{"id":32197,"date":"2015-06-03T09:04:48","date_gmt":"2015-06-03T07:04:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32197"},"modified":"2015-06-04T07:38:14","modified_gmt":"2015-06-04T05:38:14","slug":"wolk-hang-oor-sepp-blatter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32197","title":{"rendered":"Wolk hang oor Sepp Blatter"},"content":{"rendered":"<p>Die president van die sokkerbeheerliggaam, FIFA, Sepp Blatter, het Dinsdag sy bedanking aangekondig.<\/p>\n<p>Bewerings van korrupsie in die liggaam is steeds besig om verder uit te kring. Die 79-jarige Blatter het met die aankondiging van sy uittrede gevra dat &#8216;n buitengewone kongres bel\u00ea word om &#8216;n opvolger vir hom te kies. <\/p>\n<p>Die VSA ontken dat hulle meegewerk het om van Blatter ontslae te raak. Die State Department se senior raadgewer vir strategiese kommunikasie, Marie Harf, het laggend ges\u00ea Amerika huldig &#8220;geen posisie&#8221; oor FIFA nie.<\/p>\n<p>Amerikaanse borge Coca-Cola Co, Visa, Adidas AG en Anheuser-Busch het intussen verklaar dat hulle Blatter se bedanking verwelkom.<\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van Visa, Andrew Woodward het ges\u00ea: &#8220;Die probleem is opgelos. Dit was die groot hindernis.&#8221;<\/p>\n<p>Switserse owerhede het ges\u00ea Blatter is nie onder verdenking van korrupsie nie.<\/p>\n<p>Blatter is verlede week herkies as President ondanks die feit dat sewe van FIFA se topamptenare twee dae voor sy verkiesing in hegtenis geneem is. <\/p>\n<p>Die Amerikaanse prokureur-generaal ondersoek bewerings dat senior FIFA-amptenare deur die Suid-Afrikaanse owerheid omgekoop is. <\/p>\n<p>Die Amerikaanse Departement van Justisie se ondersoek na korrupsie by FIFA is glo in sy beginfase.<\/p>\n<p>Die departement wou hom egter nie uitlaat oor die uittrede van die president van FIFA, Sepp Blatter so kort nadat hy herkies is nie. <\/p>\n<p>Bronne na aan die ondersoek het wel aan nuusorganisasies onthul dat Blatter ook in die visier is. <\/p>\n<p>Die Amerikaanse departement het verlede week toe amptenare in hegtenis geneem is, ges\u00ea dat Blatter nie kwytgeskeld is nie. <\/p>\n<p>Die prokureur-generaal, Loretta Lynch het verlede week verwys na &#8220;onbeheerste, sistemiese en diepgewortelde korrupsie&#8221; by die organisasie.<\/p>\n<p>Die minister van sport, Fikile Mbalula sal Woensdag &#8216;n media-inligtingsessie hou om die jongste bewerings van die regering se betrokkenheid by FIFA-omkopery te bespreek. <\/p>\n<p>Mbalula ontken dat enige Suid-Afrikaners omkoopgeld betaal het om te verseker dat Suid-Afrika die bod vir die 2010 w\u00eareldbekertoernooi wen.<\/p>\n<p>Volgens berigte was die regering bewus van &#8216;n oordrag van sowat R120 miljoen aan &#8216;n Karibbiese ontwikkelingsfonds. <\/p>\n<p>Mbalula die bewerings as &#8216;n aanval op Suid-Afrika se soewereiniteit beskryf. <\/p>\n<p>Vroe\u00ebr het president Vladimir Poetin in &#8216;n onderhoud ges\u00ea die ondersoek na beweerde korrupsie is teen Rusland gemik wat gekies is om die W\u00eareldbekertoernooi in 2018 aan te bied. Hy het dit ook as &#8216;n aanval op soewereine lande beskryf.<\/p>\n<p>&#8216;n Brief het egter vandeesweek aan die lig gekom waarin die president van SAFA, Molefi Olifant &#8216;n versoek aan FIFA rig dat tien miljoen dollar aan die Karribiese Diaspora-fonds oorbetaal word. <\/p>\n<p>FIFA het dit duidelik gestel dat die versoek van die Suid-Afrikaanse regering af gekom het, maar het geen name genoem nie.<\/p>\n<p>Verskeie Amerikaanse nuusorganisasies berig intussen dat die president van FIFA, Sepp Blatter wel ondersoek word. Hulle haal wetstoepassers in die land aan wat s\u00ea dat Blatter verdink word van ongerymdhede. <\/p>\n<p>Di\u00e9 onthulling volg ure nadat Blatter sy uittrede aangekondig het, en slegs dae nadat hy vir &#8216;n vyfde termyn herkies is. <\/p>\n<p>Volgens bronne van die New York Times en andere, hoop die Amerikaanse ondersoekers om &#8216;n saak teen Blatter te bou met behulp van diegene wat reeds aangekla is. Veertien mense is al in FIFA se korrupsieskandaal aangekla.<\/p>\n<p>Blatter het deur &#8216;n tolk ges\u00ea hy sal aanbly as president totdat &#8216;n nuwe een gekies word.<\/p>\n<p>FIFA se sekretaris-generaal, Jerome Valcke, het sy reis na Kanada vir die opening van die Vroue-W\u00eareldbekertoernooi gekanselleer te midde van die huidige ondersoek na korrupsie in w\u00eareldsokker.<\/p>\n<p>\u2018n Woordvoerder, Delia Fischer, s\u00ea weens die huidige situasie sal Valcke nie die naweek se openingswedstryd tussen Kanada en China in Edmonton bywoon nie<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die president van die sokkerbeheerliggaam, FIFA, Sepp Blatter, het Dinsdag sy bedanking aangekondig. Bewerings van korrupsie in die liggaam is steeds besig om verder uit te kring. Die 79-jarige Blatter het met die aankondiging van sy uittrede gevra dat &#8216;n buitengewone kongres bel\u00ea word om &#8216;n opvolger vir hom te kies. Die VSA ontken dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32197\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wolk hang oor Sepp Blatter&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":32201,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16828,5336,20542,9791,20543,2300,15289,2078,20503,21133,6818],"class_list":["post-32197","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-bedanking","tag-fifa","tag-fifa-se-sekretaris-generaal","tag-fikile-mbalula","tag-jerome-valcke","tag-korrupsie","tag-minister-van-sport","tag-rusland","tag-sepp-blatter","tag-c115-sokker","tag-switserland"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32197","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32197"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32197\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32201"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32197"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32197"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32197"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}