{"id":32033,"date":"2015-05-25T08:55:33","date_gmt":"2015-05-25T06:55:33","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32033"},"modified":"2015-05-25T08:55:33","modified_gmt":"2015-05-25T06:55:33","slug":"zuma-onder-druk-om-marikana-verslag-te-openbaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32033","title":{"rendered":"Zuma onder druk om Marikana-verslag te openbaar"},"content":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma moet binne 30 dae reageer op \u2019n aansoek dat die Marikana-verslag openbaar gemaak moet word.<\/p>\n<p>Dit nadat drie burgerlike organisasies \u2013 die Marikana Support-veldtog, die Right2Know-veldtog en die Suid-Afrikaanse Historiese Argiewe \u2013 Vrydag ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting \u2019n aansoek by die presidensie ingedien het.<\/p>\n<p>Hulle eis dat Zuma binne 30 dae op hulle aansoek reageer.<\/p>\n<p>Regsverteenwoordigers wat beseerde mynwerkers van die Marikanaskietery in 2012 verteenwoordig, het bevestig dat hulle opdrag gekry het om &#8216;n hofbevel te bekom om Jacob Zuma te dwing om die verslag van die Farlamkommissie vry te stel.<\/p>\n<p>Zuma het verlede week ges\u00ea hy oorweeg steeds die verslag en ges\u00ea daarom sal dit nie binnekort vrygestel kan word nie. <\/p>\n<p>&#8216;n Prokureur, Andries Nkome, s\u00ea die presidensie het nie gehoor gegee aan &#8216;n versoek om die verslag teen die naweek bekend te maak nie. <\/p>\n<p>Volgens hom voel hulle kli\u00ebnte dat sekere indiwidue wat in die verslag bygekom word, deur die president beskerm word. <\/p>\n<p>Hulle beweer ook dat daar gerugte is dat die Nasionale Polisiekommissaris &#8216;n aanbod gekry het om haar amp te ontruim, en dat die provinsiale kommissaris in Noordwes aan die einde van die maand gaan aftree. <\/p>\n<p>Nkome s\u00ea dit skep die indruk dat die presidensie wil seker maak dat diegene wat die sondebokke is, eers na ander poste verskuif word voordat die verslag bekendgemaak word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma moet binne 30 dae reageer op \u2019n aansoek dat die Marikana-verslag openbaar gemaak moet word. Dit nadat drie burgerlike organisasies \u2013 die Marikana Support-veldtog, die Right2Know-veldtog en die Suid-Afrikaanse Historiese Argiewe \u2013 Vrydag ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting \u2019n aansoek by die presidensie ingedien het. Hulle eis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=32033\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma onder druk om Marikana-verslag te openbaar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20450,10519,2851,5169,10819],"class_list":["post-32033","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-farlamkommissie","tag-marikana","tag-polisie","tag-sapd","tag-vakbonde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32033","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32033"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32033\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32033"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32033"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32033"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}