{"id":32699,"date":"2015-06-28T08:43:30","date_gmt":"2015-06-28T06:43:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32699"},"modified":"2015-06-28T09:37:16","modified_gmt":"2015-06-28T07:37:16","slug":"skoppensboer-befoeterde-bafoer-straf-kontrarevolusionere-graadnulleerlinge","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32699","title":{"rendered":"Skoppensboer: Befoeterde bafoer straf kontrarevolusion\u00eare graadnulleerlinge"},"content":{"rendered":"<p>In Indi\u00eb het hulle heilige koeie. In Suid-Afrika los hulle die koeie sonder kos en water soos Madame Thandi Modise, die opkomende boerin, gedemonstreer het. By ons is koeie dus allermins heilig, synde dikwels mishandel. Maar ons het heilige mense! Die Pous en die Katolieke Kerk het hulle nie tot Heiliges verklaar nie, nee, hulle is sommer by geboorte Heilig, met &#8216;n hoofletter!<\/p>\n<p>Heiligheid lei altyd tot taalkundige probleme. Hoofletter of kleinletter? Is hulle Heilige Mense of bloot heilige mense? Meer nog, hoe benader &#8216;n mens di\u00e9 &#8220;heilige grond&#8221;, as jy na &#8220;hulle&#8221; verwys? Sekerlik moet jy jou spykerskoene en rugbystewels maar uittrek en met baie sagte pantoffels en baie eerbiedig naderskuifel. Maar wat noem &#8216;n mens die heiliges? Soveel mense is reeds \u00e0 la Sunette Bridges (Skoppensboer se lesers onthou seker nog die &#8220;groenie&#8221;-debakel) Menseregtekommissie toe gesleep &#8211; indien hulle nie met AK-47&#8217;s onder &#8216;n kremetartboom gefusilleer is nie! &#8211; dat Skoppensboer liefs nie die verkeerde term wil gebruik nie. &#8216;n Mens kan deesdae vloek soos jy wil, moffies en letties mag trou, selfs in die konserwatiewe &#8220;rooistate&#8221; van die VSA, maar jy mag nie &#8216;n heilige mens met &#8216;n polities inkorrekte term of toespeling &#8220;kwets&#8221; nie. Dis die w\u00eareld waarin ons woon. Gewelddadig en barbaars, maar vol subtiele semantiese slaggate.<\/p>\n<figure id=\"attachment_32701\" aria-describedby=\"caption-attachment-32701\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32701\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis-300x200.jpeg\" alt=\"Die &quot;vrolike&quot; withuis n\u00e1 die uitspraak van die Amerikaanse Hooggeregshof dat selfdgeslagpare voortaan in al 50 state mag trou, ongeag wat die inwoners dink\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis-300x200.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis-148x99.jpeg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis-31x21.jpeg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis-38x25.jpeg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis-323x215.jpeg 323w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis-120x80.jpeg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/gay_withuis.jpeg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32701\" class=\"wp-caption-text\">Die &#8220;vrolike&#8221; withuis n\u00e1 die uitspraak van die Amerikaanse Hooggeregshof dat selfdgeslagpare voortaan in al 50 state mag trou, ongeag wat die inwoners dink<\/figcaption><\/figure>\n<p>Terloops, soos <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=32594\">PRAAG onlangs berig het<\/a>, het Barack Obama, die VSA se eerste &#8220;re\u00ebnboog&#8221;-president wat vandeesweek die Withuis heel &#8220;vrolik&#8221; op sy amptelike Twitter-rekening geverf het, die woord &#8220;nigger&#8221; in &#8216;n potgooi-onderhoud met Marc Maron gebruik. Hy mag maar. Die verskriklike N-woord. Hier by ons is daar nog die K-woord. Nou die dag het &#8216;n Afrikaanse landdros &#8216;n blanke man vir twee jaar Pollsmoor toe gestuur omdat hy die K-woord teenoor &#8216;n heilige dame gebruik het. Bid jou dit aan. Skoppensboer sidder by die gedagte. Hy dink \u00a0nie eens aan die K-woord nie. Njannies kep\u00eala, soos sy oorle vader altyd ges\u00ea het.