{"id":32241,"date":"2015-06-05T07:27:11","date_gmt":"2015-06-05T05:27:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32241"},"modified":"2015-06-05T07:27:11","modified_gmt":"2015-06-05T05:27:11","slug":"internet-in-afrika-tot-40-keer-duurder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32241","title":{"rendered":"Internet in Afrika tot 40 keer duurder!"},"content":{"rendered":"<p>In Suid-Afrika is 49% van die bevolking aanlyn, maar Afrika moet tussen 30 en 40 keer m\u00e9\u00e9r vir internettoegang betaal as mense in ontwikkelde lande. <\/p>\n<p>Volgens die Internet Society se verslag oor internet en internetbeheer in Afrika het sowat 20% van die vasteland se bevolking teen Desember 2014 toegang gehad tot die internet.<\/p>\n<p>Die verslag s\u00ea dat die uitbreiding van infrastruktuur, soos internet-\u201csentrales\u201d (\u201cinternet exchange points\u201d of IXP\u2019s), di\u00e9 koste mettertyd sal verlaag.&#8217;<\/p>\n<p>Die meerderheid Afrikalande het internet-penetrasie van minder as 10%, terwyl 20% as die drempelvlak gesien word voordat \u2019n land ekonomiese voordele uit bre\u00ebband begin trek.<\/p>\n<p>Nog net drie lande \u2013 Tanzani\u00eb, Rwanda en Mauritius \u2013 het teen Desember 2014 van analoog- na digitale TV- en radio-uitsendings oorgeskakel. Nog 19 lande het met die proses begin (onder meer Suid-Afrika, waar die proses nou al jare lank sloer, tot frustrasie van internetdiensverskaffers). Die verslag betreur di\u00e9 trae oorskakeling omdat digitale uitsending meer ongebruikte spektrum vir internet beskikbaar sal stel.<\/p>\n<p>N\u00f3g \u2019n oorgang wat Afrika \u201cnie vinnig genoeg instel nie\u201d, is die oorskakeling na die nuutste internet-adresprotokol, IPv6. Die verslag s\u00ea dis noodsaaklik vir langtermyn-internetuitbreiding, \u201cveral soos wat die Internet van Dinge \u2019n werklikheid word\u201d.<\/p>\n<p>Suid-Afrika en Egipte het 97% van die IPv6-adresse op die vasteland geregistreer.<\/p>\n<p>Die meeste mense wat vir die eerste keer \u201caanlyn\u201d kom, slaan vastelyn-bre\u00ebband sommer heeltemal oor ten gunste van mobiele bre\u00ebband. Mobiele bre\u00ebband verteenwoordig 90% van alle internet-subskripsies.<\/p>\n<p>Daar is lande op die kontinent waar so min as 2% van die bevolking \u201caanlyn\u201d is.<\/p>\n<p>Die internet dra US$18 miljard \u2013 sowat 1,1% \u2013 tot die vasteland se totale bruto binnelandse produk (BBP). Dit is laag vergeleke met die w\u00eareldgemiddelde van 4%.<\/p>\n<p>Die McKinsey-instituut verwys na iBBP, wat bestaan uit die internet se bydrae tot private verbruik, openbare besteding, private investering en \u2019n land se handelsbalans. Senegal se iBBP is die beste (3,3%), maar in die twee grootste ekonomie\u00eb, Nigeri\u00eb en Suid-Afrika, is dit onderskeidelik 0,8% en 1,4%.<\/p>\n<p>\u201cDit wys op die onbenutte geleenthede wat nog in die meeste Afrika-lande gerealiseer moet word om die internet vir ekonomiese voordeel in te span,\u201d s\u00ea die Internet Society.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Suid-Afrika is 49% van die bevolking aanlyn, maar Afrika moet tussen 30 en 40 keer m\u00e9\u00e9r vir internettoegang betaal as mense in ontwikkelde lande. Volgens die Internet Society se verslag oor internet en internetbeheer in Afrika het sowat 20% van die vasteland se bevolking teen Desember 2014 toegang gehad tot die internet. Die verslag &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32241\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Internet in Afrika tot 40 keer duurder!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[18932,12724,20562,4822,6892,15297],"class_list":["post-32241","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-aanlyn","tag-bbp","tag-breeband","tag-ekonomie","tag-internet","tag-rekenaars"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32241","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32241"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32241\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32241"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32241"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32241"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}