{"id":32012,"date":"2015-05-24T08:07:43","date_gmt":"2015-05-24T06:07:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=32012"},"modified":"2015-05-24T08:07:43","modified_gmt":"2015-05-24T06:07:43","slug":"dan-roodt-vir-soliforum-is-afrikaners-die-vyand-nes-fw-se-np","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=32012","title":{"rendered":"Dan Roodt: Vir Soliforum is Afrikaners die vyand &#8211; nes FW se NP"},"content":{"rendered":"<p>In die politiek en die geskiedenis is dit soms nodig om terug te tree en die groter prentjie raak te sien. Elke dag verloor Afrikaners in di\u00e9 land veld: treetjie vir treetjie retireer ons en verloor universiteite, skole, werksgeleenthede, plaasgrond, taalregte, noem maar op. Ons kinders wat n\u00e1 1994 gebore is, vind dit onwerklik dat ons op \u2018n stadium \u00e9nige seggenskap oor ons belastings of oor politieke besluite gehad het. Dis slegs met terugskouing dat die skouspelagtige ondergang van die Afrikaner duidelik is. Tussen Verwoerd se dae toe ons land agter omringende bufferstate teen sy vyande verskans was, en die huidige tydvak waar ons tot in ons huise aangeval word, l\u00ea \u2018n grootse verhaal van strategiese flaters en agterbakse oorgawe.<\/p>\n<p>Veral moet ons aan onsself erken dat die Afrikaner se ondergang nie te wyte was aan \u2018n gebrek aan middele of omdat sy vyande besonder sterk was nie, maar vanwe\u00eb \u2018n gebrek aan strategiese denke. Trouens, ek is geneig om dit as \u2018n volslae gebrek aan enige denke te beskryf. Mense het eenvoudig soos outomate op \u2018n ou resep voortgegaan terwyl die skrif reeds aan die muur was. Ook het hulle verskrik gestaan voor &#8216;n propagandaveldtog van histeriese leuens wat vanuit die buiteland teen hulle gevoer is.<\/p>\n<p>Die NP-Broederbond wat eens vir die Afrikaner \u2018n betroubare voertuig in sy politieke, ekonomiese en kulturele stryd tydens die twintigste eeu was, het die pad op \u2018n stadium die pad byster geraak en begin om Afrikaners aan sy regterkant as die vyand te sien. Daarom kon FW de Klerk en Roelf Meyer saam met die ANC en SA Kommunisteparty staan om patriotiese Afrikaners die nekslag toe te dien en van invloed by die onderhandelingstafel uit te sluit. Kort n\u00e1 1994 het die herdoopte Afrikanerbond \u2018n nuwe benadering geformuleer: Hoewel die Afrikaner sy strategiese posisie waarvoor hy eeue lank goed en bloed opgeoffer het, kwyt was, \u201cmoes hy hom nou onmisbaar maak vir die nuwe regering\u201d. In die vroe\u00eb fase van die revolusie het die hoop bestaan dat blankes en Afrikaners tog verdra sou word omdat \u201cdie stelsel nie sonder hulle kon funksioneer nie\u201d. Hieroor het die ANC en sy Kommunistiese alter ego, die SAKP, hulle slap gelag en eenvoudig die staatsdiens en alle instellings meedo\u00ebnloos van Afrikaners en Afrikaans gesuiwer. Intussen het die koor van optimistiese, selfversekerde NP-Broederbonders tjoepstil geraak.<\/p>\n<p>Vir die NP-Broederbond in sy terminale fase het die Afrikaner nie meer saak gemaak nie; al wat van belang was, was om soms oor \u2018n whisky met Mbeki by die kaggelvuur van mag jou voete bietjie warm te maak. \u201cGesprekke met die ANC\u201d, hoe sinneloos ook al, was die wyse waarop die De Klerk-geslag hulle steeds oortuig het dat hulle \u201cagter die skerms besluite be\u00efnvloed en onderhandel\u201d. Nog \u2018n slagspreuk uit die negentigerjare was: \u201cOns moet die land maak werk, vir almal.\u201d Ek meen dit word nou nog in die Nasperskoerante geskryf.<\/p>\n<p>\u2018n Mens kan dus hierdie oorgawepolitiek opsom deur op sy vier kernbeginsels te wys:<\/p>\n<ol>\n<li>Beskou afvallige of dissidente Afrikaners as \u201cdie vyand\u201d;<\/li>\n<li>Maak jouself onmisbaar;<\/li>\n<li>Praat of onderhandel met die ANC\/SAKP;<\/li>\n<li>Hou die stelsel, hoe onregverdig ook al, aan die gang.