{"id":32643,"date":"2015-06-25T09:41:22","date_gmt":"2015-06-25T07:41:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32643"},"modified":"2015-06-25T09:41:46","modified_gmt":"2015-06-25T07:41:46","slug":"babahond-met-piksteel-doodgeslaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32643","title":{"rendered":"Babahond met piksteel doodgeslaan"},"content":{"rendered":"<p> \u2019n Sewe maande oue Airedale-kruising is in \u2019n woonbuurt in Windhoek na bewering met \u2019n piksteel doodgeslaan. Die beplande lot van die babahond was glo om as \u2019n maaltyd opgedis te word, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Volgens me. Brigitte Meissner van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het die voorval Maandag omstreeks 12:00 op \u2019n bouperseel naby die Bougainvillea-winkelsentrum in Klein Windhoek plaasgevind.<\/p>\n<p>Volgens ooggetuies is die hond glo herhaaldelik deur \u2019n Chinese burger met \u2019n piksteel geslaan. Die plan was glo dat hy die dier daarna sou eet.<\/p>\n<p>Meissner s\u00ea die DBV is deur \u2019n \u201chisteriese inwoner\u201d gebel wat hulle oor die voorval ingelig het. \u2019n Inspekteur is dadelik na die perseel gestuur, maar die verdagte was met sy aankoms skoonveld.<\/p>\n<p>\u201cNet \u2019n paar bloedkolle is gevind, maar met verdere ondersoek is die dooie hondjie in een van die onvoltooide kamers op die bouperseel gevind. Die hond is met \u2019n pik doodgeslaan en het verskeie kapwonde gehad.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Meissner was verskeie mense glo getuies van die voorval en het iemand selfs \u2019n video-\u00adopname daarvan gemaak.<br \/>\n\u201cMense het dit gehoor en gesien en glo selfs probeer keer.\u201d Nie een van die ooggetuies het egter tot dusver \u2019n verklaring by die polisie afgel\u00ea nie.<\/p>\n<p>\u201cMy hande is afgekap as ek nie verklarings hieroor het nie. Oog\u00adgetuies wil glad nie na vore kom nie.\u201d Volgens Meissner kan sy nie die voorval aanmeld voordat sy nie volledige bewyse van die voorval het nie.<\/p>\n<p>\u201cDie stadspolisie was wel saam met ons inspekteur uit na die toneel en is bewus van die voorval.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Meissner is dit nie in Namibi\u00eb \u2019n oortreding om \u2019n hond te eet nie, maar sal die persoon van dieremishandeling aangekla word. Dit is voorts onwettig om \u2019n dier in \u2019n munisipale gebied te slag. <\/p>\n<p>Die DBV beplan om die voorval ook onder die aandag van die Chinese ambassade sowel as die kantoor van die Ombudsman te bring.<\/p>\n<p>\u201cHoe meer verklarings ons oor die voorval van getuies kan kry, hoe beter.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Sewe maande oue Airedale-kruising is in \u2019n woonbuurt in Windhoek na bewering met \u2019n piksteel doodgeslaan. Die beplande lot van die babahond was glo om as \u2019n maaltyd opgedis te word, het die Republikein berig. Volgens me. Brigitte Meissner van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het die voorval Maandag omstreeks 12:00 op \u2019n bouperseel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32643\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Babahond met piksteel doodgeslaan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20723,7053,17108,20724,17637],"class_list":["post-32643","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-babahond","tag-chinese","tag-dbv","tag-maaltyd","tag-windhoek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32643","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32643"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32643\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32643"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32643"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32643"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}