{"id":32619,"date":"2015-06-24T09:02:07","date_gmt":"2015-06-24T07:02:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32619"},"modified":"2015-06-24T09:08:49","modified_gmt":"2015-06-24T07:08:49","slug":"imf-landbou-waarsku-teen-kragverhogings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32619","title":{"rendered":"IMF, landbou waarsku teen kragverhogings"},"content":{"rendered":"<p>Eskom sal moontlik nie hierdie jaar verdere tariefstygings aan al sy kli\u00ebnte kan deurgee nie, na waarskuwings van die IMF en landbou.<\/p>\n<p>Tydens die verhoor van die Nasionale Energieguleerder oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings, het die kragreus gevra vir &#8216;n bykomende tariefverhoging van meer as nege persent vanjaar. <\/p>\n<p>Eskom vra vir die verdere tariefverhoging van meer as nege persent van die energiereguleerder, NERSA, behalwe die 12 persent wat reeds toegestaan is.<\/p>\n<p>Agri SA  het vroe\u00ebr gewaarsku dat \u2018n bykomende  Eskom tarief-verhoging van meer as 25 persent daartoe sal lei dat boere nie genoeg kos kan produseer om die mense van Suid-Afrika te voed nie.<\/p>\n<p>Die landbou-organisasie het ges\u00ea Suid-Afrika beleef sy ergste droogte in 20\u2009jaar.<\/p>\n<p>\u2018n Senior ekonoom van Agri SA, Thabi Nkosi het ges\u00ea die landbousektor het al vanjaar \u2019n geraamde skade van meer as nege miljard rand gely weens die droogte, wat tot groot skuld onder boere gelei het.<\/p>\n<p>Die Internasionale Monet\u00eare Fonds het ook gewaarsku dat Suid-Afrika se voortdurende kragkrisis die grootste struikelblok is vir groei.<\/p>\n<p>Die IMF s\u00ea in &#8216;n verslag oor Suid-Afrika met die kragkrisis wat al hoe meer verdiep, word slegs &#8216;n matige herstel tot &#8216;n twee persent groei vir 2015-2016 verwag.<\/p>\n<p>Staatshulp aan die sukkelende Eskom en wegholstaatsdienslone sal openbare finansies knou, volgens die IMF.  <\/p>\n<p>Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, Brian Molefe, was Dinsdag in die warm stoel toe hy die onbenydenswaardige taak gehad het om te pleit vir nog regeringshulp.<\/p>\n<p>Molefe en sy span het besonder onvoorbereid vir die verhore opgedaag, en energiereguleerder het Eskom se voorleggings uitmekaar geskeur.<\/p>\n<p>Eskom argumenteer dat hulle sonder &#8216;n bykomende R16 miljard vir diesel en korttermynkragaankope, beurtkrag van Fase Twee as &#8216;n daaglikse werklikheid sal moet aanvaar.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n brief van die Nasionale Tesourie aan munisipaliteite sal enige tariefverhoging wat na 15 Mei vanjaar aangekondig is, na die volgende finansi\u00eble jaar oorgedra moet word.<\/p>\n<p>NERSA het die brief tydens die verhoor aan Eskom oorhandig. Molefe en sy span was klaarblyklik nie daarvan bewus nie.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n woordvoerder van NERSA, Thembani Bukula, was hulle wel bewus van die regering se opdrag.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Eskom sal moontlik nie hierdie jaar verdere tariefstygings aan al sy kli\u00ebnte kan deurgee nie, na waarskuwings van die IMF en landbou. Tydens die verhoor van die Nasionale Energieguleerder oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings, het die kragreus gevra vir &#8216;n bykomende tariefverhoging van meer as nege persent vanjaar. Eskom vra vir die verdere tariefverhoging van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32619\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;IMF, landbou waarsku teen kragverhogings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[14425,9820,5122,4827,6977,15251,8532,8980],"class_list":["post-32619","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-droogte","tag-ekonomiese-groei","tag-energie","tag-eskom","tag-imf","tag-kragverhogings","tag-nersa","tag-tariewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32619","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32619"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32619\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32619"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32619"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32619"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}