{"id":32507,"date":"2015-06-19T15:20:40","date_gmt":"2015-06-19T13:20:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32507"},"modified":"2015-06-19T15:29:04","modified_gmt":"2015-06-19T13:29:04","slug":"karel-combrinck-moenie-hierdie-kat-aanpak-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32507","title":{"rendered":"Karel Combrinck: Moenie hierdie kat aanpak nie"},"content":{"rendered":"<p>Daar is reeds wyd berig in die algemene media asook hier op Praag, oor die Amerikaanse inisiatief om swaar wapentuig in Sentraal- en Oos- Europa, van die Baltiese see tot by die Swartsee te ontplooi.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse propaganda lui dat hierdie opbou van milit\u00eare vermo\u00eb geskied in reaksie op aggressiwiteit en uitbreidingspolitiek aan\u00a0die kant van Rusland.<\/p>\n<p>Die waarheid, soos in baie gevalle, is weer net andersom. Dit was duidelik die Amerikaners wat die eerste provokasie aan die Russe gerig het deur in 2002 samesprekings met die Poolse regering te begin vir die installering, op Poolse grondgebied, van anti-missielstelsels wat dan ten doel sou gehad het om as verdediging teen Iran te dien. Gaan kyk maar gerus op &#8216;n atlas hoe ver\u00a0l\u00ea Pole van Iran af. Natuurlik was hierdie net &#8216;n wolhaarstorie om die knieknakkende Wes-Europe\u00ebrs gerus te stel, maar nie die Russe nie wat dwarsdeur die foefie gesien het.<\/p>\n<p>Die Sogenaamde Russiese aggressie , nl. die \u00ab anneksasie \u00bb van die Krim het eers in 2014 plaasgevind, terwyl die krisis in die Oekra\u00efne in 2013 begin het, dus elf-twaalf jaar na die onderhandelings met Pole. (Dis hoekom dit belangrik is dat kinders op skool van datums moet leer!) Dit is dus duidelik dat die Amerikaners se milit\u00eare opbou in Sentraal- en Oos-Europa nie in reaksie is op Russiese uitbreidingsinisiatiewe nie, maar inteendeel dat die Russe se optredes &#8216;n reaksie was op Amerikaanse provokasie. Wat ook duidelik is, is dat ons nou op die drumpel staan van &#8216;n uiters gevaarlike situasie wat oornag tot &#8216;n vernietigende konflik kan eskaleer.<\/p>\n<p>En dit bring ons by die kragte wat hier betrokke is. Enigiemand by sy volle positiewe sal besef dat Rusland nie &#8216;n kat is om sonder handskoene aan te pak nie. Beide Napoleon Bonaparte en Adolf Hitler het hulle daar te pletter geloop. Rusland is in staat om &#8216;n le\u00ebr van miljoene binne &#8216;n ommesientjie op die been te bring. Daarby het hulle van die mees gesofistikeerde en doeltreffende wapentuig ter w\u00eareld, asook natuurlik grondgebied wat bykans onmoontlik is om in te neem of te beset.<\/p>\n<p>Maar selfs voor enige openlike vyandigheid sou uitbreek, beskik die Russe or &#8216;n wye spektrum van politieke skuiwe en strategie\u00eb. Ons weet almal dat hulle die w\u00eareld se beste skaakspelers is, maar dan is dit ook so dat hulle &#8216;n w\u00eareldwye skaakbord het om op te speel, want Rusland is kortom &#8216;n w\u00eareldmoondheid. Rusland speel bv &#8216;n sleutelrol in die onderhandelings rondom Iran se kernprogram. Daarbenewens is hulle ook verreweg die grootste verskaffer van energie- en ander grondstowwe aan Wes-Europa, ondermeer aardgas waarsonder Wes-Europa net nie kan oorleef nie. Die vraag is waarom die Amerikaners so &#8216;n kat wil aanpak.<\/p>\n<p>Die probleem wat die Weste het met mnr Poetin is dat hy nou maar net nie in die patroontjie wil pas wat hulle vir hom wil voorskryf nie. (Daarvan het ons ook ondervinding). In &#8216;n artikel, in die Jerusalem Post van 28 April 2014 getiteld, \u00ab Why Putin&#8217;s Russia will turn anti-semitic \u00bb, word die volgende stelling gemaak : \u00ab If Putin&#8217;s Russia continues on the same nationalistic, xenophobic, insular and imperial course \u2013 in other words moving away from the 21st century and back to the 19th \u2013 it will inevitably end up accusing Jews of disloyalty and perfidy . \u00bb Hoef &#8216;n mens eintlik veel meer te s\u00ea ? Let mooi op die redenasie : \u00c1s Rusland op sy huidige weg voortgaan, dan s\u00e1l hy anti-semities word!<\/p>\n<p>Dit is duidelik dat die Amerikaners na &#8216;n casus belli met Rusland soek, casus belli synde die Latynse term vir &#8220;voorwendsel vir oorlog&#8221;. In die aanloop tot so&#8217;n oorlog kan ons allerlei propagandistiese verdraaiings en verwringings van die Amerikaners en hulle Europese skoothondjies te wagte wees. Daarvan het ons ook ondervinding. Die propaganda is natuurlik bedoel om sover moontlik die hele w\u00eareld op te sweep en in te sleep by hulle geskil met Rusland wat, indien dit op oorlog uitloop, &#8216;n stryd om lewe of dood sal wees. Dit is terloops te betwyfel of die dekadente en ruggraatlose Europe\u00ebrs hoegenaamd aan so &#8216;n oefening sal wil deelneem. Miskien &#8216;n bietjie \u00ab logistieke steun \u00bb hier en daar, maar weinig meer. Hoe kan Europa in elk geval bekostig om in so &#8216;n avontuur betrokke te raak met die rampspoedige ekonomiese situase waarin hulle verkeer (Griekeland bv. op die vooraand van bankrotskap), terwyl die miserabeles uit Noord-Afrika Europa by hulle honderdduisende binnestroom.<\/p>\n<p>In die twee w\u00eareldoorlo\u00eb teen Duitsland is Suid-Afrika ook bygesleep, deur propaganda en onderdanige leiers. As beloning daarvoor is ons op die vullishoop van die w\u00eareld gegooi. Hopelik sal enige toekomstige konflik sonder enige bydrae van gedienstige Afrikaners geskied, in elk geval nie aan die kant van Amerika nie .<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is reeds wyd berig in die algemene media asook hier op Praag, oor die Amerikaanse inisiatief om swaar wapentuig in Sentraal- en Oos- Europa, van die Baltiese see tot by die Swartsee te ontplooi. Die Amerikaanse propaganda lui dat hierdie opbou van milit\u00eare vermo\u00eb geskied in reaksie op aggressiwiteit en uitbreidingspolitiek aan\u00a0die kant van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32507\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Karel Combrinck: Moenie hierdie kat aanpak nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":32508,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[],"class_list":["post-32507","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32507","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32507"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32507\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32508"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32507"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32507"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32507"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}