{"id":32448,"date":"2015-06-17T09:35:42","date_gmt":"2015-06-17T07:35:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32448"},"modified":"2015-06-17T09:35:42","modified_gmt":"2015-06-17T07:35:42","slug":"leefstylwaentjies-bmw-218i-active-tourer-teen-fiat-500l-1-4-t-jet-trekking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32448","title":{"rendered":"Leefstylwaentjies: BMW 218i Active Tourer teen Fiat 500L 1.4 T-Jet Trekking"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Met meer as \u2018n duisend verskillende modelle om van te kies in die Suid-Afrikaanse motormark, kan dit nogal baie moeilik raak om die regte voertuig vir jou doeleindes aan te skaf.<\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Meeste mense kies \u2018n motor om een van drie redes:<\/span><\/span><\/p>\n<ol>\n<li>Prys<\/li>\n<li><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Leefstyl<\/span><\/span><\/li>\n<li><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">DKW (Dans, Kerk en Werk) eintlik is dit om jou nuwe wiele by die dans, die kerk en die werk aan die mense om jou te vertoon.<\/span><\/span><\/li>\n<\/ol>\n<figure id=\"attachment_32459\" aria-describedby=\"caption-attachment-32459\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32459\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-300x206.jpg\" alt=\"BMW 218i Active Tourer\" width=\"300\" height=\"206\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-300x206.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-148x101.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-38x26.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-314x215.jpg 314w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer.jpg 508w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32459\" class=\"wp-caption-text\">BMW 218i Active Tourer<\/figcaption><\/figure>\n<p><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Ons het twee motors wat op die oog af baie verskillend lyk &#8211; en maar tog so naby aan mekaar is &#8211; gaan vergelyk. BMW se <\/span><\/span><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">218i Active Tourer Outomaties en Fiat se 500L 1.4 T-Jet Trekking. Beide die motors is reusesuksesse in Europa met die Active Tourer wat BMW se eerste voorwielaangedrewe motor is en ook hul eerste tree in die nutsvoertuigmark. Die 500L is so suksesvol dat die troue tussen Fiat en Chrysler hierdie selfde enjin en onderstel inspan in die nuwe Jeep Renegade.<\/span><\/span><\/span><\/p>\n<p><b><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Voorkoms<\/span><\/span><\/span><\/b><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Beide die BMW en die Fiat lyk soos broodwaentjies, maar hoe langer jy na hulle kyk, hoe meer kom daar ontwerpslyne na vore. Daar is groot ruite met klein kwartruitjies voor en agter in die BMW, die kort neus en kort stert is ook pure BMW en reg van voor is die niertjiesrooster en groot hoofligte onmiskenbaar BMW. Hierdie is in alle opsigte \u2018n BMW: die motor het \u2018n kantnaat wat deur die hele sykant van die bakwerk loop, \u2018n ho\u00eb daklyn en lae swaartekragmiddelpunt.\u00a0Groot wiele en aggressiewe voue tussen die hooflig en die kolligte vertel dat die BMW-waentjie sportiewe oogmerke het. <\/span><\/span><\/span><\/p>\n<figure id=\"attachment_32465\" aria-describedby=\"caption-attachment-32465\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-van-agter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32465\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-van-agter-300x188.jpg\" alt=\"2014 Fiat 500L Trekking van agter\" width=\"300\" height=\"188\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-van-agter-300x188.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-van-agter-148x93.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-van-agter-31x19.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-van-agter-38x24.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-van-agter-344x215.jpg 344w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-van-agter.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32465\" class=\"wp-caption-text\">2014 Fiat 500L Trekking van agter<\/figcaption><\/figure>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Die Fiat aan die ander kant lyk asof hy iewers in Kaliforni\u00eb se kus met branderplanke op die dak moet rondry. Van voor is daar vier ronde ligte: twee groteres en twee kleineres wat onder mekaar geplaas is. Daar is ook aparte misligte voor. As jy die Fiat in jou truspie\u00ebl sien, sou jy maklik hom kon verwar\u00a0met \u2018n Mini Countryman. En snaaks genoeg is die Mini mos familie van die BMW. Die Fiat 500L is \u2018n groot motor; mens dink altyd Fiat is \u2018n kleinmotorspesialis, maar anders as wat die \u201c500\u201d naam wil voorgee, is hierdie Fiat allesbehalwe klein. Die ho\u00eb daklyn en swart stroke op die kante en om die wielbo\u00eb verklap die Fiat 500L Trekking se hunkering na die veld, maar moenie jou misgis met die Trekking-deel in die naam nie: die Fiat is \u2018n stadsmotor en glad nie gebou vir grondpaaie nie.<\/span><\/span><\/span><\/p>\n<p><b><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Binneruim<\/span><\/span><\/span><\/b><\/p>\n<figure id=\"attachment_32467\" aria-describedby=\"caption-attachment-32467\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-bagasieruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32467\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-bagasieruim-300x213.jpg\" alt=\"Die Fiat se bagasieruim\" width=\"300\" height=\"213\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-bagasieruim-300x213.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-bagasieruim-148x105.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-bagasieruim-31x22.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-bagasieruim-38x27.