{"id":32895,"date":"2015-07-09T10:43:36","date_gmt":"2015-07-09T08:43:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32895"},"modified":"2015-07-09T10:45:52","modified_gmt":"2015-07-09T08:45:52","slug":"sa-se-bydrae-aan-brics-nie-n-kopseer-se-ekonoom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32895","title":{"rendered":"SA se bydrae aan BRICS nie &#8216;n kopseer s\u00ea ekonoom"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se beloofde bydrae van $10 miljard aan die beplande Nuwe Ontwikkelingsbank oftewel die BRICS-bank, hoef nie onmiddellik die land uit te vloei nie.<\/p>\n<p>Die geld sal slegs gegee word wanneer dit benodig word, volgens die ekonoom Dawie Roodt.<\/p>\n<p>Roodt het bygevoeg dat China waarskynlik die grootste gedeelte van die nuwe bank sal finansier.<\/p>\n<p>Roodt s\u00ea Suid-Afrika hoef hom dus nie te veel te bekommer oor die kapitale uitleg nie.<\/p>\n<p>Rusland en Suid-Afrika het Woensdag ooreengekom om &#8216;n memorandum van verstandhouding te teken oor onder meer energie. <\/p>\n<p>President Jacob Zuma lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat bestaan uit ministers en sakelui.<\/p>\n<p>Afgevaardigdes sal onder meer &#8216;n ooreenkoms oor ekonomiese integrasie van die BRICS-lande bespreek, asook moontlike vrye handelsgebiede. <\/p>\n<p>Die sewende sessie van die BRICS-beraad is in Rusland in die stad Ufa, net buite Moskou, gehou. <\/p>\n<p>Dit is voorafgegaan deur die bekendstelling van die BRICS ontwikkelingsbank wat gesien word as alternatief vir die IMF, die W\u00eareldbank en ander westerse instellings. <\/p>\n<p>Die handelsomset tussen die BRICS-lande het verlede jaar meer as $291 miljard beloop.<\/p>\n<p>Chinese aandeelpryse, wat \u2018n tweede agtereenvolgende dag skerp gedaal het, is \u2018n direkte gevolg van ho\u00eb aandeelpryse reg oor die w\u00eareld heen, het Roodt ook ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Shanghai Composite Index wat met 8.2% gedaal het voor verhandeling begin het, het egter \u2018n uur later met drie persentasie punte herstel.<\/p>\n<p>Sedert 12 Junie toe aandeelmarkte gepiek het, het die Shanghai Composite Index met nagenoeg 30% gedaal.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se beloofde bydrae van $10 miljard aan die beplande Nuwe Ontwikkelingsbank oftewel die BRICS-bank, hoef nie onmiddellik die land uit te vloei nie. Die geld sal slegs gegee word wanneer dit benodig word, volgens die ekonoom Dawie Roodt. Roodt het bygevoeg dat China waarskynlik die grootste gedeelte van die nuwe bank sal finansier. Roodt &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32895\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SA se bydrae aan BRICS nie &#8216;n kopseer s\u00ea ekonoom&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[10577,5311,20822,6977,20821,17284,2078],"class_list":["post-32895","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-brics","tag-china","tag-ekonomiese-integrasie","tag-imf","tag-kapitale-uitleg","tag-ontwikkelingsbank","tag-rusland"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32895","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32895"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32895\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32895"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32895"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32895"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}