<\/li>\n<li>Voeg hierby nog \u2018n vyfde beginsel: Verwerp die pro-Westerse groepe in die buiteland en onderskryf die \u201cmengkultuur\u201d van sosialistiese, liberale of \u201cfatsoenlike\u201d sentrumregse partye.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Die Nasionale Party is onder Marthinus (Kortbroek) van Schalkwyk tot niet, maar die kern van daardie ou oorgawedenke het oorgebly en word vandag met nuwe ywer deur die Soliforum-beweging omhels. Dit het onlangs vir my helder geword toe Kallie Kriel van Afriforum hom aan die kant van die New Yorkse \u201cDaily Show\u201d, \u2018n oneerlike, links-liberale TV-program geskaar het, deur my luidkeels op RSG en in ander media as \u2018n \u201crassis\u201d uit te kryt. Sedertdien het van Kriel se handlangers soos Ernst Roets en ander my insgelyks honend en minagtend op Twitter aangeval en verguis. Ook mnr. Jaap Kelder van die NBU (Nasionale Belastingbetalersunie) is al meermale deur Soliforum ondergrawe in sy pogings om lydelike verset teen die korrupte ANC-munisipaliteite aan te stig.<\/p>\n<p>In jukstaposisie met hul smaad en hoon vir ander Afrikaners, staan die agting en eerbied wat Soliforum vir die ANC, SAKP en verwante vakbonde soos die kommunis Irvin Jim se Numsa koester. Flip Buys of Kallie Kriel sal veel eerder om \u2018n tafel vergader met \u2018n swarte wat hom as \u2018n Marxis-Leninis beskryf, as met \u2018n patriotiese Afrikaner wat dalk sou waag om soms Die Stem te sing. Dit het ook onlangs geblyk dat Afriforum die hofbevel oor die sing van die liedjie \u201cKill a Boer, kill a farmer\u201d agteraf laat afwater het sodat die ANC dit steeds by sekere geleenthede mag sing.<\/p>\n<p>Wat presies is Soliforum? Flip Buys verwys na die aantal organisasies onder dieselfde sambreel en wat groen-en-oranje embleme deel as die \u201cSolidariteitbeweging\u201d. Trouens, hulle skryf dit twee woorde, met hoofletters: \u201cSolidariteit Beweging\u201d, wat vir my kwalik goeie Afrikaans is. Solidariteit is \u2018n vakbond, die ou Mynwerkersunie wat oorspronklik deur dr. Albert Hertzog gestig is, as ek dit nie mis het nie. Maar wat is Afriforum en die res? Hul kernbesigheid, soos dit vir my lyk, is telebemarking. Tydens die 1980\u2019s was telebemarking in Wes-Europa hoog mode, voordat dit met die koms van die internet begin taan het. Soliforum is in wese \u2018n oudmodiese telebemarker wat vasgestel het dat die blanke en Afrikaanse publiek oor regstellende aksie en taaldiskriminasie begaan is. Daarom voer hulle bemarkingsveldtogte rondom di\u00e9 kwessies ten einde hul debietorderinkomste te vergroot. Hul doelwit is geensins om iets aan die huidige stelsel te verander nie, maar bloot om hul debietorder- en ander inkomstes te vergroot. In \u2018n ander land en onder ander omstandighede sou hulle hulle soos \u201cDokters sonder grense\u201d op mediese dienste vir die Derde W\u00eareld of dalk Al Gore se aardverwarming toegespits het.<\/p>\n<p>Uiteraard gee Soliforum voor dat hulle oor een of ander politieke of kulturele projek beskik. As \u2018n mens egter effens terugtree, kan jy sien dat di\u00e9 organisasie hom steeds by al vyf beginsels van die NP-Broederbond hou. Laat my vir \u2018n oomblik opsom hoe ek dit kan insien.<\/p>\n<ol>\n<li>Afrikaners is die vyand. Benewens hul openbare belastering en verguising van Afrikaners, voer Soliforum \u2018n strategie om elke ander organisasie of groepering wat dalk momentum kan begin kry, te ondermyn en verdag te maak. Hulle poog ook om \u2018n monopolie op alle Afrikanergemeenskapsinisiatiewe te verkry ten einde hul \u201cgemeenskapsbelasting\u201d (Dirk Hermann) te verhoog.<\/li>\n<li>Maak jouself onmisbaar. Soliforum glo dat deur opleiding aan ambagsmense te verskaf, sommige Afrikaners wel \u201conmisbaar\u201d sal wees en dus in weerwil van die regering se rassewette hul poste sal kan behou.