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-bagasieruim-303x215.jpg 303w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-bagasieruim.jpg 620w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32467\" class=\"wp-caption-text\">Die Fiat se bagasieruim<\/figcaption><\/figure>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Beide die BMW en die Fiat het hope spasie, genoeg vir vyf mense met \u2018n klomp bagasie. Die deure maak wyd oop en die sitplekke is groot en gerieflik. Daar is twee groot, bre\u00eb sitplekke agter met genoeg plek vir \u2018n derde persoon in die middel, beenruimte is verbasend goed vir \u2018n 2-reeks. Die bagasieruim is ook baie groot met sowat 468 liter se spasie met sitplekke in die normale posisie\u00a0en as dit plat gevou word dan vergroot die bagasiekapasiteit na \u2018n enorme 1510 liter. Die agterste sitplekke kan ook voorentoe en agtertoe skuif. Die bougehalte is tipies BMW: baie goed met leerafwerking op al die regte plekke. Daar is \u2018n driespeekstuurwiel met afstandbeheerde knoppies vir die radio, asook die spoedbeheer en telefoon. Swart houtinsetsels op die paneelbord rond die motor mooi af, maar een ding wat ons van beide BMW en Mercedes se nuwe binnekante pla, is die raakskerm wat lyk of dit sommer na die tyd aangeplak is. In die Audi&#8217;s vou die skerm netjies weg, maar hier sit hy eintlik onooglik so reg in jou gesigveld en lyk dit werklik soos \u2018n nagedagtenis. <\/span><\/span><\/span><\/p>\n<figure id=\"attachment_32460\" aria-describedby=\"caption-attachment-32460\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32460\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim-300x199.jpg\" alt=\"Die BMW se bagasieruim\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim-148x98.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim-324x215.jpg 324w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim-120x80.jpg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/BMW-218i-Active-Tourer-bagasieruim.jpg 670w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32460\" class=\"wp-caption-text\">Die BMW se bagasieruim<\/figcaption><\/figure>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Die Fiat aan die ander kant voel binne of hy werklik deur \u2018n mode-ontwerper iewers in Milaan ontwerp is. Die binneruim is vars en modern met baie stylvolle lyne en die materiaal is ook uit die boonste rakke. Die raakskerm in die Fiat is ook in die middelkonsoleingebou en lyk sommer baie beter as di\u00e9 in die BMW. Seker die mooiste deel van die Fiat se binneruim is die stuurwiel. Die vierkantige middelste deel van die stuurwiel asook die drie speke wat afstandbeheerde knoppies vir die telefoon en radio huisves, lyk soos \u2018n juweel. Die stuurwiel is klein en lekker dik en is ook met leer oorgetrek, so dit is baie gemaklik en voel goed in die hand. Daar is leerinsetsels in die deure en \u2018n retroagtige hardeplastiekinsetsel regoor die konsole met \u2018n dubbele smukkassie wat onder mekaar sit. Die outomatiese temperatuurverstelling word deur die groot draaiknoppe in die middel\u00a0van die konsole beheer. Daar is \u2018n ekstra stokkie aan die onderkant van die stuurwiel wat die togbeheer huisves. Een klagte van ons kant af is die kleinerige voetpedale: hierdie boerevoete het \u2018n paar keer sommer die petrol en die rempedaal gelyk raakgetrap. Dit is baie naby mekaar geplaas.<\/span><\/span><\/span><\/p>\n<p><b><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Enjins<\/span><\/span><\/span><\/b><\/p>\n<figure id=\"attachment_32464\" aria-describedby=\"caption-attachment-32464\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500-L-Trekking-paneelbord.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32464\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500-L-Trekking-paneelbord-300x176.jpg\" alt=\"Fiat 500 L Trekking-paneelbord\" width=\"300\" height=\"176\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500-L-Trekking-paneelbord-300x176.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500-L-Trekking-paneelbord-148x87.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500-L-Trekking-paneelbord-31x18.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500-L-Trekking-paneelbord-38x22.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500-L-Trekking-paneelbord-367x215.jpg 367w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500-L-Trekking-paneelbord.jpg 623w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32464\" class=\"wp-caption-text\">Fiat 500 L Trekking-paneelbord<\/figcaption><\/figure>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Ons toetsmotor is die 218i wat toegerus is met BMW se 1.5-liter-, 3-silinderturboeenheid. Ja, dit is presies dieselfde enjin wat in die nuwe Mini ingespan word en BMW gebruik hom in die i8-supermotor ook. Die enjin lewer 100KW en 220Nm se wringkrag. Die uitlaatgasse se CO2-syfer is 122g\/km. Brandstofverbruik is aanvaarbaar teen 7,5 l\/100km, BMW gee \u2018n syfer van 5,2 l\/100km aan, maar ons kon nie naby kom met die toetsmotor nie. Die waentjie wys sy sportiewe kant met \u2018n versnelling van 0-100km\/u in 9,2 sekondes en sy asem raak op teen 205 km\/u. Die enjin is \u2018n juweel en loop superglad en stil. Ek dink die feit dat die motor 1395kg weeg sonder enige insittendes het die klein enjintjie se brandstofsyfer effens aangetas. <\/span><\/span><\/span><\/p>\n<figure id=\"attachment_32468\" aria-describedby=\"caption-attachment-32468\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32468\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord-300x200.jpg\" alt=\"Paneelbord van die BMW\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord-148x99.