{"id":32511,"date":"2015-06-19T15:18:10","date_gmt":"2015-06-19T13:18:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32511"},"modified":"2015-06-20T09:27:43","modified_gmt":"2015-06-20T07:27:43","slug":"goeie-vertoning-deur-deense-volksparty-bevestig-europese-swaai-na-regs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32511","title":{"rendered":"Goeie vertoning deur Deense Volksparty bevestig Europese &#8216;swaai na regs&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Gister se algemene verkiesing in Denemarke het tot &#8216;n oorwinning vir die konserwatiewe opposisie gelei, met die Deense Volksparty van mrn. Kristian Thulesan Dahl wat bo verwagting goed gevaar het en 21,1% van die stemme ontvang het. Daar is selfs &#8216;n moontlikheid dat die Dahl die volgende eerste minister van Denemarke kan word, wat skokgolwe deur Europa sal stuur aangesien die media die Deense Volksparty, soortgelyk aan die Franse Front National, as &#8220;verregs&#8221; probeer brandmerk het.<\/p>\n<p>Die verkiesing het naelskraap verloop, dog nadat alle stemme gisteraand getel is, het die sentrum-regse koalisie wat deur die vorige eerste minister Lars Lokke Rasmussen gelei is, die nodige 90 setels wat aan hom &#8216;n meerderheid in die parlement van 179 setels besorg.<\/p>\n<p>Die DVP se leier, Kristian Thulesen Dahl het vooraf ges\u00ea dat hy nie in die regering wil dien nie, maar aangesien sy party nou die grootste van die konserwatiewe &#8220;bloublok&#8221;-koalisie is, mag dit dalk gebeur dat hy wel gevra word om die eersteministerspos te aanvaar.<\/p>\n<figure id=\"attachment_32543\" aria-describedby=\"caption-attachment-32543\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32543\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a-300x200.jpg\" alt=\"Lars Lokke Rasmussen en Helle Schmidt-Thorning\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a-148x99.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a-323x215.jpg 323w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a-120x80.jpg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Politisk_duel_melle_622022a.jpg 1500w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32543\" class=\"wp-caption-text\">Lars Lokke Rasmussen en Helle Thorning-Schmidt<\/figcaption><\/figure>\n<p>Lars Lokke Rasmussen van die Deense Liberale Party het vier jaar gelede verklaar dat die linkse &#8220;rooiblok&#8221;-koalisie, soos dit in Denemarke bekendstaan, nie lank sal regeer nie en dat hy die sleutels na die eersteministerskantoor slegs aan Me. Helle Thorning-Schmidt &#8220;leen&#8221;. Tans s\u00ea hy dat sy konswerwatiewe &#8220;blou blok&#8221; alles in sy vermo\u00eb sal doen om immigrasie vanuit die Derde W\u00eareld na Denemarke te stuit.<\/p>\n<p>Hoewel Thorning-Schmidt se Sosiale-Demokratiese Party goed gevaar het met 26.3% van die stemme, het die res van haar &#8220;rooiblok&#8221;-vennote stemme verloor, sodat die konserwatiewe gese\u00ebvier het. Al vier &#8220;buitelandse&#8221; setels op Groenland en op die Faroe-eilande het ook na die Sosiaal-Demokrate gegaan, maar dit was nie genoeg om die konserwatiewe opmars te stuit nie. Volgens Thorning-Schmidt het haar party &#8220;by die wenstreep verloor&#8221;.<\/p>\n<p>Mnr Rasmussen se Deense Liberale Party het 19,5% van die stemme getrek.<\/p>\n<p>Die swaai na regs in Denemarke kom kort op die hakke van die nuus Dinsdag dat daar &#8216;n nuwe regse groepering in die Europese Parlement in Straatsburg, Frankryk, tot stand gekom het, wat gelei word deur me. Marine Le Pen van die Franse Front National en mnr. Geert Wilders van die Nederlandse Partij voor de Vrijheid. Die nuwe groep heet &#8220;Europa van volkere en vryheid&#8221; en bestaan, benewens die FN en PVV, uit die Oostenrykse Vryheidsparty, die Vlaams Belang, die Lega Nord van Itali\u00eb, die Nieu-Regse Kongres van Pole en die onafhanklike lid Janice Atkinson van Brittanje (voorheen UKIP). Hoewel Marine Le Pen en die Front National oor die meeste Euro-parlementslede van enige Franse party (23) beskik, het sy tot dusver gesukkel om ander partye uit sewe lande saam te snoer aangesien mnr. Nigel Farrage van UKIP sy eie groep gevorm het en nie bereid was om met haar saam te werk nie.<\/p>\n<p>Die voorwaarde vir &#8216;n groep in die Europese Parlement is dat dit uit ten minste 25 Euro-parlementslede vanuit minstens\u00a0sewe lande moet bestaan. Tans beskik Volkere en Vryheid oor 38 Euro-LP&#8217;s wat\u00a0uit presies sewe lande afkomstig is. Die groep sal &#8216;n ekstra bedrag van ongeveer R60m per jaar aan toelaes van die Europese Unie ontvang, waarmee hy sy invloed oor die hele Europa kan uitbrei en al sewe partye was sigbaar verheug dat hulle daarin geslaag het om die nuwe groepering saam te stel.<\/p>\n<p>Volgens dr. Dan Roodt van PRAAG, &#8220;kan Suid-Afrika net bemoedig word deur die verwikkelinge in Denemarke en elders in Europa waar die anti-blanke, anti-Westerse partye wat in die 1980&#8217;s terreur deur die ANC en SAKP in ons land befonds het, nou teruggedryf word deur patriotiese, pro-Westerse partye. Sowel die Partij voor de Vrijheid as die Vlaams Belang is uitgesproke in hul steun vir Afrikanervryheid en dis seker net &#8216;n kwessie van tyd voor die ander partye soos die FN en die Deense Volksparty ook hul steun vir ons uitspreek.&#8221;<\/p>\n<p>PRAAG is tans besig met &#8216;n uitreikaksie na verskeie Europese groepe. PRAAG-uitgewery is insgelyks besig om &#8216;n verskeidenheid boeke uit Europese tale in Afrikaans te vertaal, onder meer uit Frans, Nederlands en Skandinawiese tale. &#8220;Daar is &#8216;n nuwe oplewing in kreatiwiteit en in kritiese denke in Europa en Afrikaners en Afrikaans wil beslis hierin deel,&#8221; s\u00ea dr. Dan Roodt. &#8220;Hoewel ons geografies van mekaar verwyder is en dalk &#8216;n ietwat ander spelling en uitspraak het, is ons steeds verwant aan ons familie oorkant die water wat oplaas die waansin van oorheersing deur die Derde W\u00eareld begin insien.&#8221;<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?page_id=19181\">Sluit aan by PRAAG<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gister se algemene verkiesing in Denemarke het tot &#8216;n oorwinning vir die konserwatiewe opposisie gelei, met die Deense Volksparty van mrn. Kristian Thulesan Dahl wat bo verwagting goed gevaar het en 21,1% van die stemme ontvang het. Daar is selfs &#8216;n moontlikheid dat die Dahl die volgende eerste minister van Denemarke kan word, wat skokgolwe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32511\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Goeie vertoning deur Deense Volksparty bevestig Europese &#8216;swaai na regs&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":32538,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[],"class_list":["post-32511","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32511","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32511"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32511\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32538"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32511"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32511"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32511"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}