<\/li>\n<li>Praat of onderhandel met die ANC\/SAKP. Min of geen van die \u201cleiers\u201d van Soliforum is ooit demokraties verkies nie en sover ek verstaan, het lede geen seggenskap sover dit die beheer oor Afriforum betref nie. Nietemin beskou Soliforum hulle as die selfaangestelde \u201cAfrikanerleiers\u201d, baie soortgelyk aan die destydse Broederbond, wat namens ons met die ANC\/SAKP mag praat. In welke mate sulke gesprekke ook handel oor hoe potensieel \u201copstandige\u201d of \u201cdissidente\u201d Afrikaners en organisasies verder ondergrawe of ondermyn kan word, is \u2018n ope vraag.<\/li>\n<li>Hou die stelsel aan die gang. Vermoedelik dra die FW de Klerk-stigting en via hom dalk die Amerikaanse regering by tot Soliforum se fondse wat bestem is om die huidige grondwet, wat teen blankes en Afrikaners gelaai is, te handhaaf. In alles wat hulle s\u00ea, beklemtoon Flip Buys, Kallie Kriel en Ernst Roets dat die huidige stelsel \u2018n fait accompli is wat nie bevraagteken mag word nie, maar bloot ietwat versag kan word. Vae praatjies oor \u201cselfstandigheid\u201d of selfs \u201cselfbeskikking\u201d is nie bedoel om die vanselfsprekende gesag en legitimiteit van die Nuwe Suid-Afrika aan te tas nie. Dis alles deel van \u201cgoeie bemarking\u201d vir suksesvolle telebemarkers.<\/li>\n<li>Verwerp pro-Westerse groepe in die buiteland. Ernst Roets van Afriforum het in \u2018n onlangse twiet sy organisasie as \u2018n \u201canti-rassistiese projek\u201d beskryf. In vandag se w\u00eareld is \u201canti-rassisties\u201d \u2018n kodewoord vir \u201canti-wit\u201d of \u201canti-Westers\u201d. Daarom veg Afriforum sy aan sy met liberale of linksliberale propagandiste elders ter w\u00eareld, t\u00e9\u00e9n die pro-Westerse of patriotiese organisasies. Die enigste organisasies en partye in die buiteland wat oor enige simpatie vir die Afrikaner beskik, is juis pro-Westers of pro-Europees. Nes die NP-regering in sy terminale fase, onderskryf Soliforum die anti-Westerse mengkultuur en verwerp hy alle teenstanders daarvan. Nie net werk Soliforum sodoende mee aan ons ondergang nie, maar ook aan die ondergang van ons hele beskawing wat deur hordes uit die Derde W\u00eareld verswelg moet word.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Hier bo het ek ges\u00ea dat die NP-Broederbond nie destyds misluk het vanwe\u00eb \u2018n gebrek aan middele nie, maar danksy gebrekkige denke. Ek was al in feitlik al die Westerse hoofstede waar ek ons indrukwekkende, luukse ambassadegeboue in die duurste buurte van naderby aanskou het. Daardie geboue is beman met voltydse personeel wat in ewe weelderige huise en woonstelle gehuisves is, waaronder Ni\u00ebl Barnard se Nasionale Inligting, wat feitlik onuitputlike bronne van geld gehad het. Op die tuisfront het Suid-Afrika oor \u2018n goed opgeleide Weermag en Polisiemag beskik wat nooit wesentlik deur die ANC\/SAKP se terroristebendes bedreig is nie.<\/p>\n<p>Die vraag is nou: Kan Soliforum met sy hardnekkige voortsetting van NP-Broederbond-denke uit die tagtiger- en negentigerjare slaag, daar waar sy roemryke voorganger so ysingwekkend misluk het?<\/p>\n<p>Of miskien is dit die verkeerde vraag, want Soliforum wil niks vir die Afrikaner bereik of vermag nie. Hy slaag reeds as telebemarker, en dit is waar dit eindig.<\/p>\n<p>Maar dan moet die res van ons ten minste die grootmoedigheid h\u00ea om te erken dat Soliforum, die \u201cgroot organisasie\u201d, nes die \u201cgroot party\u201d, Mmusi Maimane se DA, vir die Afrikaner niks beteken nie. Ons het alternatiewe nodig, waarvan PRAAG \u2018n prominente een is.