{"id":32889,"date":"2015-07-09T10:29:10","date_gmt":"2015-07-09T08:29:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32889"},"modified":"2015-07-09T10:29:10","modified_gmt":"2015-07-09T08:29:10","slug":"nagklub-doef-doef-voort-ten-spyte-van-klagtes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32889","title":{"rendered":"Nagklub doef-doef voort ten spyte van klagtes"},"content":{"rendered":"<p>Tiger Tiger is die gewildste nagklub in die ooste van Pretoria, maar die musiekvoos inwoners het nou besluit om voet neer te sit en \u2018n petisie voor die Tshwane metroraad te l\u00ea, maar die klub steur hom nie aan die \u2018foefies\u2019 van die oues nie en gaan voort om te doef-doef.<\/p>\n<p>Musiekvoos inwoners in die ooste van Pretoria het besluit om Tshwane metro te nader vir hulp om die Tiger Tiger nagklub se deure te sluit, het Rekord Oos berig.<\/p>\n<p>Bejaarde inwoners kla dat hulle na sewe jaar se doef-doef harde rave- en trans-musiek in January Masilelarylaan keelvol is. Dit dryf inwoners van die omliggende ouetehuise en aftree-oorde letterlik teen die mure uit, s\u00ea Karen Meyer, DA-raadslid van wyk 44.<\/p>\n<p>Meyer het Maandag aan Rekord ges\u00ea die inwoners het die afgelope jaar herhaalde kere petisisies opgestel en op die klub se voorstoep afgelaai. \u201cDit het geen effek op hulle gehad nie. Die klub steur hulle net nie aan die besware nie,\u201d het Meyer ges\u00ea.<\/p>\n<p>Tiger Tiger is een van die min nagklubs wat steeds in die ooste van Pretoria vermaak verskaf. Sedert Hatfield Square nie meer studente se drinkgat is nie, stroom hulle na Tiger Tiger toe.<\/p>\n<p>Volgens Meyer is die perseel waarop die klub gele\u00eb is, \u2018n nes van onheilighede. \u201cDaar word gereeld by motors ingebreek en ons stuur ook op \u2018n gereelde basis die metropolisie na die klub om hulle stil te maak.\u201d<\/p>\n<p>Meyer s\u00ea die polisie slaan ook gereeld op die klub toe om dwelms uit te snuffel en gesondheidsinspekteurs maak ook gereeld daar \u2018n draai.<\/p>\n<p>Die klub het ook al bekendes soos die sangeres Elizma Theron en die atleet Llewelyn Herbert getrek en DJ\u2019s waaronder Gareth Cliff speel ook gereeld daar.<\/p>\n<p>Die jongklomp beskou dit as die \u201cplek om gesien te word\u201d en steur hulle nie regtig aan die inwoners se gebrom nie.<\/p>\n<p>Cathy Hudson, die eienares van Tiger Tiger, s\u00ea die nagklub is klankdig en dat hulle nie die inwoners stuur nie. \u201cDie polisie en metropolisie was al by ons, maar hulle het geen dwelms op die perseel gevind nie. Ek werk nou saam met die polisie om van kriminele elemente ontslae te raak.\u201d<\/p>\n<p>Meyer meen egter dat die nagklub nie klankdig genoeg is nie.<\/p>\n<p>Die moontlikheid bestaan dat Tiger Tiger, wat vier takke landswyd het, na \u2018n ander perseel gaan verhuis.<\/p>\n<p>Hudson s\u00ea sy huur die klub by Mercedes-Benz. Die motorhandelaar is reg langs die klub, en hulle gaan dalk al die huurders se kontrakte kanselleer.<\/p>\n<p>Maar vir nou steur Hudson haar nie aan die \u201ckerkgroepe\u201d wat so brom nie. \u201cOns het nog \u2018n huurkontrak en sal beslis nie nou ons deure sluit nie.\u201d<\/p>\n<p>Tiger Tiger is net Donderdae, Vrydae en Saterdae oop.<\/p>\n<p>Adjudant-offisier Dave Miller, woordvoerder van die Garsfontein-polisiekantoor, s\u00ea hulle het die afgelope jaar twee keer dwelms by klubgangers gevind.<\/p>\n<p>Hy kon nie kommentaar op die rusverstoringklagtes lewer nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tiger Tiger is die gewildste nagklub in die ooste van Pretoria, maar die musiekvoos inwoners het nou besluit om voet neer te sit en \u2018n petisie voor die Tshwane metroraad te l\u00ea, maar die klub steur hom nie aan die \u2018foefies\u2019 van die oues nie en gaan voort om te doef-doef. Musiekvoos inwoners in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32889\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nagklub doef-doef voort ten spyte van klagtes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20814,753,20815],"class_list":["post-32889","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-naglub","tag-pretoria","tag-rusversteuring"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32889","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32889"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32889\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32889"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32889"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32889"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}