{"id":32113,"date":"2015-05-29T08:34:03","date_gmt":"2015-05-29T06:34:03","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32113"},"modified":"2015-05-29T09:13:39","modified_gmt":"2015-05-29T07:13:39","slug":"danny-jordaan-stom-oor-fifa-aantygings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32113","title":{"rendered":"Danny Jordaan stom oor FIFA-aantygings"},"content":{"rendered":"<p>Onthullings dat twee Suid-Afrikaners na bewering die sokkerliggaam FIFA met 120 miljoen rand omgekoop het sodat Suid-Afrika die W\u00eareldbeker sokkertoernooi in 2010 kon aanbied, het &#8220;Madiba-koors&#8221; waarskynlik vir goed laat verdamp.<\/p>\n<p>Die kantoor van die Amerikaanse prokureur-generaal s\u00ea die twee Suid-Afrikaners het FIFA amptenare omgekoop om stemme vir die 2010-bod te bekom. <\/p>\n<p>Dit blyk dat die swart sokkeradministrateur, Jack Warner, met die FBI saamgewerk het om die name van korrupte amptenare te oorhandig. Warner het die tronk in Trinidad intussen verlaat omdat hy &#8220;ongesteld&#8221; is.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea dis jammer dat net mense van die Derde W\u00eareld geteiken word.<\/p>\n<p>Dit is nie bekend wie die twee Suid-Afrikaanse amptenare is nie.<\/p>\n<p>Danny Jordaan, die uitvoerende hoof van SAFA, die Suid-Afrikaanse sokkervereniging, wat nou betrokke was by die bod, is stom oor die onthullings. Hy is intussen verkies tot burgemeester van die Nelson Mandela Metro.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaners en die w\u00eareld is vertel dat die land die bod gewen om die W\u00eareldbekertoernooi aan te bied omdat algar so &#8216;n bewondering vir Nelson Mandela koester. Toe nie.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse regering het intussen aantygings ontken van reuse bedrae omkoopgeld wat betaal is om 2010 se W\u00eareldbeker-sokkertoernooi vir Suid-Afrika te verseker.<\/p>\n<p>Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het in Kaapstad aan verslaggewers ges\u00ea Suid-Afrika het n\u00e1 die toernooi \u2018n skoon ouditverslag van Ernst en Young ontvang.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea daar was nooit enige aanduiding dat enigiets verdags in Suid-Afrika plaasgevind het nie.<\/p>\n<p>Radebe was destyds self lid van die plaaslike re\u00eblingskomitee.<\/p>\n<p>Die ekonoom, Mike Schussler, het aan RSG ges\u00ea die opvatting dat die land gesien kan word as een wat bereid is om mense om te koop om dinge gedoen te kry, kan dalk potensi\u00eble beleggers bekommerd maak. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea die W\u00eareldbeker self het positiewe publisiteit geskep. <\/p>\n<p>Die regering s\u00ea hy het 36 miljard rand bestee om die toernooi aan te bied.<\/p>\n<p>Opposisiepartye in Port Elizabeth het ooreengekom om die spesiale metroraadvergadering waarop die Sokkervereniging se president, Danny Jordaan, as nuutverkose burgemeester aangewys word, te boikot.<\/p>\n<p>Jordaan moes kort n\u00e1 die vergadering Switserland toe vlieg vir &#8220;SAFA-sake&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onthullings dat twee Suid-Afrikaners na bewering die sokkerliggaam FIFA met 120 miljoen rand omgekoop het sodat Suid-Afrika die W\u00eareldbeker sokkertoernooi in 2010 kon aanbied, het &#8220;Madiba-koors&#8221; waarskynlik vir goed laat verdamp. Die kantoor van die Amerikaanse prokureur-generaal s\u00ea die twee Suid-Afrikaners het FIFA amptenare omgekoop om stemme vir die 2010-bod te bekom. Dit blyk dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32113\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Danny Jordaan stom oor FIFA-aantygings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[8285,5336,2890,2300,5201,12637,20507],"class_list":["post-32113","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-danny-jordaan","tag-fifa","tag-jeff-radebe","tag-korrupsie","tag-madiba","tag-minister-in-die-presidensie","tag-sokkertoernooi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32113"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32113\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}