{"id":32393,"date":"2015-06-12T09:00:47","date_gmt":"2015-06-12T07:00:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32393"},"modified":"2015-06-12T09:00:47","modified_gmt":"2015-06-12T07:00:47","slug":"groot-polisieteenwoordigheid-na-skietery-by-medupi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32393","title":{"rendered":"Groot polisieteenwoordigheid na skietery by Medupi"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie moes in groot getalle by die Marapong-lokasie in Ellisras (Lephalale) in Limpopo ontplooi word na &#8216;n skietvoorval.<\/p>\n<p>Lede van die polisie se taktiese-reaksie-eenheid en ander polisiebeamptes patrolleer tans die gebied. <\/p>\n<p>Twee konstruksiewerkers van Eskom se Medupi-kragstasie is gewond in die skietery. <\/p>\n<p>Van die werkers by die kragaanlegkonstruksie het Donderdag weggebly uit vrees vir hul veiligheid, nadat &#8216;n onbekende skieter losgebrand het op &#8216;n groep werkers wat gewag het vir vervoer na die bouperseel. <\/p>\n<p>Twee weke gelede is daar op twee busse geskiet, en een van die bestuurders is in die skietery gewond. <\/p>\n<p>Honderde busse het egter Vrydag werkers weer aangery sonder enige ontwrigting.  <\/p>\n<p>&#8216;n Span ondersoekbeamptes is intussen ingeroep om die skietvoorvalle te ondersoek.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsigte is afwaarts aangepas weens vertragings in die vordering van die konstruksie van nuwe kragaanlegte.<\/p>\n<p>Na verwagting sal die ekonomie met twee persent groei. Sonder die kragonderbrekings sou die koers tussen 2,5 en 3 persent gewees het. <\/p>\n<p>Die graderingsmaatskappy, Fitch, het vroe\u00ebr die maand sy kredietgradering van trippel-B bevestig en ges\u00ea &#8216;n onbestendige kragtoevoer het daartoe gelei dat hy sy ekonomiese groeivooruitsigte vir vanjaar en aanstaande jaar afgeskaal het.<\/p>\n<p>Die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, s\u00ea die regering is op koers om teen 2017 sy tekort tot 2,5 persent van die Bruto Binnelandse Produk te verlaag vanaf 3,9 persent in die huidige geldjaar. <\/p>\n<p>Eskom het &#8216;n uur gelede weer begin om Fase Een beurtkrag toe te pas. <\/p>\n<p>Kragonderbrekings sal tot vanaand tienuur toe toegepas word. Die kragverskaffer s\u00ea dit is weens &#8216;n ho\u00ebr vraag en gebrekkige opwekkingskapasiteit.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die polisie moes in groot getalle by die Marapong-lokasie in Ellisras (Lephalale) in Limpopo ontplooi word na &#8216;n skietvoorval. Lede van die polisie se taktiese-reaksie-eenheid en ander polisiebeamptes patrolleer tans die gebied. Twee konstruksiewerkers van Eskom se Medupi-kragstasie is gewond in die skietery. Van die werkers by die kragaanlegkonstruksie het Donderdag weggebly uit vrees vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32393\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Groot polisieteenwoordigheid na skietery by Medupi&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5222,9820,16150,4827,13958,10808,12152,10378],"class_list":["post-32393","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-beurtkrag","tag-ekonomiese-groei","tag-ellisras","tag-eskom","tag-fitch","tag-medupi","tag-skietery","tag-stakings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32393","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32393"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32393\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32393"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32393"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32393"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}