{"id":32239,"date":"2015-06-05T07:16:00","date_gmt":"2015-06-05T05:16:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32239"},"modified":"2015-06-05T07:16:00","modified_gmt":"2015-06-05T05:16:00","slug":"gay-vlugteling-laat-vaar-hofgeding-in-namibie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32239","title":{"rendered":"Gay vlugteling laat vaar hofgeding in Namibi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Die Ugandese man wat vlugtelingstatus\u00ad in Namibi\u00eb gesoek het omdat hy homoseksueel\u00ad is en mense van di\u00e9 \u2018minderheidsgroep\u2019 in Uganda vervolg word, het nou in Kanada aansoek om asiel gedoen.<\/p>\n<p>Kris Kelly (21) het verlede jaar daarin geslaag om \u2019n hofbeve\u00adl te kry wat Namibi\u00eb se immigrasie-\u00adowerhede verbied om hom uit Namibi\u00eb te deporteer. Hy het in Desember 2013 homself by die polisiekantoor\u00ad in Walvisbaai as \u2019n vlugteling van Uganda aangemeld.\u00ad<\/p>\n<p>Volgens Namibies\u00ade immigrasie\u00adbeamptes\u00ad\u00ad het Kelly egter eers beweer hy is van Barbado\u00ads in die Karibiese Eilande afkomstig. Kelly, wat geen identiteitsdokumente\u00ad het nie, het glo vir die beamptes\u00ad vertel hy is in Oktober 2013 in Bridgetown\u00ad, Barbado\u00ads, deur vyf onbekende\u00ad mans ontvoer. Di\u00e9 mans het na bewering vir Kelly op \u2019n boot gevange gehou totdat hy naby die Namibiese kuslyn van die boot afgespring\u00ad en ontsnap het.<\/p>\n<p>Kelly beweer egter hy het sy geboorteland\u00ad, Uganda, in November\u00ad 2013 verlaat, omdat hy weens sy seksuele voorkeur in Uganda vervolg word.<\/p>\n<p>In sy be\u00ebdigde verklaring\u00ad beweer Kelly Namibiese\u00ad immigrasiebeamptes\u00ad het, ten spyte van die hofbevel, hom op 29 November\u00ad 2014 oor die Namibiese\u00ad grens na Lusaka in Zambi\u00eb geneem. In Lusaka is hy glo per vliegtuig\u00ad \u00adna Na\u00efrobi en toe Entebbe in Uganda toe gestuur. Hy beweer die Ugandese\u00ad owerhede\u00ad het geweier om hom in die land toe te laat en dat hy teruggestuur is Lusaka toe.<\/p>\n<p>\u2019n Verteenwoordiger van die Verenigde\u00ad Nasies se Ho\u00eb Kommissariaat\u00ad vir Vlugtelinge\u00ad (UNHCR) het na bewering vir Kelly in Lusaka besoek en vir hom ges\u00ea hy is wederregtelik deur Namibies\u00ade owerhede uit die land gedeporteer.<\/p>\n<p>Hy het verlede maand w\u00e9\u00e9r die ho\u00ebrhof genader vir \u2019n bevel dat hy uit aanhouding by die polisieselle\u00ad op Seeis vrygelaat moet word. Kelly het ook die hof gevra om te las dat hy by die Osire-\u00advlugtelingskamp\u00ad geplaas word, terwyl hy probeer om die besluit om nie vir hom vlugtelingstatus\u00ad in Namibi\u00eb te gee nie, uit te daag. Kelly se app\u00e8l in April teen di\u00e9 besluit het misluk.<\/p>\n<p>Kelly se regsverteenwoordiger, Norman Tjombe, het egter gister tydens \u2019n vlugtige verskyning\u00ad in die ho\u00ebrhof vir Republikein ges\u00ea di\u00e9 hofaansoek sal moontlik\u00ad teruggetrek\u00ad word. Volgens hom sal die saak eers teruggetrek word sodra Kelly se aansoek om asiel in Kanada aanvaar word en \u2019n paspoort\u00ad aan hom uitgereik word.<\/p>\n<p>\u201cDie Namibiese regering wil nie \u2019n presedent skep dat vlugtelingstatus\u00ad op die grondslag\u00ad van \u2019n persoon se seksuele\u00ad voorkeer\u00ad gegee sal word nie. Hoewel ons hierdie stryd nie voltooi het nie, het ons die gesprek begin,\u201d het Tjombe ges\u00ea.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ugandese man wat vlugtelingstatus\u00ad in Namibi\u00eb gesoek het omdat hy homoseksueel\u00ad is en mense van di\u00e9 \u2018minderheidsgroep\u2019 in Uganda vervolg word, het nou in Kanada aansoek om asiel gedoen. Kris Kelly (21) het verlede jaar daarin geslaag om \u2019n hofbeve\u00adl te kry wat Namibi\u00eb se immigrasie-\u00adowerhede verbied om hom uit Namibi\u00eb te deporteer. Hy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32239\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gay vlugteling laat vaar hofgeding in Namibi\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20561,8901,6367,6831,6620,6350],"class_list":["post-32239","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-asielaansoek","tag-gay","tag-kanada","tag-namibie","tag-uganda","tag-vlugteling"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32239","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32239"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32239\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32239"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32239"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32239"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}