{"id":32440,"date":"2015-06-17T07:58:06","date_gmt":"2015-06-17T05:58:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32440"},"modified":"2015-06-17T07:59:34","modified_gmt":"2015-06-17T05:59:34","slug":"weermag-ontken-berigte-van-gyselaarskap-vir-al-bashir","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32440","title":{"rendered":"Weermag ontken berigte van gyselaarskap vir al-Bashir"},"content":{"rendered":"<p>Die weermag het Dinsdag berigte verwerp dat Soedan Suid-Afrikaanse soldate as gyselaars aangehou het om die inhegtenisneming van President Omar al-Bashir te verhoed.<\/p>\n<p>Daar is tans Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag troepe in Darfoer ontplooi.<\/p>\n<p>&#8220;Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het met uiterste ontsteltenis van die verslae in verskeie mediabronne kennis geneem wat beweer dat SANW-troepe gyselaar gehou word in Soedan. Daar is geen iota van waarheid in hierdie bewerings nie,&#8221; het &#8216;n woordvoerder van die SANW Siphiwe Dlamini, ges\u00ea.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nHy het gereageer op &#8216;n aanlynmediaverslag dat Soedanese troepe 1400 Suid-Afrikaanse soldate van die Verenigde Nasies se missie (UNAMID) gyselaar hou terwyl &#8216;n diplomatieke krisis broei.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nDaar is ges\u00ea dat die Soedanese troepe hul Suid-Afrikaanse eweknie\u00eb in die weste van Soedan omring het en net sou onttrek indien Al-Bashir Maandag in Khartoum land.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nMaar volgens Dlamini is die situasie in die gebied waar die Suid-Afrikaanse troepe gestasioneer is, kalm.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nDie Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum, &#8216;n Britse nie-regeringsorganisasie ten spyte van die naam, wou danksy &#8216;n suksesvolle hofaansoek die regering dwing om Al-Bashir in hegtenis te neem. Maar &#8216;n regsverteenwoordiger vir die regering het bevestig dat Bashir uit die land is.<\/p>\n<p>Die Internasionale Strafhof (IS) het vroe\u00ebr &#8216;n lasbrief vir Al-Bashir se inhegtenisname uitgereik weens &#8220;menseregteskendings&#8221;. <\/p>\n<p>Opposisiepartye s\u00ea die Suid-Afrikaanse regering het tot \u2018n skandalige nuwe laagtepunt gedaal deur toe te laat dat die president van Soedan die land verlaat en in die proses \u2018n hofbevel verontagsaam het.<\/p>\n<p>DA-woordvoerder Stevens Mokgalapa s\u00ea die regering het aan die w\u00eareld gewys dat hy nie glo in geregtigheid vir ernstige internasionale misdade nie.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea deur toe te laat dat al-Bashir die land verlaat, het die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, en die regering hulle skuldig gemaak aan minagting van die hof.<\/p>\n<p>Suid-Afrika het &#8220;minstens drie keer internasionale wetgewing oortree&#8221; met sy hantering van president Omar al-Bashir van Soedan.<\/p>\n<p>Dit is volgens professor Bonita Meyersfeld van die Sentrum vir Toegepaste Regstudies aan die Universiteit van die Witwatersrand.<\/p>\n<p>Sy het haar nie uitgelaat oor internasionale oortredings deur Brittanje en die VSA in Irak en Siri\u00eb nie.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea die oortredings was om hom in Suid-Afrika toe te laat en hom nie in hegtenis te neem nie, dat hy verwelkom is by die beraad van die Afrika-unie in Sandton, en dat hy toegelaat is om die land te verlaat ondanks \u2019n hofbevel om dit te keer.<\/p>\n<p>Meyersfeld het aan Beeld ges\u00ea sy twyfel of iemand vervolg kan word omdat al-Bashir toegelaat is om die land te verlaat, maar Suid-Afrika se aansien het erge skade opgedoen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die weermag het Dinsdag berigte verwerp dat Soedan Suid-Afrikaanse soldate as gyselaars aangehou het om die inhegtenisneming van President Omar al-Bashir te verhoed. Daar is tans Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag troepe in Darfoer ontplooi. &#8220;Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het met uiterste ontsteltenis van die verslae in verskeie mediabronne kennis geneem wat beweer dat SANW-troepe gyselaar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32440\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Weermag ontken berigte van gyselaarskap vir al-Bashir&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20650,20652,9955,17666,9468,2260,20651],"class_list":["post-32440","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-al-bashir","tag-britse-nie-regeringsorganisasie","tag-internasionale-strafhof","tag-is","tag-menseregte","tag-soedan","tag-suider-afrikaanse-litigasiesentrum"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32440","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32440"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32440\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32440"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32440"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32440"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}