{"id":32742,"date":"2015-06-30T10:15:44","date_gmt":"2015-06-30T08:15:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32742"},"modified":"2015-06-30T10:15:44","modified_gmt":"2015-06-30T08:15:44","slug":"namibiese-egpaar-oorleef-huisaanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32742","title":{"rendered":"Namibiese egpaar oorleef huisaanval"},"content":{"rendered":"<p>Mnr. Willem Burger (70) en sy vrou, Alta (70), is Vrydagoggend\u00ad in hul huis op L\u00fcderitz\u00ad deur twee swartes aangeval en ernstig aangerand, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Burger is die eienaar van die OK Grocer op die dorp. Dit was Vrydag sy beurt om die winkel oop te sluit. Hy het omstreeks 05:15 sy huis se motordeur\u00ad oopgemaak toe twee swartes ingestorm het en hom met kieries begin slaan het totdat hy bewusteloos\u00ad was.<\/p>\n<p>\u201cVolgens die dokter is my pa verder geslaan terwyl hy bewusteloos was,\u201d het me. Hannelie de Lange ges\u00ea.<\/p>\n<p>Burger het sy bewussyn herwin en vir Alta, wat nog in die bed was, geskree dat sy die rewolwer moet bring. Voordat sy egter kon opstaan, het een van die aanvallers haar ook met \u2019n kierie begin slaan.<\/p>\n<p>\u201cTerwyl een van die aanvallers vir tannie Alta deur die huis gesleep en vir haar ges\u00ea het wat sy alles moet inpak, het die ander een my pa na die kluis toe gevat en ges\u00ea hy moet dit oopmaak. Hoe meer my pa vir hom ges\u00ea het dat hy nie sonder sy bril kan sien nie, hoe meer het die man hom geslaan,\u201d het De Lange ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens De Lange het die aanvallers gedreig om Alta te verkrag as hy nie die kluis opmaak nie. Hulle het ook \u2019n plastieksak aan die brand gesteek en gedreig om haar met die warm plastiek\u00ad te brand. Burger het die kluis oopgekry\u00ad en die mans het vuurwapens en kontant gevat.<\/p>\n<p>Burger en sy vrou is in die badkamer vasgebind en die mans het op die vlug geslaan. Alta kon daarin slaag om los te kom. Sy het haar man losgemaak en na vriende se huis gehardloop en die polisie gebel.<\/p>\n<p>\u201cMy pa het erge hoofbesering opgedoen\u00ad en sy arm is geswel soos hy probeer keer het toe hulle hom met die kierie slaan. Hy is in erge pyn. Tannie Alta moet \u2019n spesialis gaan sien, omdat haar kakebeen vermoedelik\u00ad gekraak of gebreek is. Hulle het albei kneusplekke\u00ad oor hul lywe soos hulle geslaan is. Albei sal vir skanderings Windhoek toe moet gaan,\u201d het De Lange ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens haar is die aanvallers dieselfd\u00ade swartmans wat twee maande gelede ook probeer het om die egpaar aan te val.<\/p>\n<p>\u201cMy pa het van die werk af huis toe gekom en twee mans met balaklawas in die oprit gesien ophardloop. Alta het vir hulle geskree \u2018ons gaan julle vrek maak\u2019, waarna die twee mans weggehardloop het.\u201d<\/p>\n<p>Die twee swartes het glo tydens Vrydag se aanval vir Burger en sy vrou ges\u00ea \u201cjulle het mos ges\u00ea julle gaan ons vrek maak, nou wys ons julle hoe maak ons j\u00falle vrek\u201d.<\/p>\n<p>\u201cMy pa en tannie Alta is al twee 70. As jy hulle goed wil vat, vat dit dan. Wat kan die twee ou mense doen? Maar om hulle so aan te rand en te slaan, is onmenslik en verskriklik.\u201d<\/p>\n<p>De Lange het \u2019n beloning van N$20 000 uitgeloof vir enige inligting\u00ad wat tot inhegtenisneming kan lei. Die polisie het reeds twee van die gesteelde\u00ad vuurwapens teruggekry.<\/p>\n<p>\u201cOns het volle vertroue in die polisie dat hulle die twee mans sal arresteer\u00ad. L\u00fcderitz is oor die algemeen \u2019n baie rustige dorp en die gemeenskap staan almal saam, want ons soek nie sulke elemente in ons dorp nie,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mnr. Willem Burger (70) en sy vrou, Alta (70), is Vrydagoggend\u00ad in hul huis op L\u00fcderitz\u00ad deur twee swartes aangeval en ernstig aangerand, het die Republikein berig. Burger is die eienaar van die OK Grocer op die dorp. Dit was Vrydag sy beurt om die winkel oop te sluit. Hy het omstreeks 05:15 sy huis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32742\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Namibiese egpaar oorleef huisaanval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7299,15787,11307,218,6831],"class_list":["post-32742","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-etniese-suiwering","tag-huisaanval","tag-luderitz","tag-misdaad","tag-namibie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32742","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32742"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32742\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32742"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32742"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32742"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}