<\/p>\n<p>Wat is ons strategie en hoe verskil dit van die NP-Broederbond-Soliforum se vyf slegte gewoontes? Kortom, verteenwoordig dit presies die teenoorgestelde daarvan:<\/p>\n<ol>\n<li>Geen Afrikaner is ons vyand nie, selfs nie eens di\u00e9 wat ons gereeld in die openbaar aanval nie. Met die uitsondering van sekere verraaiers wat <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=31733\">elders hier deur ons lesers genomineer<\/a> is, wil ons Afrikaners inlig en polities opvoed om saam te staan in di\u00e9 donker tye, noudat ons volk se oorlewing op die spel is. En nie net ons volk nie, die hele Westerse en Europese beskawing word bedreig!<\/li>\n<li>Onttrek uit die stelsel. Ons moenie langer ons arbeid en ons kundigheid vir \u2018n appel en \u2018n ei aan ons vyande verkoop nie. Laat die onvermydelike krisisse kom, sodat ons mense kan besef dat ons met ons r\u00fbens teen die muur baklei. Skep \u2018n alternatiewe Afrikanerekonomie wat gedeeltelik in die buiteland gesetel is. Moenie vyandelike ondernemings met u Afrikanergeld ondersteun nie.<\/li>\n<li>Moenie met die ANC\/SAKP praat nie; dreig hulle eerder en stel ultimata. Knoop hofsake plaaslik en internasionaal teen die huidige bewind oor volksmoord, asook taal- en rassediskriminasie aan en bly op die aanval. Al verloor ons hier en daar, is dit belangriker om aan te hou veg as om soos Soliforum en ander die status quo te aanvaar! Kom ons kweek \u2018n onblusbare veggees en staan op teen die onreg.<\/li>\n<li>Ondergrawe die stelsel waar jy kan. Skend sy name en simbole. Moenie tolgeld en ander vermybare heffings betaal nie. Moenie die wette en re\u00ebls oor regstellende aksie en swart bemagtiging nakom nie. Voer \u2018n stryd teen die onreg en verdrukking wat ons teister.<\/li>\n<li>Bevorder kontak en verhoudinge met pro-Westerse groepe in die buiteland, wat ons saak goedgesind is. Maak van die Afrikaner se vryheidstryd in Suid-Afrika die speerpunt van die pro-Westerse en -Europese herlewing wat plek-plek te bespeur is. Veg vir jou land, jou volk, jou taal, maar ook jou Christelik-Westerse beskawing wat ewe seer bedreig word. Verwerp die mengkultuur wat daarop gemik is om ons ondergang deur assimilasie te bewerkstellig.<\/li>\n<\/ol>\n<p>\u2018n Honderd Afrikaners wat begin saamstaan, is reeds \u2018n faktor. \u2018n Duisend is \u2018n gedugte mag. Tienduisend staan \u2018n kans om die land te herower, nie noodwendig milit\u00ear nie, maar op allerlei vindingryke maniere. Honderdduisend sal onoorwinlik wees en sal nie net Suid-Afrika s\u2019n nie, maar die w\u00eareldgeskiedenis verander.<\/p>\n<p>Daarvoor moet ons egter vir eens en vir altyd van gister se verloorstrategie afsien en begin om logies en kloekmoedig te dink.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die politiek en die geskiedenis is dit soms nodig om terug te tree en die groter prentjie raak te sien. Elke dag verloor Afrikaners in di\u00e9 land veld: treetjie vir treetjie retireer ons en verloor universiteite, skole, werksgeleenthede, plaasgrond, taalregte, noem maar op. Ons kinders wat n\u00e1 1994 gebore is, vind dit onwerklik dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[227,7347,6709,5631,12458,8264,8635,5335,8616,8058,8009,20288],"class_list":["post-32012","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-anc","tag-broederbond","tag-flip-buys","tag-fw-de-klerk","tag-irvin-jim","tag-kallie-kriel","tag-np","tag-numsa","tag-oorgawe","tag-roelf-meyer","tag-sakp","tag-soliforum"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32012","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32012"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32012\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32012"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32012"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32012"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}