019n Facebook-foto van Roof. Dit is sekerlik nie toevallig dat hy vir di\u00e9 selfvertoon die vlae gekies het van twee regimes wat wit minderheidsregering eensydig en ondemokraties op hul samelewings afgedwing het nie.<\/p>\n<p>Ander foto\u2019s van Roof is opgespoor op \u2019n webwerf wat veelseggend Last Rhodesian genoem word en wat in sy naam geregistreer was.<\/p>\n<p>Op di\u00e9 webwerf dreig Roof (die waarskynlike outeur) om oorheersing in Amerika en Europa vir die \u201cwit ras\u201d te herwin.<\/p>\n<p>Daardeur l\u00ea Roof \u2019n band tussen homself, sy waardes en wat hy verstaan as soortgelyke sentimente en ori\u00ebntasies in ander dele van die w\u00eareld.<\/p>\n<p>Volgens Dees en Cohen sien deesdae se wit oppermagtiges al hoe minder grense tussen lande; hulle sien veeleer \u2019n \u201cwit stam\u201d wat oor die hele w\u00eareld heen deur \u201canderskleuriges\u201d bedreig word.<\/p>\n<p>Wat met demokratisering in die voormalige Rhodesi\u00eb en Suid-Afrika gebeur het, is vir hierdie regses onomstootlike bewyse van \u2019n apokaliptiese toekoms vir alle wit mense w\u00eareldwyd: \u201c. . . a white genocide that must be stopped before it\u2019s too late.\u201d<\/p>\n<p>Hulle fulmineer veral teen die propagering van die begrip \u201cdiversiteit\u201d. \u201cDiversity means chasing down the last white person,\u201d word op van hul webwerwe verklaar.<\/p>\n<p>Die ou Suid-Afrikaanse vlag het ook al opgeduik in sogenaamde White Men Marches wat in die VSA gehou word om \u2019n bewussyn van die dreigende wit volksmoord te probeer kweek.<\/p>\n<p>Die res van Dees en Cohen se artikel is \u2019n uitvoerige relaas van \u2019n hele aantal van die internasionale kontakte van hierdie regse bewegings. Hul gevolgtrekking lui dan:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cThe days of thinking of domestic terrorism as the work of a few Klansmen or belligerent skinheads are over. We know Islamic terrorists are thinking globally, and we confront that threat. We\u2019ve been too slow to realize that white supremacists are doing the same.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Verskynsels en figure soos die AWB (veral hul abortiewe en roemlose poging om \u201cBophuthatswana\u201d teen demokratisering te \u201cvrywaar\u201d), Barend Strydom (wat in Pretoria lukraak met \u2019n vuurwapen losgebrand en sewe swart mense doodgeskiet en nog 15 gewond het) en die Boeremag-verhoor (van mense wat demokratisering met geweld wou keer en lang vonnisse opgel\u00ea is) herinner Suid-Afrikaners aan die werklikheid van ekstreem-regse sentimente en die geweld wat voortdurend dreig om daaruit te ontspring.<\/p>\n<p>Enigeen wat meen dat die gevaar van regse geweld en terrorisme in Suid-Afrika onbelangrik is, maak \u2019n groot fout.<\/p>\n<p>Sodanige regse verset word oor \u2019n lang tyd gevoed \u2013 selfs aangeblaas \u2013 deur kru rassistiese sentimente wat daagliks en (op die oog af) onbelemmerd in sosiale media en die internetkommentaar-afdelings van regse webwerwe uitbasuin word.<\/p>\n<p>Hier volg slegs twee van die aansienlik makker voorbeelde van die tipe rassistiese uitsprake waarvan daagliks talle in die kommentaar-afdelings van regse webwerwe verskyn: \u201cDie swartes se agtergeblewenheid en agterlikheid kan nie voor die deur van die blanke geplaas word nie. Dit is in hul natuur en gene. Hulle agtergeblewenheid is histories van aard. Hulle wil hulle self nie ophef nie. Hulle het nie die politieke wil om vooruit te gaan nie\u201d <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=32720\">Rooi Antjie Krog s\u00ea blankes \u2018moet toilette in lokasies gaan skrop\u2019<\/a><\/p>\n<p>En: \u201cDit is nie in \u2019n swarte se geaardheid om geskool te moet word nie. Hulle werk slegs op instink. Die beste waartoe hulle in staat is, is om soos \u2019n sirkusdier \u2019n klompie truuks te leer. Laat daardie dier terug in sy habitat, en hy vergeet daardie truuks. Swartes handel presies op dieselfde wyse\u201d <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=32692\">Leon Lemmer: Anton van Niekerk se leuens weer aan die kaak gestel<\/a><\/p>\n<p>Ook die internetkommentaar-afdelings van die hoofstroommedia (veral koerante) kan hierdie soort rassisme in hul kolomme moeilik vermy.<\/p>\n<p>Die probleem is nie eenvoudig nie, want ons leef in \u2019n demokrasie en is genoodsaak om die reg op vryheid van spraak en gewete te erken.<\/p>\n<p>Laasgenoemde is eenvoudig een van die pryse wat ons vir demokrasie moet betaal.<\/p>\n<p>Die kritiese vraag aan die hoofstroomkoerante is egter waarom soveel rassistiese sentimente in internetkommentare onder skuilname toegelaat word.<\/p>\n<p>Ons het sekerlik die reg op vryheid van spraak. Maar het mense die reg om hul diepgesetelde rassisme te laat botvier in openbare uitsprake sonder om hul naam daaraan te koppel? Waarom moet ordentlike media \u2019n platform skep vir regse (of ook linkse) ekstremiste wat enigiets wil kan kwytraak, maar weier om enige verantwoordelikheid daarvoor te dra?<\/p>\n<p>Hoofsaak is dat ons sal verstaan dat regse radikalisme lankal nie meer \u2019n verskynsel is wat slegs broei en aangestook word in private sitkamers en langs braaivleisvure nie \u2013 en daarom relatief onskadelik bly nie. Ons het toenemend te make met \u2019n verskynsel wat versterk word deur internasionale kontakte en daarom omgeef word met die allure van groter geloofwaardigheid.<\/p>\n<p>Ons moet ons oog in die seil hou oor hierdie saak, anders is daar die gevaar van \u2019n groot addisionele probleem in \u2019n land waarvan die probleme dreig om heeltemal te veel te word.<\/p>\n<p>Bron: M. Dees en J.R. Cohen: \u201cWhite\u00ad Supremacists without Borders\u201d, The New York Times, 22 Junie 2015.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Prof. Anton van Niekerk se uitsprake oor &#8216;regse radikale&#8217;, wat ook \u00a0&#8216;n implisiete pleidooi vir sensuur verteenwoordig, het vandeesweek allerlei reaksies uitgelok, ook hier op PRAAG. Afgesien van Leon Lemmer se rubriek, is daar briewe van J.S. van der Merwe\u00a0en John White. Omdat Van Niekerk se rubriek, wat oorspronklik blykbaar in Die Burger geplaas is, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32918\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Anton van Niekerk se gewraakte artikel oor &#8216;regse radikale&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":32919,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[20827,20678,20696,20826,20679],"class_list":["post-32918","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-anders-behring-breivik","tag-charleston","tag-dylann-roof","tag-regse-radikale","tag-suid-carolina"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32918","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32918"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32918\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32919"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32918"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32918"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32918"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}