<\/p>\n<p>Daarom het Skoppensboer lank en hard gepeins\u00a0oor hoe om di\u00e9 onderwerp te benader, want hy wil veral kommentaar lewer oor meneer, Mijnheer (let op di\u00e9 eerbiedige aanspreekvorm) Panyaza Lesufi se afdanking van &#8216;n privaatskoolhoof omdat daar by Curro Roodeplaat &#8216;n onvermengde skoolbus op &#8216;n laerskooluitstappie vertrek het. Blykbaar het leliewit graadnulle\u00a0langs mekaar in die bus gesit, noudat meng verpligtend geraak het. Is dit nie heiligskennis nie? Skoppensboer wil nie vir die heer Lesufi &#8216;n &#8220;swart man&#8221; of &#8216;n &#8220;swartman&#8221; noem nie, want netnou veroorsaak dit ook &#8216;n taalkundige probleem. Volgens die AWS (Afrikaanse woordelys en spelre\u00ebls) verskil dit in betekenis. Die voorbeeldsinne wat aangegee word is:<\/p>\n<blockquote><p>swart man (<em>&#8216;n \u2013 \u2013 van 1,78 m lank<\/em>), -s<br \/>\nswartman (<em>die geskiedenis van die \u2013 in Afrika<\/em>)<\/p><\/blockquote>\n<p>Die (onlangse) geskiedenis van die swartman in Afrika is &#8216;n bloedige aff\u00eare, gedagtig aan Rwanda, die DRK, maar ook die &#8220;volksoorlog&#8221; in KZN, om van Winnie en haar halssnoermoorde nie te praat nie, dus wil Skoppensboer nie verder so &#8216;n polities inkorrekte onderwerp\u00a0aandurf nie. Netnou kom hy in die moeilikheid. Soos so dikwels ges\u00ea word, bevind ons ons tans in die Nuwe Tyd, die Jaar Nul: vir diegene wat Piet Haasbroek se gangbare roman oor Pol Pot se Kambodja gelees het. Ons &#8220;sien nie meer kleur raak nie&#8221;. Of liewer: ons mag nie. Net die regering (of die heiliges) mag dit raaksien. As Nuwe Mens hier in die Jaar Nul &#8211; dalk is ons nou al in die Jaar Twintig, maar nog iewers naby aan die Groot Begin &#8211; sien Skoppensboer ook nie kleur raak nie. Hy is nie-rassig wedergebore.<\/p>\n<p>Die heer Panyaza Lesufi mag &#8216;n swartman van Afrika wees, of selfs &#8216;n swart man van wie weet hoe lank, maar as Nuwe Mens durf Skoppensboer nie so na hom verwys nie. Daarom het hy besluit om &#8216;n geheel nuwe woord te bedink, wat vir ons Nuwe Tyd gepas sou wees. Daardie woord is: Bafoer. Daar kan seker &#8216;n lang debat daaroor gevoer word of dit met &#8216;n hoof- of kleinletter geskryf moet word. Dalk verleen &#8220;Bafoer&#8221; daardie ekstra tikkie eerbied en sekerlik kan dit soms met &#8216;n hoofletter gespel word. Maar daar is mos &#8216;n spreekwoord in Afrikaans wat lui: &#8220;Elke ketter het sy letter.&#8221; Met sy nostalgie vir die vervlo\u00eb Rebellie onder Afrikaners, veroorloof Skoppensboer hom egter di\u00e9 tikkie nonkonformisme, di\u00e9 sweem van afwykendheid, om &#8220;bafoer&#8221; met &#8216;n kleinletter te spel.<\/p>\n<p>Synde &#8216;n nuutskepping of neologisme &#8211; vir diegene wat standerdagt-Afrikaans in die afskuwelike Ou Suid-Afrika deurgekom het &#8211; is die woord &#8220;bafoer&#8221; ontdaan van enige ongewenste rasse- of etniese konnotasies. Dis neutraal. &#8216;n Bafoer verteenwoordig bloot &#8216;n meer heilige mens wat dus met die nodige ontsag en vroomheid aangespreek en behandel moet word.