{"id":32808,"date":"2015-07-05T16:03:47","date_gmt":"2015-07-05T14:03:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32808"},"modified":"2015-07-05T16:09:59","modified_gmt":"2015-07-05T14:09:59","slug":"brief-kritiek-op-homoseksuele-in-die-bediening","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32808","title":{"rendered":"Brief: Kritiek op homoseksuele in die bediening"},"content":{"rendered":"<p>Na aanleiding van Nelus Niemandt se beroep dat homoseksuele ook as predikante in die NGK toegelaat moet word, asook verskeie goeie skrywes onlangs op die Praagwerf wat die Moffia behoorlik kortgevat het, vergun my asb die geleentheid om te reageer op die flou verskonings wat deur diegene wat ten gunste van \u201cvrolike\u201d predikante is, op sosiale media en in die pers geopper word. Ek gaan in hierdie stuk kyk na die verskonings wat aangebied word deur diegene wat ten gunste van homoseksuele leraars is, onder andere Nelus Niemandt, en dit een vir een bespreek.<\/p>\n<p><strong>1. \u201cHomoseksuele word so gebore en dit is nie \u2018n blote keuse nie.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>Di\u00e9 aanspraak is natuurlik \u2018n omstrede een. Enige aangebore, en dus oorerflike, neiging, wat die lyers daarvan per definisie ontmoedig om voort te plant, sou noodwendig tot die gevolg lei dat die lyers daaraan mettertyd uitsterf, omdat homoseksuele pare per definisie geen kinders met mekaar kan verwek nie. Laasgenoemde sien ons egter nie. Diegene wat beweer hulle is oorerflik homoseksueel, word nie minder nie, want, vreemd genoeg, plant sommige homoseksuele wel op die gewone manier voort, en trou van hulle selfs met die teenoorgestelde geslag. Waarom? Want hulle kies om \u201ctydelik\u201d nie homoseksueel te wees nie. Hulle beweer hulle is kwansuis so gebore, maar trou dan tog wel dikwels met dieselfde geslag. Hoe ernstig kan mens die beweerde aangeborenheid dus opneem?<\/p>\n<p>Selfs al aanvaar mens die sogenaamde oorerflike komponent van homoseksualiteit, het beide Downsindroom en soms skisofrenie ook \u2018n oorerflike grondslag. Ek lees van niemand wat argumenteer dat skisofrene of Downsindroom-lyers ook tot die bediening toegelaat moet word nie.<\/p>\n<p><strong>2. \u201cBenewens homoseksualiteit, verbied die Ou Testament ook die eet van skulpvis en daar is talle ander belaglike voorskrifte in die Bybel.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>Moord, steel en egbreek word egter ook deur die Ou Testament verbied. As jy jou nie wil laat voorskryf deur die Ou Testament nie, waarom jou dan steur aan enige iets daarin vervat, onder andere die gedeeltes wat jou verbied om moord te pleeg? Homoseksuele agtitators beskuldig Christene van die selektiewe lees van die Bybel, maar dit is presies wat hulle self doen. Hulle lees self die Bybel selektief . Hulle beskou Eksodus 20 se verbod teen moord as heeltemal geldig, maar ignoreer dan self ook di\u00e9 gedeeltes wat hulle nie pas nie, onder andere Romeine 1:25-26.<\/p>\n<p><strong>3. \u201cEk het nie nodig om \u2018n Bronstydperk-boek vol stories oor pratende donkies en maagdelike geboortes te lees om die verskil tussen reg en verkeerd te sien nie.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>Waarom jou dan hoegenaamd aan enige menslike geskrif, insluitende die Suid-Afrikaanse grondwet van 1996, steur? Jy weet mos vanself wat is reg en verkeerd, en het dus geen wette of re\u00ebls vir jou nodig nie. Laat elkeen dan maar vir homself besluit wat vir hom reg of verkeerd is. As jy voel dis aanvaarbaar om iemand te besteel, kan jy immers ook argumenteer dat die grondwet ook \u2018n mensgemaakte dokument is, en jy kan veral, as homoseksuele aktivis, dan aanvoer dat die verbod teen steel wat in Eksodus 20 voorkom, hom in \u2018n boek bevind wat ook stories oor pratende donkies bevat. Waarom jou dus daaraan steur? Kies jy dan maar self wat jy wil glo en wat nie.<\/p>\n<p>In beide (2) en (3) hierbo is daar egter \u2018n veel, veel groter probleem vir die homoseksuele agitator, wat homself aan kerke soos die NGK wil opdwing. As jy dan die Bybel se gesag wil bevraagteken, waarom jouself dan wil opdwing aan \u2018n instansie wat die Bybel as sy grondliggende brondokument beskou? As jy die Bybel wil afmaak as primitief of irrelevant, wat op dees aarde soek jy hoegenaamd naby enige organisasie wat per definisie die Bybel se gesag aanvaar, buiten as \u2018n moeilikheidmaker?