{"id":32425,"date":"2015-06-15T11:28:39","date_gmt":"2015-06-15T09:28:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32425"},"modified":"2015-06-15T11:29:49","modified_gmt":"2015-06-15T09:29:49","slug":"mugabe-loods-aanval-teen-sa-nigerie-by-au-spitsberaad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32425","title":{"rendered":"Mugabe loods aanval teen SA, Nigeri\u00eb by AU-spitsberaad"},"content":{"rendered":"<p>President Robert Mugabe het hom gister op die AU-beraad in Sandton skerp uitgelaat oor Afrikaleiers wat tot net twee ampstermyne beperk word.<\/p>\n<p>President Zuma het voorheen aangedui dat hy slegs twee termyne sal dien.<\/p>\n<p>Mugabe het ook bedekte &#8216;n aanval op Suid-Afrika en Nigeri\u00eb geloods. Albei lande het die VN-resolusie 1973 in 2011 gesteun, wat milit\u00eare optrede teen die regime van Libiese leier Moeammar Gaddafi gemagtig het.<\/p>\n<p>Die Zimbabwiese leier, wat in sy sewende termyn is, het ges\u00ea dit is demokraties om voort te gaan indien die mense van \u2018n land wil h\u00ea hul leier moet langer dien.<\/p>\n<p>Mugabe het egter gemaan dat onstabiliteit nie veroorsaak moet word deur aan te dring om langer as twee termyne aan te bly nie.<\/p>\n<p>Mugabe het ingegryp in &#8216;n vergadering van die sogenaamde &#8220;Komitee van 10&#8221; by die AU-spitsberaad Saterdag waar moontlike wysigings bespreek is oor die &#8220;Ezulwini-konsensus&#8221; wat Suid-Afrika se posisie tov die hervorming van die Veiligheidsraad van die VN rig.<\/p>\n<p>Die 2005 Ezulwini-konsensus was dat Afrika ten minste twee permanente en vyf nie-permanente setels op die raad moet vra as deel van die uitgerekte, wyer hervorming om dit meer verteenwoordigend van die w\u00eareld te maak.<\/p>\n<p>Die konsensus eis voorts dat twee permanente setels bygevoeg moet word met dieselfde vetoreg as vir die vyf huidige permanente lede, die VSA, die Verenigde Koninkryk, China, Rusland en Frankryk.<\/p>\n<p>Die eis is as onrealisties beskou deur ander lidlande.<\/p>\n<p>Die sogenaamde G4-groep wat Duitsland, Japan, Indi\u00eb en Brasili\u00eb insluit, wil ook permanente setels op die Veiligheidsraad bekom.<\/p>\n<p>Mugabe se aanval word beskou as &#8216;n einde van die poging om die Ezulwini-konsensus te hersien om Nigeri\u00eb en Suid-Afrika se profiel in die Veiligheidsraad te verhoog.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Robert Mugabe het hom gister op die AU-beraad in Sandton skerp uitgelaat oor Afrikaleiers wat tot net twee ampstermyne beperk word. President Zuma het voorheen aangedui dat hy slegs twee termyne sal dien. Mugabe het ook bedekte &#8216;n aanval op Suid-Afrika en Nigeri\u00eb geloods. Albei lande het die VN-resolusie 1973 in 2011 gesteun, wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32425\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mugabe loods aanval teen SA, Nigeri\u00eb by AU-spitsberaad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19051,20644,9397,5049,6034,11396,5505,2251],"class_list":["post-32425","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-internasionale-betrekkinge","tag-invloed","tag-nigerie","tag-olie","tag-robert-mugabe","tag-veiligheidsraad","tag-vn","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32425","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32425"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32425\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32425"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32425"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32425"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}