<\/p>\n<p>As Nuwe Mens en gereelde leser van Naarperskoerante, Die Huisgenoot en ander polities korrekte publikasies, onderneem\u00a0Skoppensboer\u00a0om voortaan die term &#8220;bafoer&#8221; te gebruik om sy aflegging van alle etnies twyfelagtige idees uit die verre verlede toe die ligte nog gebrand en die kraanwater drinkbaar was, aan te dui.<\/p>\n<p>Dis &#8216;n ietwat lang inleiding, maar nou verstaan u, liewe leser, dat die heer Panyaza Lesufi, vandeesweek\u00a0as hoofbafoer vir onderwys in die provinsie Gauteng &#8211; Gangsters&#8217; Paradise soos die nommerplate heet &#8211; heel befoeterd was oor die Curro-onvermengdegraadnulbusskandaal. <em>Une affaire<\/em>, soos die Franse s\u00ea. Daarom het die hoofbafoer vir onderwys sommer drie\u00a0onheilige (nie-bafoeriese) leerkragte afgedank of l\u00e1\u00e1t afdank en &#8216;n onderneming van die Curro-groep verkry dat hulle voortaan blitssnel sal transformeer en geen verdere onvermengde graadnulbusritte sal duld nie. Indien u die illustere hoofbafoer vir onderwys misgeloop het, hier is hy op YouTube:<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/SN9m7RftNFU\" width=\"420\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>Die bafoer se woord is wet. Van nou af s\u00e1l die privaatbusse van die privaatskool Curro kwotabusse wees: soveel kindertjies di\u00e9 kant en soveel daai kant. En wee die onnadenkende graadnul of veral haar onderwyseres wat nie mooi tel en sorg dat elke bussitplek met sy kwota bafoeriese telge vereer word nie. Anders is daar perde en sal die nie-bafoere links en regs die trekpas kry.<\/p>\n<p>Skoppensboer bemerk uit di\u00e9 aff\u00eare &#8216;n nuwe wet van Transvaal, vir diegene wat onder die indruk was dat privaatonderwys hulle van inmenging deur die bafoere gaan vrywaar. Blykbaar moet &#8216;n privaatskool oor &#8216;n &#8220;lisensie&#8221; beskik om onderwys te mag gee. Soos Lesufi vandeesweek verduidelik het, beskik hy as bafoer oor die mag om so &#8216;n lisensie toe te staan of terug te trek. Geen wonder dus dat die Curro-groep gevra het: &#8220;Hoe hoog?&#8221; toe Lesufi s\u00ea &#8220;spring!&#8221; nie. \u00a0Die onderwysbafoer het spesiaal afgevlieg Kaapstad\u00a0toe om die direksie van Curro,\u00a0wat &#8216;n genoteerde maatskappy is, die leviete te gaan voorlees. Graadnulle wat kontrarevolusion\u00eare gedrag op die bus toon en dalk langs &#8216;n Afrikaanse maatjie wil sit, sal voortaan &#8220;vasgevat&#8221; word.<\/p>\n<p>Curro moes l\u00e1\u00e1g voor die bafoer gekruip het, daarom het hy besluit om Curro Roodeplaat &#8216;n &#8220;laaste kans&#8221; te gee, en om die afdanking van drie personeellede te &#8220;aanvaar&#8221;. Waarom sou Curro so geredelik tot alles instem en hulle nie tot die howe wend om hulle &#8220;vryheid&#8221; as privaatinstelling te beskerm nie? Skoppensboer het nogal hieroor gewonder, totdat hy toevallig gesien het watse salarisse en vergoeding die direkteure van Curro verdien, volgens Bloomberg:<\/p>\n<blockquote><p>Dr. Chris Rudolph van der Merwe, hoofuitvoerendebeampte R35 miljoen p.j.<br \/>\nMnr. Bernhardt van der Linde, finansi\u00eble direkteur R25 miljoen p.j.<br \/>\nMnr. Andries Jacobus Ferdinandus Greyling, bedryfshoof R25 miljoen p.j.<br \/>\nMnr. Hendrik Gideon Louw, beleggingshoof R28 miljoen p.j.<\/p><\/blockquote>\n<p>Kennelik is daar geld in Engelse privaatonderwys, as &#8216;n mens so na die vergoedingspakkette kyk. Saam vat die vier hoofde van Curro meer as R100 miljoen per jaar huis toe, dis meer as wat die arme aandeelhouers van &#8220;Curro Holdings&#8221; verdien. Hierdie manne weet aan watter kant hul brood gebotter is. Hulle s\u00ea seker net &#8220;Ja, baas, nee, baas&#8221; vir Lesufi. Die onderwysbafoer het mos voorheen ook kwytgeraak dat Afrikaanse skole &#8220;kleinbase grootmaak&#8221; omdat daar nie genoegsame bafoere op die speelgrond baljaar nie.