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord-322x215.jpg 322w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord-120x80.jpg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Paneelbord.jpg 760w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32468\" class=\"wp-caption-text\">Paneelbord van die BMW<\/figcaption><\/figure>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Die Fiat 500L Trekking spog nou weer met dieselfde 1,4 T-Jet-enjin wat 88 KW en 215Nm se wringkrag lewer. In die Renegade is die turbo net meer effens oopgedraai om 103 KW te lewer. Die Fiat se brandstofverbruik word aangegee as 7,0l\/100km; ons kon egter slegs 7,8l\/100km haal. CO2-syfers van 163g\/km wys jou duidelik die verskil tussen \u2018n 3- en \u2018n 4-silinderenjin. Die 500L se 0-100km\/u tyd is 11 sekondes en \u2018n skaflike 183km\/u word aangegee as sy maksimumsnelheid. Ek moet s\u00ea die 1.4 T-Jet-enjin loop soos \u2018n droom en selfs met 5 mense aan boord trek die Fiat baie sterk en kan \u2018n mens nie eintlik glo dit is net \u2018n 1,4-liter-enjin nie. Die enjin loop seepglad en voel afgesien van die syfers baie sterker as wat die 218i voel.<\/span><\/span><\/span><\/p>\n<p><b><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Gevolgtrekking<\/span><\/span><\/span><\/b><\/p>\n<figure id=\"attachment_32463\" aria-describedby=\"caption-attachment-32463\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-32463\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte-300x199.jpg\" alt=\"Fiat 500L Trekking-beenruimte\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte-148x98.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte-324x215.jpg 324w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte-120x80.jpg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Fiat-500L-Trekking-beenruimte.jpg 625w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32463\" class=\"wp-caption-text\">Fiat 500L Trekking-beenruimte<\/figcaption><\/figure>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\">Ons gee toe dat die meeste mense waarvoor die eerste twee redes hier bo genoem belangrik is, die Fiat 500L Trekking sal koop, maar as jy meer \u2018n motor koop oor die derde rede, sal jy beslis na die die BMW 218i Active Tourer kyk. Teen R319\u00a0400 vir die Fiat is daar byna geen vergelyking nie. Die BMW 218i Active Tourer Outomaties se normale prys is R396\u00a0205, maar ons toetsmotor was toegerus met R160\u00a0000 se opsionele ekstra toerusting wat die o\u00eb laat traan teen \u2018n prys van R556\u00a0205. Dit is werklik baie en vir die meeste mense buite bereik. Die Fiat se prys sluit \u2018n 3-jaar- 100 000km-waarborg en \u2018n 3-jaar- 100\u00a0000km-onderhoudsplan in. BMW sluit \u2018n 2-jaarwaarborg met onbeperkte kilometers\u00a0en \u2018n 5-jaar- 100\u00a0000km-onderhoudsplan in. <\/span><\/span><\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<figure id=\"attachment_32458\" aria-describedby=\"caption-attachment-32458\" style=\"width: 500px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-32458\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW.jpg\" alt=\"Agterste ruimte in BMW\" width=\"500\" height=\"334\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW-300x201.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW-148x99.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW-321x215.jpg 321w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/06\/Agterste-ruimte-in-BMW-120x80.jpg 120w\" sizes=\"auto, (max-width: 500px) 100vw, 500px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-32458\" class=\"wp-caption-text\">Agterste ruimte in BMW<\/figcaption><\/figure>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><b>BMW 218i Active Tourer Outomaties<\/b><\/span><\/p>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Prys<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">2 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Voorkoms buite <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Binneruimgehalte en afwerking<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Ruimte\u00a0en praktiese toepassing<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5 <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Enjin en ratkas<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Op die pad<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Veiligheid<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Totaal <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">33 uit 40<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"font-size: medium;\"><b>Fiat 500L 1.4 T-Jet Trekking<\/b><\/span><\/p>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Prys<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Voorkoms buite <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Binneruimgehalte en afwerking<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Ruimte\u00a0en praktiese toepassing<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5 <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Enjin en ratkas<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Op die pad<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Veiligheid<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Totaal <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria, serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">36 uit 40<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met meer as \u2018n duisend verskillende modelle om van te kies in die Suid-Afrikaanse motormark, kan dit nogal baie moeilik raak om die regte voertuig vir jou doeleindes aan te skaf. Meeste mense kies \u2018n motor om een van drie redes: Prys Leefstyl DKW (Dans, Kerk en Werk) eintlik is dit om jou nuwe wiele [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":32462,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[20657,20659,6457,20658],"class_list":["post-32448","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-218i-active-tourer-outomaties","tag-500l-1-4-t-jet-trekking","tag-bmw","tag-fiat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32448","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32448"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32448\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32462"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32448"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32448"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32448"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}