{"id":32913,"date":"2015-07-10T16:29:55","date_gmt":"2015-07-10T14:29:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32913"},"modified":"2015-07-10T17:19:49","modified_gmt":"2015-07-10T15:19:49","slug":"brief-prof-van-niekerk-se-eensydige-nuwe-kakie-gevaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32913","title":{"rendered":"Brief: Prof van Niekerk se eensydige nuwe &#8216;kakie gevaar&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die vlak van debatvoering in Suid-Afrika moet ons bekommer. Die artikel deur Prof Anton van Niekerk, \u201cHou oog op die radikale\u201d, VB, 7 Julie, soortgelyk aan die artikel van Max du Preez \u2018n week of wat voor dit verwys. Alhoewel beide van hulle \u2018n sterk punt maak, is dit asof hulle net die helfte van die prentjie wil sien en dit skep \u2018n totale verwronge idee.<\/p>\n<p>Die artikel van Prof van Niekerk laat mens dink aan dieselfde geykte propaganda wat die ou regering gebruik het om die publiek te waarsku teen die \u201cSwart-\u201c en \u201cRooi gevaar\u201d. Om mee te begin- as die voorbeelde van die sogenaamde radikalisme waarna Prof Anton verwys beperk is tot Roof, Breivik en Barend Strydom kan mens nie help om te dink die skrywer gryp na strooihalms nie. Barend (1988), Roof (Amerika) en Breivik (Europa) word nou gekoppel om hierdie \u201ckakie gevaar\u201d bekend te stel wat soos Prof van Niekerk skryf: \u201c\u2026 nie meer \u2018n verskynsel is wat slegs broei en aangestook word in private sitkamers en langs vleisbraaivure\u2026\u201d nie.<\/p>\n<p>Sou mens as buitestaander die artikel lees sou mens sweer daar is \u2018n netwerk van regse radikale blankes wat besig is om te mobiliseer om Apartheid terug te bring, ander volke in slawerny te plaas, die ou vlag te wapper en die stem te sing voor hulle bote vol ander ekstremistiese wit regses van oraloor na die Zuid-Afrikaanse Republiek nooi en dan een moerse \u201cWhite Supremacist braai\u201d reel.<\/p>\n<p>Die realiteit is baie vaal in vergelyking met die oordrewe radikalisme waarna Prof van Niekerk verwys. Die groter deel van die konserwatiewe Afikaners, regses, Boere of watter titel hulle en julle verkies poog om \u2018n dialoog met die regering vol te hou oor die moontlikheid van selfbeskikking. \u2018n Behoefte wat nie nuut, uniek of verregaande is nie. Nie een van hierdie groepe het al ooit ten doel gestel om weer oor \u2018n ander volk te regeer soos in Apartheid nie en al wat hulle vra is \u2018n stukkie aarde waar hulle oor hulle self kan regeer.<\/p>\n<p>Wat wel waar is, is dat blankes in Amerika en Europa al meer bedreig voel. Die nadraai van die Roof-skietery is dat die \u201cConfederate\u201d vlag, die Rebellevlag van Amerika wat gewapper het in hulle burgeroorlog, nou in die slag bly. Vir een groep \u2018n simbool van vryheid, vir \u2018n ander \u2018n simbool van verdrukking. Rassespanning is besig om oral nuwe hoogtes te bereik omdat groepe gefrustreerd raak met mekaar. Daar is groepe wat voel hulle was te nagekom en dit moet ten alle koste reggestel word en daar is groepe wat voel dat die prys te hoog is. Dieselfde gebeur in Suid-Afrika en dit is slegs wanneer daar gesonde en oop debat is waar albei kante van die saak gehoor word, waar daar moontlik \u2018n middelgrond gevind kan word. In so &#8216;n debat moet die vrese van beide groepe aandag geniet en moet daar gekyk word na die oorsaak van die frustrasie. Om bloot een groep se frustrasie te ignoreer, is \u2018n eensydige debat en sal net lei tot nog frustrasie.<\/p>\n<p>Dit is hierdie frustrasie wat lei tot die kommentare op die internet wat prof Van Niekerk so bekommerd maak. In plaas daarvan dat hy as akademikus dieper delf in hoekom hierdie frustrasie daar is, word dit eenvoudig afgemaak as blote radikalisme. Nog minder is hy bereid om voorbeelde van radikale stellings deur ander groepe teen die \u201cwittes\u201d deel te maak van die argument. Dit is moontlik uit die frustrasie waar Langenhoven gewonder het hoekom is my politiek jou rassisme en jou rassisme my politiek. As dit die vlak is van debatvoering in Suid Afrika, wanneer jy bloot jou opponent as \u2018n ekstremis kan afmaak en elke keer die debat wen, dan is ons in dieper moeilikheid as wat ons dink.<\/p>\n<p>Die groot vraag oor die media sluit hierby aan. Is die media veronderstel om die realiteit te reflekteer of te manipuleer? Die radikale kommentare op die internet is die realiteit vir sommiges en om dit te begin modereer is \u2018n baie gevaarlike speletjie, want waar hou jy op? Wanneer begin jy grens aan propaganda deur sekere opinies te verwyder en ander toe te laat? Is die verantwoordelike opsie nie eerder om die debat verder te voer en ondersoek in te stel oor waar hierdie sentimente vandaan kom nie? Moet ons nie dalk eerder meer reguit praat met mekaar sodat die frustrasie op die tafel gesit word, eerder as om mense bloot te stereotipeer as radikales nie?<\/p>\n<p>Die idee om \u2018n paar gefrustreerde kommentare op die internet, \u2018n Amerikaner, \u2018n Europe\u00ebr en \u2018n paar randeiergevalle in Suid-Afrika te gebruik om mense te waarsku teen blanke radikalisme en \u2018n kakie gevaar grens op sy eie aan radikale denke. Dalk moet ons hierdie tipe radikalisme ook maar bietjie dophou.<\/p>\n<p>&#8211; J.S. van der Merwe<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=32877\">Leon Lemmer: Anton van Niekerk oor regse radikale en Bantoe-onderwys<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vlak van debatvoering in Suid-Afrika moet ons bekommer. Die artikel deur Prof Anton van Niekerk, \u201cHou oog op die radikale\u201d, VB, 7 Julie, soortgelyk aan die artikel van Max du Preez \u2018n week of wat voor dit verwys. Alhoewel beide van hulle \u2018n sterk punt maak, is dit asof hulle net die helfte van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":32917,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[10539,20825],"class_list":["post-32913","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-anton-van-niekerk","tag-kakie-gevaar"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32913","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32913"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32913\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32917"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32913"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32913"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32913"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}