{"id":32104,"date":"2015-05-28T10:36:53","date_gmt":"2015-05-28T08:36:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32104"},"modified":"2015-05-28T10:53:48","modified_gmt":"2015-05-28T08:53:48","slug":"vsa-loods-aanval-op-fifa-oor-rusland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32104","title":{"rendered":"VSA loods aanval op FIFA oor Rusland"},"content":{"rendered":"<p>Amerikaanse senatore het &#8216;n oproep gedoen dat FIFA-baas Sepp Blatter moet bedank.<\/p>\n<p>Die VSA probeer om Blatter te ontsetel as die hoof van die sokkerorganisasie weens sy steun vir Rusland om die volgende Sokkerw\u00eareldbekertoernooi aan te bied.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse mislukking om kleurrewolusies in Europa, soos in die Oekra\u00efne en nou Macedoni\u00eb te laat slaag teen Rusland, het vermoedelik tot di\u00e9 stappe teen die Europese FIFA gelei.<\/p>\n<p>Blatter se ondersteuning van Vladimir Poetin het voorheen hewige kritiek in die Verenigde State van Amerika ontlok.<\/p>\n<p>Die VSA self is nommer 22 op die globale korrupsie-indeks tussen Uruguay en Chili, en speel &#8216;n baie marginale rol in internasionale sokker. <\/p>\n<p>Tog het hulle die FIFA-aanval geloods en ten minste 10 top-amptenare op aanklagte van korrupsie in hegtenis laat neem &#8216;n paar dae voor die leierskapsverkiesing.<\/p>\n<p>N\u00e1 die arrestasies van sy sewe amptenare in Swede, het FIFA op &#8216;n perskonferensie laat blyk dat die 2018- en 2022-toernooie steeds gehou sal word in Rusland en Katar.<\/p>\n<p>Die federasie, wat al geruime tyd gebuk gaan onder beskuldigings van korrupsie, het ges\u00ea hulle sal ten volle met die ondersoekers saamwerk.<\/p>\n<p>Blatter het vroe\u00ebr in &#8216;n verklaring onderneem om korrupte amptenare uit die sport te skop. <\/p>\n<p>Tot dusver het net Europese sokkeradministrateurs gevra dat more se presidentsverkiesing uitgestel moet word. Uefa s\u00ea in die lig van die jongste onthullings kan die verkiesing in &#8216;n klug ontaard.<\/p>\n<p>Di\u00e9 samewerking om korrupsie uit te roei, sal die VSA se planne om die W\u00eareldbeker in 2018 in Rusland te kelder, bemoeilik.<\/p>\n<p>Intussen het die Suid-Afrikaanse minister van sport, Fikile Mbalula, ges\u00ea hy sal later reageer op bewerings dat Suid-Afrika se bodproses om die 2010 sokkerw\u00eareldbeker aan te bied, ondersoek word. <\/p>\n<p>Dit volg na bewerings dat een van die mense wat in die jongste korrupsie-ondersoek betrek word, Jack Warner, by omkopery in Suid-Afrika se bod betrokke was. <\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse sokkervereniging, Safa, het vroe\u00ebr ges\u00ea die ondersoek na Suid-Afrika se bodproses is bloot bewerings. &#8216;n Woordvoerder van Safa, Dominic Chimhavi s\u00ea niemand in Suid-Afrika word by die ondersoek betrek nie.<\/p>\n<p>Blatter sal Donderdag sy eerste openbare verskyning maak sedert strafregtelike aanklagte teen veertien voormalige Fifa-amptenare ingedien is. <\/p>\n<p>Die Amerikaanse prokureur-generaal, Loretta Lynch s\u00ea korrupte amptenare van die FIFAS-sokkerbeheerliggaam  het omkoopgeld tydens die proses geneem en s\u00ea 14 senior amptenare en bemarkers is betrokke by sowat twee miljard rand se omkoopgeld.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Amerikaanse senatore het &#8216;n oproep gedoen dat FIFA-baas Sepp Blatter moet bedank. Die VSA probeer om Blatter te ontsetel as die hoof van die sokkerorganisasie weens sy steun vir Rusland om die volgende Sokkerw\u00eareldbekertoernooi aan te bied. Die Amerikaanse mislukking om kleurrewolusies in Europa, soos in die Oekra\u00efne en nou Macedoni\u00eb te laat slaag teen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32104\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VSA loods aanval op FIFA oor Rusland&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4869,5336,17493,15289,13322,20503,21133,21101],"class_list":["post-32104","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-eu","tag-fifa","tag-kleurrewolusies","tag-minister-van-sport","tag-omkoopgeld","tag-sepp-blatter","tag-c115-sokker","tag-s25-sport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32104","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32104"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32104\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32104"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32104"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32104"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}