<\/p>\n<p>Die kersie op die koek is dat Curro Roodeplaat ook &#8216;n &#8220;diversiteitsbeampte&#8221; in diens neem om te sorg dat die bloedjies by die skool, sowel bafoeries as nie-bafoeries, beh\u00f3\u00f3rlik gemeng word. Hiervoor sal die direkteure van Curro Holdings seker aan hulself &#8216;n bonus toeken. Die kwotas op die bussitplekke sal streng eerbiedig word.<\/p>\n<p>Uiteraard is Naarpers en veral hul noordelike ANC-mondstuk, <em>Beeld<\/em>, in die wolke oor die befoeterde en bebrilde bafoer &#8220;wat sy voet neergesit het&#8221;. Adderjan Basson teem gister in sy prawda:<\/p>\n<blockquote><p>Daarom is dit so jammer dat \u2019n ondeurdagte, selfs rassistiese, besluit deur een of meer onderwysers geneem is om taalapartheid toe te pas met die vervoer van die gr. 0-klas van 2015.<\/p>\n<p>Daar kan absoluut geen morele regverdiging daarvoor wees om kinders op grond van ras of taal te skei op \u2019n skoolbus nie.<\/p>\n<p>Dit is hartseer dat \u2019n skool in 2015 nog verplig moet word om kinders van verskillende rasse en tale toe te laat om \u2019n skoolbus te deel.<\/p>\n<p>Wees verseker dat die Afrikaanse kinders nie \u201cnatuurlik\u201d of \u201ctoevallig\u201d besluit het om almal op een bus te ry nie. Die skool het reeds erken hy het sosiale ingenieurswese toegepas en so \u2019n groep onskuldige sesjariges se kleurblindheid vir ewig vernietig.<\/p><\/blockquote>\n<p>Skoppensboer ween saam oor die arme sesjariges wie se kleurblindheid so geskend is. Maar alles is seker nog nie verlore nie. Hulle moet net nog bietjie op die &#8220;Towerbus&#8221; ry, soos Ken Kesey en sy LSD-benewelde hippies doer in die sestigerjare, iets wat in Tom Wolfe se boek <em>The Electric Kool-Aid Acid Test<\/em> verewig is. Volgende keer as hulle of hul ouers onder &#8216;n huisrooftog of &#8216;n motorkaping deurloop, sal hulle salig kleurblind di\u00e9 leersame ervaring deurmaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Indi\u00eb het hulle heilige koeie. In Suid-Afrika los hulle die koeie sonder kos en water soos Madame Thandi Modise, die opkomende boerin, gedemonstreer het. By ons is koeie dus allermins heilig, synde dikwels mishandel. Maar ons het heilige mense! Die Pous en die Katolieke Kerk het hulle nie tot Heiliges verklaar nie, nee, hulle [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":12,"featured_media":10057,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,144],"tags":[20744,20743,6726,20741,20745,20742,16991],"class_list":["post-32699","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-c154-skoppensboer","tag-adderjan-basson","tag-bafoer","tag-barack-obama","tag-curro-roodeplaat","tag-ken-kesey","tag-kleurbliind","tag-panyaza-lesufi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32699","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/12"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32699"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32699\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10057"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32699"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32699"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32699"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}