{"id":32831,"date":"2015-07-07T08:26:59","date_gmt":"2015-07-07T06:26:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32831"},"modified":"2015-07-07T08:26:59","modified_gmt":"2015-07-07T06:26:59","slug":"prins-harry-in-omaruru-opgemerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32831","title":{"rendered":"Prins Harry in Omaruru opgemerk"},"content":{"rendered":"<p>\u201cGood morning, is it Prince Harry of England?\u201d<\/p>\n<p>So het die ontmoeting in die Spar-inkoopsentrum op Omaruru Donderdagoggend net voor die middaguur begin. \u2019n Paar stondes later het dit in \u2019n handdruk tussen Hanni Griebel van die sentrum en die koningskind oorgegaan. En ook Edna Botha het \u2019n handdruk gekry.<\/p>\n<p>Die Engelse prins is met sy besoek aan die groot winkel op pad na die swartrenostervelde van Damaraland en Kaokoland eerste deur me. Edna Botha, \u2019n kleuterskoolonderwyseres, ge\u00efdentifiseer. Net om haar twyfel te verdryf, het sy haar vermoede met Hanni gedeel. En toe het die gesprek sonder woorde tussen Griebel en die prins begin.<\/p>\n<p>In antwoord op Hanni Griebel se vraag het prins Harry net met sy voorvinger op sy mond bevestig, maar dit het ook as aanduiding gedien dat sy nie sy teenwoordigheid moet verklap nie.<\/p>\n<p>\u201cDit het \u2019n verskriklike jammerte in my laat opgaan,\u201d het Hanni aan Republikein ges\u00ea. \u201cEk het die jong man ontsettend jammer gekry omdat hy nie die vryheid kan geniet wat ons het nie.\u201d<\/p>\n<p>Hanni s\u00ea sy het op Harry afgestap nadat Edna Botha haar vermoedens aan haar oorgedra het.<\/p>\n<p>Volgens haar was haar eerste reaksie toe sy by Harry gekom het, ook \u2019n vraag. \u201cKan ek my o\u00eb glo dat ek sien wat ek sien?\u201d Daarop was daar geen reaksie van die prins nie.<\/p>\n<p>Toe het sy hom sommer tromop geloop met die vraag of hy prins Harry van Engeland is.<\/p>\n<p>Sy bevestiging op haar vraag was die wysvinger voor sy mond, maar die vingertaal was ook \u2019n aanduiding dat sy nie moet praat nie. Toe het sy die jong prins gevra of sy dan nie maar net \u2019n hand met hom kan skud nie. Toe druk hy sy sonbril op oor sy voorkop en gee haar die regterhand.<\/p>\n<p>Harry het toe self tussen die rakke van die selfdienwinkel deurbeweeg. Weer het Hanni hom gevra of hy spesifiek iets soek. Weer was sy vingertaal \u2019n regterduim om aan te dui dat hy self regkom.<\/p>\n<p>Volgens Hanni was Harry in \u2019n swart T-hempie met \u2019n olyfgroen veldbroek geklee.<\/p>\n<p>Mnr. Bobby Giebel van die kompleks het ook bevestig dat die prins net voor die middaguur in die kompleks was. Hy was in geselskap van drie mans met \u2019n uitdruklike versoek van die groep dat foto\u2019s nie geneem moet word nie. Foto\u2019s sou \u2019n samedromming om die prins veroorsaak. Juis dit wou hulle nie gehad het nie. Die geselskap het in \u2019n Land Cruiser gery wat ooglopend ook vir \u2019n kamp- en veldlewe ingerig is. Die tuig is tussen ander voertuie op die parkeerplekke voor die winkel getrek.<\/p>\n<p>Volgens die kassiere het die prins se aankope hoofsaaklik uit vrugtesappe bestaan.<\/p>\n<p>Van Omaruru het die voertuig in die rigting van Uis in Damaraland beweeg.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cGood morning, is it Prince Harry of England?\u201d So het die ontmoeting in die Spar-inkoopsentrum op Omaruru Donderdagoggend net voor die middaguur begin. \u2019n Paar stondes later het dit in \u2019n handdruk tussen Hanni Griebel van die sentrum en die koningskind oorgegaan. En ook Edna Botha het \u2019n handdruk gekry. Die Engelse prins is met &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32831\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Prins Harry in Omaruru opgemerk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4905,6831,20796,20465,11432,18073],"class_list":["post-32831","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brittanje","tag-namibie","tag-omaruru","tag-prins-harry","tag-renosters","tag-windsor"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32831","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32831"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32831\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32831"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32831"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32831"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}