<\/p>\n<p><strong>4. \u201cDie NGK diskrimineer teen gays in die bediening.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>Die NGK het onlangs \u2018n ondersoek geloods na die beweerde egbreuk van prof Piet Stauss, \u2018n voormalige moderator van die NGK, nav die professor se beweerde egbreuk en egskeiding. As selfs \u2018n voormalige moderator agv beweerde seksuele wangedrag verhoor kan word, wat maak homoseksuele en hul seksuele wangedrag meer of minder spesiaal as die moderator? Daar is dus geen sprake van diskriminasie nie.<\/p>\n<p><strong>5. \u201cDaar is nie groot of klein sondes nie, en almal sondig.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>Presies. Almal is sondaars. Synde \u2018n Calvinistiese kerk, is die sondige aard van die mens een van die grondslae van die NGK se teologie. Natuurlik is die mens in sonde ontvang en gebore! Dit is juis die hele punt! Dit is slegs agv God se genade dat die mens gered kan word. Verwys egter weer na die voormalige moderator hierbo. Die feit dat die mens inherent sondig is, bied nie aan enige mens \u2018n vrypas om aan te hou sonde pleeg nie. Had die moderator volhard in sy sonde van egbreuk, sou hy ongetwyfeld permanent uit die bediening geskors word. Waarom dan homoseksuele toelaat om te volhard in hul sondige seksuele praktyke, maar nie heteroseksuele egbrekers nie?<\/p>\n<p><strong>6. \u201cHomoseksualiteit doen niemand skade aan nie en dit vind plaas tussen instemmende volwassenes.\u201d<\/strong><\/p>\n<p>Eerstens is dit \u2018n twyfelagtige stelling dat homoseksualiteit niemand skade aandoen nie. Vigs is byvoorbeeld kwalik \u2018n skadelose siekte, en manlike homoseksuele is onder die mees vatbares vir vigs. So ook kan mens presies dieselfde argument opper ten gunste van ander seksuele praktyke, onder andere veelwywery. Ek daag enige gay-aktivis uit om te argumenteer dat president Zuma se volwasse vrouens skade aangedoen word agv die president se veelwywery. Waarom dan nie ook die logiese ding doen en argumenteer ten gunste van veelwywery in die NGK nie? Geen hoofstroomkerk keur veelwywery egter goed nie.<\/p>\n<p>Dus: Al die gewone regverdigings en verskonings wat ten gunste van gays in die NGK se bediening geopper word, is voorbeelde van leuens, mistastings en foutiewe logika wat maklik verkeerd bewys kan word. As Niemandt en sy trawante hul sin sou kry, sou dit onmoontlik wees om leraars wat hulself aan veelwywery of egbreuk skuldig maak, uit hul amp te ontslaan. Dit sou ook die finale einde van die NGK beteken, want &#8216;n kerk wat van sy morele gesag oor sake soos egbreuk of homoseksualiteit afstand doen, het geen bestaansreg nie.<\/p>\n<p>&#8211; Jared van Niekerk<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na aanleiding van Nelus Niemandt se beroep dat homoseksuele ook as predikante in die NGK toegelaat moet word, asook verskeie goeie skrywes onlangs op die Praagwerf wat die Moffia behoorlik kortgevat het, vergun my asb die geleentheid om te reageer op die flou verskonings wat deur diegene wat ten gunste van \u201cvrolike\u201d predikante is, op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32808\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: Kritiek op homoseksuele in die bediening&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":32812,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[10900,20788],"class_list":["post-32808","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-homoseksuele","tag-nelus-niemand"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32808","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32808"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32808\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32812"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32808"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32808"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32808"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}